Gereformeerde Kerk Totiusdal

Die Gereformeerde kerk Totiusdal is ’n gemeente van die Gereformeerde Kerk (GKSA) in die ooste van Pretoria se Moot-gebied.

Dit sluit die woongebiede Queenswood en Waverley (waar die kerkgebou geleë is) in. Van belang vir die Gereformeerde Kerk is dat die Gereformeerde Skool Dirk Postma ook binne die gemeentegrense val.

Gereformeerde Kerk
Totiusdal
Gereformeerde Kerk Totiusdal
Vorige naam  Eloffsdal
Sluit in  Queenswood, Waverley
Klassis  Pretoria-Moot
Huidige predikant(e)  Jonker Venter
Belydende lidmate  380
Dooplidmate  130
Adres H.v. Spioenskopstraat en Starkeylaan, Waverley
Geskiedenis
Stigtingsdatum  20 Oktober 1957
Afgestig van  Eloffsdal-Wonderboom-Suid
Eerste predikant  W.J. de Klerk (1957–1963)
Gereformeerde Kerk Totiusdal
Die Gereformeerde kerk Totiusdal, kort na ingebruikneming op 6 Desember 1959.
Gereformeerde Kerk Totiusdal
Prof. en mev. J.D. du Toit (Totius). Maria du Toit, jongste kind van die stigter van die Gereformeerde Kerk, ds. Dirk Postma, het 'n seringboom, soos dié waaronder die Kerk in 1859 op Rustenburg gestig is, geplant tydens die inwyding van Totiusdal se kerk en die Kanselbybel geskenk.
Gereformeerde Kerk Totiusdal
Dr. Willem de Klerk, leraar van 1957 tot 1963.
Gereformeerde Kerk Totiusdal
Ds. Flippie Snyman, leraar van 1964 tot 1970.

Totiusdal het op 20 Oktober 1957 van die destydse Eloffsdal-Wonderboom-Suid (later Pretoria-Wonderboom-Suid genoem) afgestig. So vinnig was die vermeerdering van Gereformeerdes in dié omgewing destyds dat die Gereformeerde kerk Oos-Moot op 30 Julie 1966 kon afstig uit die westelike wyke van Totiusdal en die oostelike wyke van Eloffsdal-Wonderboom-Suid. Aanvanklik het Totiusdal eredienste gehou in die Hoërskool Oos-Moot se saal. ’n Eie kerkgebou is beplan op grond wat behoort het aan ds. S.J. du Toit, die vader van Totius. Daarom is besluit om die gemeente Totiusdal te noem.

In 1958 besluit die gemeente om ’n kerkgebou op te rig met Johan de Ridder, ’n lidmaat van die Gereformeerde kerk Pretoria-Sunnyside, as argitek. Hulle het gevra dat die gebou ’n gevoel van ruimte gee; ’n mens moes kon wegkyk die hoogtes in. Die gebou moes ’n sfeer hê met argitektoniese skoonheid. Ten einde die boukoste te bestry, het sen. Jan de Klerk, vader van die latere pres. F.W. de Klerk en self ’n seun van Dopperpredikant, ds. W.J. de Klerk, ’n lening by Avbob beding.

Die hoeksteen is op 13 Junie 1959, die GKSA se eeufeesjaar, gelê en die gebou is op 6 Desember 1959 in gebruik geneem. Die gebou het ’n leiklipdak wat steil na agter boontoe styg (die teenoorgestelde kant van die preekstoel), so tipies van De Ridder se kappiekerke of tentstyl. By die ingebruikneming van die kerk het mev. Maria (Marie) du Toit, n dogter van ds. Dirk Postma en eggenote van Totius, ’n seringboom geplant as simbool van die stigting van die Gereformeerde Kerk, ’n eeu vantevore onder ’n seringboom op Rustenburg, deur haar vader. Sy het ook die Kanselbybel geskenk.

Totiusdal se kerkgebou is die enigste in Pretoria met ’n klokkespel (kariljon) wat op bepaalde tye Psalm-melodieë speel.

Totiusdal het einde 1997 361 belydende en 118 dooplidmate gehad, maar einde 2014 onderskeidelik 303 en 80, ’n geringe afname vergeleke met baie Gereformeerde kerke elders in die land. 'n Jaar later het dit toegeneem tot onderskeidelik 329 en 85, 'n toename in die sieletal van 31, terwyl die Klassis Pretoria-Moot se sieletal met 97 afgeneem het.

Predikante

  1. De Klerk, dr. Willem Johannes, 1957 – 1963
  2. Coetzee, Petrus Johannes, 1962 – 1966 (sendingleraar in kombinasie met Innesdal en Eloffsdal-Wonderboom-Suid)
  3. Snyman, Philippus, 1964 – 1970
  4. De Jager, Johannes Jacobus, 1970 – 1976
  5. Van der Merwe, Wynand Jacobus, 1976 – 1988 (gaan oor na die Afrikaanse Protestantse Kerk)
  6. Vermaak, Salmon Pieter Johannes, 1988 – 2008
  7. Stavast, Hendrik Lammert, 2009 – 2020
  8. Noëth, Johannes Georg, 2014 – 2017

Bronne

Fotobeeld van die kerk

Eksterne skakels

Tags:

Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaGereformeerde Skool Dirk PostmaMootPretoria

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

JakkalsJesus van NasaretMichael JacksonGroot TrekLys van veltoestandeStereotipeLys van lande volgens bevolkingAfrikaanse WikipediaLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameVlag van Suid-AfrikaBywoordSteve HofmeyrSteenkoolKonsentrasiekampNaboomMaroela MediaBaälDie GelofteTrappe van vergelykingVerenigde State van AmerikaAfrikaanse Protestantse KerkMunhwa Broadcasting CorporationOranjerivierKorrupsieModeontwerpAnglo-BoereoorlogOorstromingGrondwet van Suid-AfrikaKrieketNeurenberg-verhoreDepressie (gemoedstoestand)TaalOvulasieVaste stofSophie SchollHarry KerrWaterbesparing in Suid-AfrikaDesmond TutuPapegaaieGoogle TranslateBalletMierSelfmoordAdolessensieNazi-DuitslandKunsmatige intelligensieNadia ValvekensGodApostelNamakwalandMosesSwitserlandBreingewasSonsteekOogproblemeSwartwitpensHartaanvalMagda van BiljonPinksterKlem-in-die-kaakRandall WicombWoestynVars waterLys van landeDemokrasieRobbie WesselsSkoenlapperMielieKernkragNierversakingRolprentVoegwoordDanie du ToitKhoikhoiSwart nasionalismeHart🡆 More