Gereformeerde Kerk Walvisbaai

Die Gereformeerde kerk Walvisbaai is ’n Gereformeerde gemeente op die Namibiese dorp Walvisbaai, maar dit sluit ook die nabygeleë Swakopmund in.

Die Gereformeerde kerk Hentiesbaai het in 2006 van Walvisbaai afgestig, maar Walvisbaai se leraar is ook vir Hentiesbaai verantwoordelik. Walvisbaai se sieletal was in 2015 267, min of meer gelykop verdeel tussen Walvisbaai en Swakopmund. Eredienste word elke Sondag op albei dorpe gehou.

Gereformeerde Kerk
Walvisbaai
Gereformeerde Kerk Walvisbaai
Sluit in  Rooibank
Solitaire
Swakopmund
Walvisbaai
Weltevrede
Klassis  Etosha
Huidige predikant(e)  dr. Heinrich Zwemstra
Belydende lidmate  225
Dooplidmate  71
Adres Theo-Ben
Gurirabstraat 137
Walvisbaai /
Ferdinand Stichstraat 1
Swakopmund
Geskiedenis
Stigtingsdatum  27 Oktober 1956
Afgestig van  Usakos
Eerste predikant  M.W. van der Walt 1956–1958
Gereformeerde Kerk Walvisbaai
Die Gereformeerde kerk Walvisbaai.
Gereformeerde Kerk Walvisbaai
Ds. Martiens van der Walt was van 1955 tot '58 Walvisbaai/Usakos se eerste Gereformeerde predikant (in kombinasie met Otjiwarongo en Grootfontein.)
Gereformeerde Kerk Walvisbaai
Louise Vogel saam met haar kinders, Jolandi en Pieter, tydens die ingebruikneming van die kerk se saal op Walvisbaai, 14 November 2016. Die saal is na haar man, ds. Landman Vogel, genoem wat in 2013 in die amp oorlede is. Terselfdertyd het die gemeente sy 60-jarige bestaan gevier.
Gereformeerde Kerk Walvisbaai
Ds. Tjaart Kruger, leraar van 1975 tot 1982. Hy is in 2000 oorlede en sy vrou, Hannatjie (née Venter), in 2016. Hul dogter Ceresta Delport is getroud met een van die ouderlinge van ds. Kruger se volgende en laaste gemeente, Pongola, en dié egpaar se oudste dogter is getroud met 'n Dopperpredikant, ds. Marco le Roux.
Gereformeerde Kerk Walvisbaai
Ds. Fanus Heystek, leraar van 1969 tot 1974.
Gereformeerde Kerk Walvisbaai
Dr. Deon Lartz, leraar van 1986 tot 1994.
Gereformeerde Kerk Walvisbaai
Ds. H.W. Schutte, leraar van 1995 tot 2001.
Gereformeerde Kerk Walvisbaai
Ds. Landman Vogel, leraar van 2002 tot 22 Julie 2013 (van 2006 tot 2013 in kombinasie met Hentiesbaai). Hy is oorlede in die amp).
Gereformeerde Kerk Walvisbaai
Ds. Cobus-Brahm Robinson, 2014 tot 2017, in kombinasie met Hentiesbaai.
Gereformeerde Kerk Walvisbaai
Dr. Heinrich Zwemstra spreek die seën uit oor sy nuwe gemeente op die dag van sy bevestiging, 3 Desember 2017.

Walvisbaai was eers ’n wyk van die Gereformeerde kerk Usakos, wat in 1953 afgestig het, waarskynlik van Windhoek. Tot 1955 is dienste op Walvisbaai in die Vrymesselaarslosie gehou en daarna in die Hofsaal, in lidmate se huis en in die Hoogenhout-skoolsaal. Die wyk het twee erwe van die munisipaliteit verkry teen £1 stuks. ’n Boufonds is gestig uit kerkgeld wat van die kerkraad van Usakos afkomstig was. Op 27 Oktober 1956 het Walvisbaai, saam met Swakopmund en Hentiesbaai, as selfstandige gemeente afgestig, met die gevolg dat so min lidmate in die gemeente Usakos oorgebly het, dit moes vier jaar later ontbind.

In 1960 het die jong gemeente Jac H. van Zanten as argitek aangestel en J. Eisenberg as bouaannemer. In 1961 is ’n derde van die kerkgebou voltooi. Ses banke en ’n Nagmaaltafel is gemaak en 40 stoele is aangekoop. Ná geldinsameling en ’n skenking van ene ds. Bos van Nederland, is die gebou in 1970 volgens die oorspronklike plan van die argitek voltooi. Ds. Bos het ook die kanselkleed geskenk.

Die predikant van Walvisbaai was vroeër, benewens die hoofdorp en Swakopmund, ook vir lidmate van die Gereformeerde kerk Hentiesbaai verantwoordelik, maar die gemeente word sedert omstreeks 2017 deur 'n emeritus predikant bedien.

Op 8 November 2009 het die sowat honderd Gereformeerdes op Swakopmund ’n unieke kerkgebou in gebruik geneem. Die Sola Gratia-kerk is bo-op ’n plat vleuel van die plaaslike NG kerk gebou nadat die Gereformeerdes vantevore hul eredienste ná die NG lidmate se verrigtinge in dieselfde kerk moes hou.

Ds. Schutte se dienstyd

Prop. Hendrik Willem (Hennie) Schutte is op 15 Januarie 1995 in sy eerste gemeente, GK Walvisbaai, bevestig nadat hy in 1994 afgestudeer het. Hy is kort voor sy vertrek na Namibië met sy jeugliefde, Sandra Koorsen van Bloemfontein, getroud. Die bediening in die GK Walvisbaai is nogal uniek in soverre daar elke Sondagoggend 2 eredienste plaasvind in die 2 bedieningsareas Walvisbaai en Swakopmund. Dit vind plaas om 09:00 in Walvisbaai en om 11:00 in Swakopmund.

Dit bring mee dat die predikant ná die erediens in Walvisbaai die 40 km na Swakopmund moet aandurf op die besige B1-roete. Hierdie pad staan ook beken as die “pad van die dood” weens die menigte motorongelukke wat daarop plaasvind.

Op Sondag 21 Mei 1995 het die erediens op Walvisbaai goed afgeloop en het die gemeentelede na die erediens soos gewoonlik ‘n koppie koffie saam met die predikantspaar geniet voordat hulle na Swakopmund vertrek vir die diens daar.

Die gemeentekamp het pas 2 naweke gelede plaasgevind en almal was nog vol opgewondenheid oor die heerlike kamp en hoe mooi die nuwe predikantspaar by die gemeente kom inpas het en sommer vroeg-vroeg diep in die lidmate se harte kom inkruip het.

Op Sondag 21 Mei 1995 so rondom 10:25 vertrek hulle na Swakopmund en kwalik 3 km buite Walvisbaai by ‘n area bekend as “die lang draai” kom ‘n voertuig van voor en tref die motor van die Schuttes op die kant waar Sandra sit. Albei die insittendes van die ander motor is op slag dood, maar so ook Sandra.

Ds Hennie is in ‘n kritieke toestand in die plaaslike hospitaal opgeneem en word dan oorgeplaas na intensiewe sorg in Bloemfontein, waar albei sy ouers en sy skoonouers woon en waar hy etlike maande lank bly met die stadige herstel van sy beserings.

Sandra word op 29 Mei 1995 vanuit haar ouers se gemeente, die NG Kerk Berg en Dal, deur ds. Hubrecht van Dalsen ter ruste gelê.

Nadat hy in so ‘n mate herstel het dat hy sy bedieningswerk kon voortsit, keer ds. Hennie laat in 1995 terug na Walvisbaai en bedien die gemeente met baie seën en toewyding tot in 2001, toe hy ‘n beroep na GK Pretoria-Wes aanvaar.

In 2007 aanvaar hy ‘n beroep na GK De Aar/Strydenburg/Oranjerivier waar hy tot in 2010 arbei. Daarna bedien hy GK Noord-Oosrand van 2010 tot 2012 en sedert 2012 is hy by GK Wesrand.

Predikante

  1. Van der Walt, Marthinus Wessel, 1955–1958 (in kombinasie met Grootfontein, Usakos en Otjiwarongo)
  2. Van Dalsen, dr. Hubrecht Anthonie, 1961–1964 (in kombinasie met Outjo en Outjo-Wes)
  3. Heystek, Andries Stefanus, 1969–1974
  4. Kruger, Tjaart Jan Jacobus, 1975–1982
  5. De Villiers, Izak Jacobus Johannes, 1983 – 1986
  6. Lartz, dr. Deon, 1986–1994
  7. Schutte, Hendrik Willem, 1995–2001
  8. Vogel, Landman Van der Merwe, 2002–2006; 2006 – 22 Julie 2013 (in kombinasie met Hentiesbaai; oorlede in die amp)
  9. Robinson, Cobus-Brahm, 2014 – 2017 (in kombinasie met Hentiesbaai)
  10. Zwemstra, dr. H.M. (Heinrich), Sondag 3 Desember 2017 – hede (in kombinasie met Hentiesbaai)

Bronne

Tags:

Gereformeerde Kerke in NamibiëGereformeerde kerk HentiesbaaiNamibiëSwakopmundWalvisbaai

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

OrgasmeAppendiksRob HersovVratWortelOutismeOekraïneSwedeGrasfamilieJoodse kalenderKoedoeMenseregtedagCSSTikTokSpookvoëlRugbywêreldbeker 1987Johannes VermeerBoeberBorsteDagroofvoëlsSeksposisieSusan CoetzerDerrickAfrikaanse taalleerInsekTolla van der MerweAfrikanersSixtynse kapelSelfstandige naamwoordBTWNazi-DuitslandRussiese inval in Oekraïne sedert 2022SeekoeiPornografieWaarheid-en-versoeningskommissieVingerseksVulkaanTarentaleMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaMarsZack du PlessisAnneli van RooyenMosambiekDinosourusLBreinBosluisbytkoorsVoornaamwoordIerse nasionale rugbyspanKoppeltekenJavaScriptCarles PuigdemontSkaakPeniskankerTonnels van Củ ChiVaginale kankerMuskeljaatkatNarsismeLongFridtjof NansenNatuurbewaringPiet ByleveldWoordeboek van die Afrikaanse TaalArabiesOlifantKarpaletonnelsindroomTydMarga van RooyAppelblaarSirkelNic de JagerPerd🡆 More