Gereformeerde Kerk Welkom-Noord

Die Gereformeerde kerk Welkom-Noord was die jongste van die tweede Afrikaanse gemeentes van die GKSA in die Vrystaatse stad Welkom en die sewende jongste van die 22 gemeentes in dié kerkverband se Klassis Noord-Vrystaat.

Einde 2015 was hier 163 belydende en 34 dooplidmate, vergeleke met die moedergemeente Welkom se 126 en 26. In 2001 was Welkom-Noord se getalle 253 en 87 en Welkom s’n 276 en 101. Op 22 Oktober 2017 het die twee gemeentes een geword.

Gereformeerde Kerk Welkom-Noord
Die Gereformeerde kerk Welkom-Noord, vroeër die Gereformeerde kerk Welkom.
Gereformeerde Kerk Welkom-Noord
Dr. Jansen van Vuuren du Plessis, die leraar van 1970 tot 1999.

Die Gereformeerde kerk Welkom-Noord het in Junie 1969 van Welkom afgestig en as bruidskat die moedergemeente se kerkgebou ontvang. Dit was Welkom se tweede kerkgebou nadat die eerste, wat op 23 Mei 1954 as die eerste gebou van ’n Afrikaanse Kerk op Welkom in gebruik geneem is, in die oggendure van 13 November 1957 afgebrand het.

Die tweede Gereformeerde kerk Welkom en die een wat in 1969 aan Welkom-Noord geskenk is, sou aanvanklik op dieselfde plek as die oue gebou word, maar ’n ander stuk grond is ná onderhandelings verkry. Die basiese plan van die afgebrande gebou is net so gebruik. Die fondament rus op pilare wat 10 m in die grond gesink is en waarop ’n betonraamwerk gegooi is. So is gebou bestand gemaak teen barste. Die argitek was Leon Roodt en die bouaannemer Hans Weiss. Die hoeksteen is op 23 April 1960 gelê.

Binne die gemeentegrense val Welkom-Noord van woonbuurte soos Dagbreek, Flamingo Park, Jim Fouchépark, Reitzpark, Rheederspark, Riebeeckstad, Seemeeupark, ’n gedeelte van Doorn asook Voorspoed en Voorspoed-Oos. Die res van die stad val onder Welkom-gemeente.

Predikante

  1. Du Plessis, dr. Jansen van Vuuren, 1970 – 1999 (aanvaar sy emeritaat)
  2. Jansen, Carl Albert, 1999 – 2006
  3. Van der Schyff, Jan Louis, 2006 – hede

Bronne

  • (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1960. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1961. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Sien ook

Tags:

201722 OktoberGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaGereformeerde kerk WelkomVrystaatWelkom

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KeramiekHoofstadAfleiding (taalkunde)DonkieImpakte van toerismeVoëlKimberleyBreinDistrik SesNedersettingKonsentrasiekampHandbalReg tot ‘n gesonde omgewingYouTubeOlimpiese SpeleDundermNic de JagerNeerslagSeksuele penetrasieWet op NaturellengrondUitwerking van klimaatsveranderingKaapstadse waterkrisis 2015-2018WebwerfWieg van die MensdomSwartbewussynsbewegingVierkantswortelLugbesoedelingNarsismeVennootskapInfeksieLiewe HeksieAnilingusTropiese sikloonAfvalbestuurHannes van WykVisPampoentjiesMahatma GandhiAfkortingSkarlakenkoorsOligopolieEkotoerismeBorsItaliëOrgasmeInsekLeierGlasTelevisieLys van Kaapstad se voorstedeGesondheidKlimaatsverandering in Suid-AfrikaBrandmondsindroomRefentse MorakeGreen PornoOlifantPad na jou hartDemokrasieGriepDramaVarkgriepXenofobie in Suid-AfrikaUniegebouSinkSteve BikoHibernasieGoudParkinson se siekteKlimaatsverandering in AfrikaOnderhoudKriekFacebookBlack SashBrasiliëVoortrekkersTaalfossielSkaap🡆 More