Gewone Dikkop

Die gewone dikkop (Burhinus capensis) is 'n voël wat wydverspreid in Afrika suid van die Sahara voorkom.

Die voël word tot 18 duim hoog en het lang bene en bruin vere met wit spikkels daarop. Hierdie spikkels bied uitstekende kamoeflering in die droë grasvelde en savanne waar hulle voorkom. In Engels staan die voël bekend as die Spotted thick-knee.

Gewone dikkop
Gewone Dikkop
Gewone Dikkop
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
B. capensis
Binomiale naam
Burhinus capensis
(Lichtenstein, 1823)
Gewone Dikkop
      verspreiding

Identifikasie

Hierdie voël is groter as die waterdikkop. Dit het 'n donkerbruin-en-dofgeel gespikkelde rugkant. Dit het nie grys vlerkdekvere soos die waterdikkop nie. Tydens vlug is klein wit vlekke by die basis van die binne- en buitehoofslagvere sigbaar. Die res van die slagvere en grootdekvere is swarterig. Die ondervlerk is wit met 'n swart agterrand en middelstreep. Die jong voëltjie se rugkant is meer gestreep as die volwasse voëls. Die voël het 'n vlerkspan van 80 cm.

Gewoontes

Roep in 'n voorstad om middernag

Die spesie jag uitsluitlik op die grond en vreet insekte, klein soogdiere en akkedisse. Hulle maak op die grond nes en die wyfie lê gewoonlik twee eiers op 'n slag. Die mannetjie en wyfie maak die kuikens saam groot en beide dra kos aan. Die voëls beskerm hulle neste en sal selfs maak of hulle beseer is om roofdiere van die nes af weg te lok. Hulle is ook voëls wat in die aand uitkom.

Sien ook

Bronnelys

Verwysings

Tags:

Gewone Dikkop IdentifikasieGewone Dikkop GewoontesGewone Dikkop Sien ookGewone Dikkop BronnelysGewone Dikkop VerwysingsGewone Dikkop

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Anrich HerbstWiskundeKoolstofWayback MachineWayde van NiekerkPornhubOntkiemingGeslagSelfieKolitisBetonGroot DepressieWet op Bantoe-onderwysKondensasieLys van Suid-Afrikaanse skrywersLys van Afrikaanse skrywersLys van chemiese elemente volgens atoomgetalKankerPêrelHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalOnse VaderFosforEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaTaalBipolêre gemoedsteuringInstagramPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaHartaanvalKoolstofdioksiedPsigopatieGrondsoorteIndiese OseaanSeksueel oordraagbare infeksieRudi ClaaseCarike KeuzenkampTydSeksuele opwekkingSosiale mediaMenslike penisgrootteAustraliëSuiwelprodukOmgewingskwessies in Suider-AfrikaModeontwerpBonné de BodKrimpvarkieBelastingAlkoholismeTweede Nuwe JaarWeer (meteorologie)Hernubare energieVryheidsdagTrevor NoahReg tot ‘n gesonde omgewingKragopwekkingKoorsblaarSekondêre sektor van die ekonomieWindkragKaliforniëJeugdagWoordsoortTekstielVerdampingDikdermAdolessensieBloedsomloopstelselOseaanbesoedelingBaälTandbederfFrankrykIngenieursweseUnited Democratic FrontKlein vyf diereEnkelvoudige sinSarel Jacob PretoriusVoëlgriepLionel Messi🡆 More