Gereformeerde Kerk Upington

Die Gereformeerde kerk Upington is die sewende oudste van die 15 gemeentes in die GKSA se Klassis Griekwaland-Wes.

Einde 2015, toe hier 70 belydende en 14 dooplidmate was, was dit ook die sewende kleinste gemeente in dié Klassis. In 2001 was die getalle onderskeidelik 152 en 45, ’n afname van meer as 57 persent binne 14 jaar.

Gereformeerde Kerk
Upington
Gereformeerde Kerk Upington
Sluit in  Aggeneys
Groblershoop
Kakamas
Kanoneiland
Keimoes
Kenhardt
Klassis  Griekwaland-Wes
Huidige predikant(e)  M.P. (MP) Fourie (hulpdiens)
Belydende lidmate  93
Dooplidmate  28
Adres Schröderstraat 145
Upington
Geskiedenis
Stigtingsdatum  17 Januarie 1959
Afgestig van  Olifantshoek
Eerste predikant  W.J. van der Westhuizen (1960–'64)
Gereformeerde Kerk Upington
Die vooraansig van die Gereformeerde kerk Upington. Dié kerk is in gebruik geneem op 10 Junie 1961.
Gereformeerde Kerk Upington
'n Syaansig van kerk.
Gereformeerde Kerk Upington
Student Frans van der Walt trou op 15 Januarie 1965 met Johannatjie du Toit.
Gereformeerde Kerk Upington
Dr. Frans van der Walt, die leraar van 1966 tot 1970 (sy eerste gemeente en die gemeente se eerste predikant), toe hy in 1965 aangewys is as voorsitter van die PU vir CHO se studenteraad.
Gereformeerde Kerk Upington
Dr. Frans en mev. Johannatjie van der Walt se eersteling het drie weke laat opgedaag. Van der Walt kon sy vrou Sondagaand, 13 Maart 1966, hospitaal toe neem en moes toe vinnig van Pretoria na Upington vertrek om betyds te wees vir sy bevestiging die volgende Sondag, 20 Maart.
Gereformeerde Kerk Upington
Ds. W.J. van der Westhuizen het die kerk se gedenksteen onthul met die ingebruikneming van die gebou op 10 Junie 1961.

Die suidwestelike wyk van die Gereformeerde kerk Olifantshoek het vroeg in die eeufeesjaar van die Gereformeerde Kerk en wel op 17 Januarie 1959 afgestig as die Gereformeerde kerk Upington. Heel gou het die nuwe gemeente planne begin maak om hul eie kerkgebou op te rig. R.B. Nyschen was die argitek sowel as die bouaannemer, en op 10 Junie 1961 is dié kerk in gebruik geneem. Destyds was dit amper die enigste gebou in ’n nuwe woonbuurt op Upington.

Omdat die gemeente in 1960 uit net 43 belydende en 32 dooplidmate bestaan het, is net die helfte van die gebou van banke voorsien wat ’n lidmaat, Abraham Viljoen, op sy plaas, 120 km van die dorp af, gemaak en dan na die dorp vervoer het. Die Kanselbybel was ’n geskenk van ds. M. Postma, leraar van die Gereformeerde kerk De Aar. ’n Lidmaat, Johannes Badenhorst, het die kanselstoel geskenk.

Die gemeentegrense beslaan ’n reusegebied en sluit onder meer ook die dorpe Aggeneys, Groblershoop, Kakamas, Kanoneiland, Keimoes, Kenhardt en Pofadder in.

Predikante

  1. Van der Westhuizen, W.J., 1960 – 1964
  2. Du Plooy, J.S., 1964 – 1966
  3. Van der Walt, dr. Francois, 1966 – 1970
  4. Steyn, dr. Diederick Johannes Schutte, 1972 – 1977
  5. Saayman, Willem Jacobus Kruger, 1978 – 1981
  6. Erasmus, Johannes Jacobus, 1981 – 1991 (aanvaar sy emeritaat)
  7. Venter, Archibald, 1991 – 2000
  8. Venter, Jan Daniël Philippus, 2001 – 2003 (sedertdien nie 'n voltydse predikant nie)

Bronne

Tags:

Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Hernubare energieSpookvoëlMenslike skeletN.P. van Wyk LouwBrasiliaanse nasionale rugbyspanAfrikaansPtolemeusKinkhoesWikisourceDie BylVarkAntjie KrogAngkor WatSean CombsSmall HandsEkostelselKewerTrappe van vergelykingJohan StemmetHoërskool NoordheuwelNoord-AmerikaOogproblemeSpelerposisies in rugbyProstaatklierVolkekundeEjakulasieOopbroninhoudKruisigingNic de JagerPlae van EgipteGeorgiëSwedeDoopVaginale kankerEuropese RugbykampioenskapNierversakingLys van elemente volgens simbool26 MaartOntbinding van die SowjetunieDundermVoorsetselKarpaletonnelsindroomCristiano RonaldoSuid-Afrikaanse InkomstediensMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaSleurkragJeugdagSesnasies-toernooiKrieketMusiekNederlandVingerseksLiturgiese jaarAnilingusAsynFiksieVoornaamwoordSuid-KoreaVratLibiëJudaïsmeDesiré GardnerLiewe HeksieKrampPapegaaieSaharaHartaanvalKalenderRepubliek ArtsachMenslike seksuele gedragHorlosie🡆 More