Gousiekteboom of gifbruidsbos (Pavetta schumanniana F.Hoffm.
ex K.Schum.) is 'n boom wat inheems in KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga in Suid-Afrika is. Die spesie kom ook Angola, Botswana, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Kameroen, Kaprivistrook in Namibië, Malawi, Mosambiek, Rwanda, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe voor.
Gousiekteboom, gifbruidsbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Gentianales |
Familie: | Rubiaceae |
Genus: | Pavetta |
Spesie: | P. schumanniana |
Binomiale naam | |
Pavetta schumanniana F.Hoffm. ex K.Schum. 1895 |
Dit is 'n struik of boom van 3,5 tot 8,5 m hoog. Die blare groei in groepies van drie en is eiervormig, 6-15 cm lank en 2,0-7,5 cm breed. Hul bokant is glansend groen, die onderkant het sagte grys hare. Die blomme is wit en geurig. Hulle groei in digte klompies. Die plant is giftig en veroorsaak gousiekte wat hartaanvalle onder herkouers ten gevolg het.
Nes die ander vyf spesies wat gousiekte verwek, het die plant endosimbiontiese bakterieë in sy blare. Watter rol hierdie bakterieë speel is nie heeltemal duidelik nie. Daar is eers gedink dat hulle stikstof bind, maar dit kan nie aangetoon word nie. Die bakterie vorm swart knobbeltjies op die blare en langs die are. Hierdie bakterieë is ook aanwesig in die vrugte. Indien die vrugte in kokende water gedompel word is dit moontlik 'kreupele' plante sonder bakterieë te verkry. Hul groei is abnormaal.
Die boom se FSA-nommer is 721.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Gousiekteboom, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.