Gigant

Die gigante was in die Griekse mitologie die kinders van Gaia, wat bevrug is deur die bloed van haar man, die Titaan Uranos, nadat hulle seun Kronos hom ontman het.

Gigant
’n Gigant.

Uranos het sy en Gaia se kinders, die honderdhandiges en die siklope, in Tartaros laat gevange hou. Kronos het hulle vrygelaat, maar nadat hy sy pa se bewind oorgeneem het, het hy hulle teruggestuur na Tartaros, saam met die gigante. Later is Kronos se bewind deur die Olimpiese gode onder leiding van Zeus oorgeneem. Kronos en die ander Titane is toe na Tartaros gestuur en Uranos se ander kinders is vrygelaat.

Gaia, wat woedend was oor die gevangehouding van die Titane, het die gigante met hul slangagtige bene opgesteek om teen die Olimpiese gode in opstand te kom en die Titane se bewind te herstel. Onder leiding van Alcyoneus en Porphyrion het hulle die Olimpiërs aangeval in wat bekend is as die Gigantestryd.

Die Olimpiërs het die hulp van Herakles ingeroep ná ’n voorspelling dat hy nodig was om die gigante te verslaan. Herakles het nie net vir Alcyoneus verslaan nie, maar ook die gigante wat deur die Olimpiërs gewond is, die doodshou toegedien. Dié oorlog is soortgelyk aan die Titanestryd, waarin die Olimpiërs die Titane verslaan het.

Die gigante is daarna teruggestuur na die onderwêreld. Die Gigantestryd was deur die eeue ’n gewilde tema van Griekse kunstenaars.

Verwysings

    Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Gigantes

Tags:

Gaia (mitologie)Griekse mitologieKronosTitaan (mitologie)Uranos

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Harry PotterBeurtkragRobert SobukweVersoeningsdagBoer Soek 'n VrouDroomKoöperasiestoriesJakobIranVrouDemi Lee MooreGenadedoodPrince Alfred HamletPresident van Suid-AfrikaArendBeroerteHomoniemNierversakingKlein vyf diereTsoenamiVaste stofInsekSteenkoolAdolf HitlerSeptimius PicturesCovid-19-pandemieBeeldspraakKommunismeMetaalSkildklierKolorektale kankerPussy RiotNasiebouVerdampingAardbewingVloeistofIetermagoGautengLys van Afrikaanse digtersMadison IvySwartrenosterSuid-Afrikaanse GrensoorlogAnglo-BoereoorlogVerkleurmannetjieHomofoonMaatskaplike verantwoordelikheidCarike KeuzenkampTrigeminale neuralgieSeksSuid-Afrikaanse WeermagHeks van HexrivierBhimrao Ramji AmbedkarHangbrugTydAnneli van RooyenPlae van EgipteAppel (sanger)Suid-AfrikaNoag se arkHoopLetterkundeNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaWoordeboek van die Afrikaanse TaalRooms-Katolieke KerkEmfiseemPlatinumSpysverteringstelselWet op NaturellengrondNederlandGalblaasLys van nedersettings in Suid-AfrikaJacques LootsMaatskappySimbool🡆 More