Die gifboom (Euphorbia virosa) is 'n plant van die Naboomfamilie Euphorbiaceae.
Dit het 'n kort hoofstam, gewoonlik verdraaid, waarvan 5–10 cm-dik takke uitspruit. Hierdie blaarlose takke is 5- tot 8-hoekig. Gepaarde dorings (aangepasde blare) groei reëlmatig gespasiëerd op die hoekribbe.
Gifboom | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | E. virosa |
Binomiale naam | |
Euphorbia virosa Willd., (1799) |
Euphorbia virosa is algemeen verspreid vanaf die Oranjerivier in Suid-Afrika tot in suid-Angola, en is grootliks tot die ariede dele van Namibië beperk. Die plant bevat in die stamme 'n melkerige, romerige substansie met karsinogeniese eienskappe. Hierdie besonder giftige substansie word deur Boesmans gebruik, om te smeer op die punte van hul jagpyle. Kontak daarmee veroorsaak velirritasie, en indien die oë aangetas word, kan dit blindheid veroorsaak.
Die spesie het twee subspesies:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Gifboom, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.