Gereformeerde Kerk Volksrust

Die Gereformeerde kerk Volksrust is die derde oudste gemeente in die GKSA se Klassis Piet Retief.

Einde 2015, toe hier 102 belydende en 14 dooplidmate was, was dit die sesde grootste van die 10 gemeentes in dié Klassis. In 2001 was die syfers onderskeidelik 117 en 52 en in 1960 118 en 86.

Gereformeerde kerk
Volksrust
Gereformeerde Kerk Volksrust
Vorige naam  Martinus Wesselstroom
Amersfoort
Sluit in  Amersfoort
Memel
Perdekop
Volksrust
Wakkerstroom
Klassis  Piet Retief
Huidige predikant(e)  Dr. J.J.J. (Kobus) Erasmus
Belydende lidmate  88
Dooplidmate  14
Adres Schoonstraat 41
Volksrust
Geskiedenis
Stigtingsdatum  1897
Afgestig van  Middelburg, Kaap
Eerste predikant  Derk Rumpff (1910–'13)
Gereformeerde Kerk Volksrust
Ds. Derk Rumpff het die hoeksteen van die Gereformeerde kerk Volksrust in 1912 gelê.
Gereformeerde Kerk Volksrust
Ds. Derk Rumpff was van 1910 tot 1913 die gemeente se eerste leraar (in kombinasie met Standerton).
Gereformeerde Kerk Volksrust
Dr. Fanus du Toit, die leraar van 1930 tot 1936.
Gereformeerde Kerk Volksrust
Ds. J.A.H. van der Vinne, leraar van 1957 tot 1960.
Gereformeerde Kerk Volksrust
Ds. Andries Klopper, sy vrou, Elsie, en hul drie kinders. Hy was predikant van hierdie gemeente van 1969 tot 1975.

Lidmate van die latere gemeente het eers in verskillende provinsies gewoon in die streek waar die destydse Transvaal, Natal en Oranje-Vrystaat mekaar ontmoet het. In 1893 het lidmate hier as die Gereformeerde kerk Martinus Wesselstroom (die latere Wakkerstroom) afgestig. In 1905 het die gemeente se naam verander na Amersfoort. Ná die Tweede Vryheidsoorlog het Volksrust as spoorwegsentrum ontwikkel en het die gemeente se swaartepunt daarheen verskuif. Vandag nog is Amersfoort, Wakkerstroom asook Memel in die Vrystaat deel van die gemeente Volksrust.

Ds. Derk Rumpff die nuwe kerkgebou op Volksrust se hoeksteen in 1912 gelê. Dis ontwerp as ’n saalkerk met ’n spitsdak en Neo-Gotiese vensters. Die Gereformeerde kerk Heidelberg het die preekstoel en kerkklok aan die gemeente geskenk. Op 8 Augustus 1931 het Volksrust ’n orreltjie present gekry van ’n lidmaat, ene Joubert.

Op 16 November 1957 het die gemeente se vrouelidmate ’n Kanselbybel geskenk en in 1963 het ’n lidmaat, Tommie Labuschagne, die houtwerk aan die preekstoel voltooi, ’n jaar nadat die ou orreltjie deur ’n pyporrel vervang is. Die orrel is geskenk deur Kota Badenhorst, al was hy nie ’n lidmaat van die Gereformeerde Kerk nie. In 1975 is die kerkbanke wit geverf en die vloer met rooi matte bedek. Hierdie mooi, geskiedkundige kerkie is vandag (2017) nog in gebruik nadat dit in 1991 vergroot is, toe ds. G.J.V.S. Roos op 6 Mei daardie jaar ’n nuwe hoeksteen gelê het. Op 11 September 1993 het ds. J.J.J. Erasmus ’n gedenksteen onthul met die oog op die gemeente se 100ste bestaansjaar.

Predikante

  1. Rumpff, Derk, 1910 – 1913 (in kombinasie met Standerton)
  2. Du Toit, dr. Stephanus, 1930–1936
  3. Van der Walt, N.H., 1936 – 1947 (in kombinasie met Heidelberg)
  4. Du Plessis, dr. Sarel Jacobus, 1947 – 1952 (in kombinasie met Heidelberg)
  5. Venter, Willem, 1953 – 1956 (in kombinasie met Standerton)
  6. Van der Vinne, Jacob Albert Hendrik, 1957 – 1960
  7. Taljaard, Daniël Johannes, 1960 – 1963 (verlaat die bediening)
  8. Van der Walt, dr. Andries Gustaaf Petrus, 1965 – 1968
  9. Klopper, Andries Hendrik, 1969 – 1975
  10. Roos, Gerhardus Jacobus van Staden, 1975 – 1992 (aanvaar sy emeritaat)
  11. Erasmus, Jacobus Johannes Jurgens, 1992 – 2001 (in kombinasie met Vrede); 2008 – hede
  12. De Jager, Andries Petrus, 2003 – 2007

Bronne

  • Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1960. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1961. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • Vogel, Willem (red.). 2015. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2016. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Tags:

Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KarretjiemenseGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaWolkWeervoorspellingAkademiaBoelieryAsemhalingDierSuid-Afrikaanse WeermagOnse VaderResensieJaco JacobsSwartkwasmuishondChristiaan Frederik BeyersSimmetrieLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike namePikkewynVaalrivierMenseregtedagSilwerOrtopedieEskomSeksueel oordraagbare infeksieKolitisGesonde dieetGlobaliseringLyfstraf in skoleSkaapSpringbokkeEugenetikaMynbouOmtrek, oppervlakte en volumeAfrikaanse TaalmonumentLeierskapStaatstoelaeRefentse MorakeEngelsSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Lika BerningBloeddrukBraaiAfkortingSeksismeMeningsverskil oor aardverwarmingKorrupsieLuiperdMielieVaginaMikro-ekonomieAarverkalkingAfrikaanse taalleerBruin menseMandalaKaapstadTekstielSean CombsMiskruier16 NovemberHolocaustRooilipslangDonderstormIngrid JonkerVarkgriepSirkusWaarheid-en-versoeningskommissieKontinentTamatieKommaWaterbesparing in Suid-AfrikaByByung-Chul HanKameelperdChroniese siekteConsolidated B-24 LiberatorNavorsing🡆 More