Gerhard Steyn (gebore op 27 November 1976) is 'n bekende Afrikaanse sanger en liedjieskrywer.
Hy is in 2006 aangewys as die Vonk-liedjieskrywer van die jaar. Met sy liedjie Baby Tjoklits, wat hy self sing, verower hy die 2009 Vonk-prys vir liedjie van die jaar. Die liedjie is ook deur Radio Rippel se luisteraars as die liedjie van 2009 aangewys. Steyn het ook as televisieaanbieder homself gevestig, waar hy saam met die akteur Alvin Bruinders, die program Konings van Kitskos, aangebied het op die Via-kanaal 147, op Dstv. Dié program het op televisie in 2017 verskyn en weens die gewildheid daarvan is die vyfde seisoen van Konings van Kitskos in 2020 begin uitsaai. Steyn is ook 'n sakeman en is mede-eienaar van die kuierplek, Live@Wildebeest, in Boksburg, Gauteng.
Gerhard Steyn | |
---|---|
Geboortenaam | Gerhardus Pieter Steyn |
Gebore | 27 November 1976 |
Beroep(e) | Sanger en liedjieskrywer |
Jare aktief | 2005 - nou |
Etikette | VONK |
Webwerf | [www.gerhardsteyn.co.za] |
Steyn was op 16 Desember 2007 genooi deur die parlement vir 'n optrede. In 2010 het Steyn 'n toer onderneem na Dubai vir 'n optrede en dieselfde jaar was hy ook die afrigter vir die sangkompetisie, Supersterre. Ook in 2010 was Steyn deel van die groep kunstenaars van die Skouspel Plus konsert in Kaapstad, asook die Skouspel konserte by Sun City in 2010, 2012 en 2013. Vanaf 2010 tot 2016 het Steyn ook jaarliks by die hoof verhoog opgetree by die Innibos fees in Nelspruit. In 2012 was Steyn deel van die Voelgoed Ekspo, in samewerking met die tydskrif, Finesse, en in Augustus, dieselfde jaar, het Steyn die voorprogram behartig vir die konsert van MW Smith se toer na Suid-Afrika. In Oktober 2014 het Steyn die voorprogram behartig en geopen vir die Parletones se konsert by Carnival City. In 2015 het Steyn die hoofrol vertolk in die film, Forsaken, wat gebaseer is op 'n ware verhaal. In 2016 het Steyn saam met die aktrise Angelique Gerber, die hoofrol vertolk van die film, Sewentig x 7. In April 2017 het Steyn die rol van Jesus vertolk in die produksie, The Passion of Christ, wat vervaardig is deur Christian Family Church Internasionaal, wat vier vertonings gehad het met meer as 13 000 mense wat die uitvoering gaan kyk het.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Gerhard Steyn, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.