Gereformeerde Kerk Stilbaai

Die Gereformeerde kerk Stilbaai is die vierde jongste van die 20 gemeentes in die GKSA se Klassis Boland.

Einde 2015 was hier 116 belydende lidmate en 13 dooplidmate vir ’n sieletal van 129, die sewende kleinste van die gemeentes in die Klassis Boland. Einde 2011 was die syfers onderskeidelik 96 en sewe.

Gereformeerde Kerk
Stilbaai
Gereformeerde Kerk Stilbaai
Sluit in  Albertinia
Heidelberg
Jongensfontein
Riversdal
Stilbaai
Witsand
Denominasie  Gereformeerde Kerk
Klassis  Klassis Boland
Huidige predikant(e)  Peet Coetzee (hulpdiens)
Belydende lidmate  134
Dooplidmate  19
Adres Reservoirstraat
Platbos, Stilbaai
Geskiedenis
Stigtingsdatum  3 Maart 2002
Afgestig van  Mosselbaai
Eerste predikant  Geen
Gereformeerde Kerk Stilbaai
Die Gereformeerde kerk Stilbaai, Januarie 2017.
Gereformeerde Kerk Stilbaai
Nog 'n aansig van die kerkgebou.
Gereformeerde Kerk Stilbaai
Die kerk van voor gesien.

Die suidwestelike wyke van die Gereformeerde kerk Mosselbaai, afgestig van die Gereformeerde kerk George in 1985, het eers eredienste in die rolbalsaal op Stilbaai gehou. Later het hulle oorgeskuif na die Palinggatoord tot die Gereformeerde kerk Stilbaai in 2002 tot stand gekom het, een van agt Gereformeerde kerke wat tussen 1976 en 2006 aan die Wes-Kaapse kus tot stand gekom het.

Die gemeente het ’n erf van die NG gemeente Stilbaai gekoop en begin beplan aan ’n veeldoelige saalkerk. Dit is so beplan dat dit moontlik sal wees om dit later te ontwikkel tot ’n volwaardige kerkgebou. Die argitek was André Venter en die bouaannemer Daan Kruger, ’n lidmaat. Venter het opdrag gekry om die ontwerp van die gebou met die omgewing te laat inskakel en dit dus in ’n Kaaps-Hollandse of Hugenotestyl te beplan. Hiervoor is ’n gebou in die Hugenotestyl op Riversdal en nog ’n gebou as voorbeeld gedien.

Die kerkgebou is op 26 Maart 2004 voorlopig in gebruik geneem, waarna die amptelike ingebruikneming op 22 Maart 2005 plaasgevind het.

Die Gereformeerde kerk Stilbaai sluit, buiten die kusdorp waaraan sy naam ontleen is, ook die dorpe Albertinia, Heidelberg, Jongensfontein, Riversdal en Witsand in.

Predikante

  • Ds. Peet Coetzee (hulpdiens)

Bronne

Tags:

Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lika BerningRegardt van den BerghPornografiese subgenresKunsmatige intelligensieGodNederlandsAnneli van RooyenLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierGeslagsorgaanJeuksiekteKunsByvoeglike naamwoordHeliosfeerVoedingKoolhidraatSuid-KoreaKleinkolmuskeljaatkatWaterhertBoomFilosofieRina HugoProstaatkankerAsiëSterAfrikaansDanie du ToitDeelstate van die Verenigde State van AmerikaKrieketDramaMarita NapierOntkiemingKompasNamibiëGeelsugGalblaasElandréLys van veltoestandeLys van politieke partye in Suid-AfrikaTikTokSendelingposisieVolumeMuggieSamsung GroepTongVerenigde State van AmerikaMaagPiet ByleveldAllergie21 v.C.Nazi-saluutMisdaadGroot TrekMaanKanadese nasionale krieketspanAswoensdagErfenisdag (Suid-Afrika)Paarl GimnasiumGodsdiensWynsteenAntjie KrogToorbergNetaji Subhas Chandra Bose Internasionale LughaweW3COntsteking (geneeskunde)OutismeKrokus Stadsaal-aanvalAppelblaarFritz HaberLily CarterJohannes VermeerKlankverskynselsBakterie🡆 More