Ghat

Die term ghat word in groot dele van die noorde van Suid-Asië gebruik en verwys na ’n reeks trappe wat aflei na die water, veral ’n heilige rivier.

In Bengaalssprekende lande kan dit lei na iets so klein soos ’n dammetjie of so groot soos ’n belangrike rivier.

Ghat
Die bekende Dashashwamedh-ghat aan die Gangesrivier, Benares.
Ghat
Die Kusuma Sarovar-ghat in Uttar Pradesh.

Etimologie

Ghats kom veral voor in stede aan heilige riviere soos Benares en Haridwar waar trappe aflei na die Gangesrivier. Dit word ook vir bergreekse soos die Wes- en Oos-Ghats gebruik. In tale soos Marathi, Hindi, Gujarati en Kannada word die term "ghat" ook gebruik vir ’n moeilike bergpas. Een so ’n pas is die Bhor-ghat, wat die dorpe Khopoli en Khandala noord van Mumbai verbind.

Die woord "ghat" word verduidelik deur verskeie Drawidiese stamwoorde soos katta en gattu (Telugu; dam, oewer), kattu (Tamil; dam, rif, kant van ’n berg, verhoogde pad of brug) en gatta (Kannada; bergreeks). Dié etimologie is deur Thomas Burrow voorgestel en deur Manfred Mayrhofer en Asko Parpola onderskryf.

Aan die Ganges- en Narmadarivier

Die talle belangrike ghats aan die Ganges is gewoonlik bekend as die "Benares-ghats" of die "ghats van die Ganges". In die Wes-Indiese deelstaat Madhya Pradesh is daar ook belangrike ghats aan die Narmadarivier. Sulke ghats word gebruik vir óf alledaagse doeleindes soos om te was óf godsdiensdoeleindes soos rituele reiniging. Mense wat op die trappe woon, word ook ghats genoem.

Die woord word ook buite die Indiese subkontinent gebruik waar daar Indiese gemeenskappe is. So word "ghaut" in George Town, Penang, Maleisië, gebruik vir die verlengings van strate wat voorheen in ghats geëindig het voor die aanwinning van die kaaigebied.

Shmashana-ghats

"Verassingsghats" van Manikarnika, by Benares.
"Verassingsghats" in Katmandoe, Nepal.

Ghats vir die verassing, of shmashana, van lyke word ook langs water aangetref; die as word deur die riviere weggespoel. Van die belangrikstes is die Nigambodh- en die Raj-ghat in Delhi aan die Yamuna (laasgenoemde is waar Mohandas Gandhi en talle politieke leiers ná hom veras is) en die Manikarnika-ghat in Benares aan die Ganges.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Ghat EtimologieGhat Aan die Ganges- en NarmadarivierGhat Shmashana-ghatsGhat VerwysingsGhat Eksterne skakelsGhatBengaalsRivierSuid-Asië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Small HandsVolhoubaarheidPriemgetalKankerVeelrassige pornografieTweebuffelsmeteenslagmorsdoodgeskietfonteinBorskankerMorfeemAnale kankerSamestellingHartSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureSeksuele opwekkingSomerWiki CommonsHolocaustGasPlatinumLieweheersbesieSharpeville-slagtingDiepaartromboseToringKarpaletonnelsindroomDesimale breukeJan van RiebeeckVeelvoudige sinSeksKoolhidraatKoos KombuisVerassingLeierAboriginesGoogle MapsPeach van PletzenCleopatra VIIMuishondHentaiWaarnemingVlagterminologiePoësieBosvarkHipertensieGevolge van aardverwarming op oseanePaddaLys van politieke partye in Suid-AfrikaNic de JagerWerwelkolomBurgerregteLandbouOmgewingskwessies in Suider-AfrikaPuberteitMynbouRuteniumWet op NaturellengrondAustraliëMestoklemaWortelBaardskeerder-spinnekopMaselsGeslagsgelykheidAfvalbestuurNiersteenHomofoonMasturbasieBlourokkeNasionale VrouedagTweede Nuwe JaarMenslike-ontwikkelingsindeksByeboerderyDirekte en Indirekte redeVoedingLenteMenseregteOmtrek, oppervlakte en volumePampoentjiesHomoniemDokterIntensiewe vorm🡆 More