Geskiedenis Van Antieke Israel En Juda: Antieke beskawing van die Levant

Die geskiedenis van antieke Israel en Juda begin in die laat Bronstydperk en vroeë Ystertydperk in die Suid-Levant in Wes-Asië.

Die vroegste bekende verwysing na "Israel" as 'n volk of stamfederasie is op die Merneptah-stele, 'n inskripsie uit antieke Egipte wat dateer uit omstreeks 1208 v.C., maar die groep kan ouer wees. Volgens moderne argeologie het die antieke Israeliese kultuur uit die ouer Kanaänitiese beskawing ontwikkel. Twee verwante Israeliese koninkryke, die Koninkryk Israel en die Koninkryk Juda, het teen Ystertydperk II in die streek bestaan.

Geskiedenis Van Antieke Israel En Juda: Antieke beskawing van die Levant
'n Benaderde kaart van die Koninkryk Israel (in blou), die Koninkryk Juda (in geel) en hulle bure (in taan) in die Ystertydperk (9de eeu v.C.).

Volgens die Hebreeuse Bybel het 'n "Verenigde Koninkryk" (met Israel en Juda) al in die 11de eeu v.C. bestaan onder konings Saul, Dawid en Salomo. Dit het later in twee verdeel: Israel, met die stede Sigem en Samaria, in die noorde en Juda, met Jerusalem en die Joodse Tempel, in die suide. Oor die geskiedkundige bestaan van die Verenigde Koninkryk word gedebatteer, omdat daar geen argeologiese bewyse daarvoor is nie, maar geleerdes stem saam dat Israel en Juda teen onderskeidelik 900 v.C.:169–195 en 850 v.C. as aparte koninkryke bestaan het.

Die Koninkryk Israel is omstreeks 720 v.C. verwoes, toe dit deur die Nieu-Assiriese Ryk verower is. Hoewel Juda in dié tyd voortbestaan het, het dit 'n vasalstaat van eers die Nieu-Assiriese Ryk en toe die Nieu-Babiloniese Ryk geword het. Joodse opstande teen die Babiloniërs het egter gelei tot die vernietiging van Juda in 586 v.C. onder die leierskap van koning Nebukadnesar II. Volgens die Bybelse weergawe het Nebukadnesar se leërs Jerusalem beleër en dit het gelei tot die verwoesting van Salomo se Tempel en die verbanning van die Jode na Babilon. Dié voorval word ook in die Babiloniese Kroniek genoem.

Dit het geëindig met die val van Babilon omstreeks 538 v.C. aan die hand van die Achaemenidiese Ryk. Daarna het koning Kores die Grote die verbanne Jode na Juda laat terugkeer. In dié tyd is die Tweede Tempel in die plek van Salomo se verwoeste tempel gebou.

Verwysings

Skakels

  • Geskiedenis Van Antieke Israel En Juda: Antieke beskawing van die Levant  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Antieke EgipteArgeologieBronstydperkKanaänKoninkryk IsraelKoninkryk JudaLevantMerneptahWes-AsiëYstertydperk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

EuropaKlitorisMarita NapierPesachNamakwalandLugbesoedelingAngssteuringIndonesiëPenisAgter Elke ManNoord-AmerikaMiljardAalwynProstaatklierMenstruasieDonderstormPampoentjiesVoedingAnale kankerLys van Suider-Afrikaanse soogdiereKaapstadEngelsJapanWortelJoodse kalenderVoorsetselOos-KaapEierleierGuillain-Barré-sindroomKinkhoesWikisourcePublieke domeinAfrikaanse woordelys en spelreëlsDieregeluide21 v.C.Oorlog in Soedan (sedert 2023)Apostoliese GeloofsendingVlag van LibanonSamestellingAasblomLongCleopatra VIIFritz HaberElandréOnderwys in Suid-AfrikaWaarheid-en-versoeningskommissieMediaWikiChristendomEjakulasieDiepaartromboseHernubare energiePaddaOu Apostoliese KerkKoppeltekenLiewe HeksieTeologieBlourokkeHemelvaartsdagKangaroeDikdermLeeuNetaji Subhas Chandra Bose Internasionale LughaweNarsistiese persoonlikheidsteuringDinosourusEuropese RugbykampioenskapDrie SusterskerkeRoekelose DadeEerste WêreldoorlogPersoonlikheidLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameKoos du Plessis🡆 More