Gereformeerde Kerk Windhoek-Suid

Die Gereformeerde kerk Windhoek-Suid is die tweede oudste van die drie Gereformeerde gemeentes in die Namibiese hoofstad, Windhoek, en wat belydende lidmate betref, die grootste in die land.

Gereformeerde kerk
Windhoek-Suid
Gereformeerde Kerk Windhoek-Suid
Sluit in  Dordabis
Khomas Hochland
Namibbrens
Rehoboth
Solitaire
Academia
Cimbebasia
Olympia
Pionierspark
Suiderhof
Klassis  Etosha
Huidige predikant(e)  Dr. Paul de Bruyn
Belydende lidmate  321
Dooplidmate  80
Adres Schlettweinstraat 64
Pionierspark
Windhoek
Namibië
Geskiedenis
Stigtingsdatum  22 Oktober 1988
Afgestig van  Windhoek
Eerste predikant  Callie Opperman
1989–2017
Gereformeerde Kerk Windhoek-Suid
Die meerdoelige Deo Gloria-sentrum van die Gereformeerde kerk Windhoek-Suid bestaan uit 'n saal, konsistorie, kombuis, moederskamer en onder die vloer vyf kategeseklasse, 'n pakkamer en eenslaapkamerwoonstel.
Gereformeerde Kerk Windhoek-Suid
Die vooraansig van die meerdoelige Deo Gloria-sentrum by Schlettweinstraat 64, Pionierspark.
Gereformeerde Kerk Windhoek-Suid
Dr. Callie Opperman en sy vrou, Rina, neem op 14 Oktober 2017 afskeid van die gemeente toe hy sy emeritaat aanvaar.

Stigting

Windhoek-Suid het op 22 Oktober 1988 van die moedergemeente Windhoek afgestig en as bruidskat ’n erf by Schlettweinstraat 64, Pionierspark, ontvang. Aanvanklik is eredienste in die groot en luukse saal van die Windhoekse Onderwyskollege gehou. Toe die kollege met die land se onafhanklikwording in Maart 1990 deel word van die Universiteit van Namibië, het die gemeente na die Hoër Tegniese Skool se saal verhuis.

Kerkbou

Onder die aansporing van oudl. Sias Swart het die gemeente besluit dit het tyd geword om hul eie kerkgebou op te rig. Die kerkraad het beplan vir ’n meerdoelige kerksentrum wat sewe dae per week gebruik kon word en met sitplek vir 700 mense, ’n moederskamer en kombuis. Die argitek was Theo Heesakkers. Vanweë die skuins ligging van die erf, kon vyf katkisasielokale en ’n eenslaapkamerwoonstel onder die saal ingepas word. In dié katkisasielokale het die Windhoek Afrikaanse Privaatskool in Maart 1995 begin. In September 1997 het die skool verhuis na sy bestaande perseel, wat ’n sakeman en vriend van die skool by die NG Kerk gekoop het.

Die Deo Gloria-sentrum se hoeksteen is in Oktober 1993 gelê en ’n jaar later is dit in gebruik geneem. ’n Tweedehandse orrel is gekoop en los stoele is gebruik. Banke is juis nie aangebring nie omdat die sentrum meerdoelig moet wees.

Lidmaattal

Windhoek-Suid is lank reeds die grootste Gereformeerde kerk in Namibië. Min of meer binne die Gereformeerde kerk Windhoek se gemeentegrense val vier NG gemeentes, naamlik Windhoek, Windhoek-Oos, Windhoek-Wes en Windhoek-Eros. Dié Gereformeerde kerk het einde 2014 182 belydende lidmate gehad, en die vier NG gemeentes saam 3 491 vir ’n verhouding van 1:19. Windhoek-Suid het einde 2014 331 belydende lidmate gehad en die drie NG gemeentes wat min of meer binne sy grense val, naamlik Academia, Pionierspark en Suiderhof, altesaam 2 304, vir ’n verhouding van 1:7. ’n Jaar vantevore was dit 1:9, maar Pionierspark en Suiderhof het, volgens die statistiek in die NG Kerk se Jaarboek, binne ’n jaar meer as 900 belydende lidmate "verloor".

Predikante

  1. Opperman, dr. Wilhelm Carl (Callie), 2 April 198915 Oktober 2017
  2. Erasmus, dr. Jan Andries, 2000–2003
  3. Meyer, Lukas Marten, 2003–2004 (in kombinasie met Okahandja; verlaat die bediening)
  4. Oosthuizen, Ockert Almero, 2010–2015
  5. De Bruyn, dr. Paul (2017–hede)

Bronne

  • (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (en) Potgieter, D.J. (hoofred.) Standard Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery Ltd., 1973.
  • (en) Raper, P.E. 1987. Dictionary of South African Place Names. Johannesburg: Lowry Publishers.
  • (af) Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1957. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1958. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1958. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1959. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Sien ook

Tags:

Gereformeerde Kerk Windhoek-Suid StigtingGereformeerde Kerk Windhoek-Suid KerkbouGereformeerde Kerk Windhoek-Suid LidmaattalGereformeerde Kerk Windhoek-Suid PredikanteGereformeerde Kerk Windhoek-Suid BronneGereformeerde Kerk Windhoek-Suid Sien ookGereformeerde Kerk Windhoek-SuidGereformeerde Kerke in NamibiëNamibiëWindhoek

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AsiëSowjetuniePoleNederlandsSkarlakenkoorsDigvormTeologieKasteel die Goeie HoopInstagramVratElandréDuitslandWayback MachineEuropese RugbykampioenskapDassievoëlKoöperasiestoriesKoninkryk van die NederlandeLys van politieke partye in Suid-AfrikaMisdaadPieter BiewengaSkrikkeljaarTuberkuloseMiddelmisbruikSuiwelprodukBloedsomloopstelselVigsMakazole MapimpiSelfstandige naamwoordZuid-Afrikaansche RepubliekKrokus Stadsaal-aanvalNarsistiese persoonlikheidsteuringPeniskankerWikisourceBeroerteSonsteekOnderwys (geskiedenis)Waldimar PelserAkuutA.J. ApplegateDeelstate van die Verenigde State van AmerikaMieliestronkLily CarterSpookvoëlBatmanCyril RamaphosaPornografieKaapstadNamibiëNardusBosluisRegardt van den BerghNatuurbewaringBaltimoreKlein-KarooKrampWet op NaturellengrondAntjie KrogMarita NapierFredi NestNieu-SeelandRynhessePampoentjiesPalmsondagOrale seksBorsteJan van RiebeeckGedigCecil John RhodesTropiese huisgeitjieTongHomofoonKewerRolprent🡆 More