Gereformeerde Kerk Springs-Oos

Die Gereformeerde kerk Springs-Oos was die tweede gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) op die Oos-Randse dorp Springs maar is in 2012 by die die gemeente Springs ingelyf.

Gereformeerde Kerk Springs-Oos
Die Gereformeerde kerk Springs-Oos. Dit is die saamgestelde gemeente Springs se tuiste, terwyl Springs se kerkgebou aan 'n ander kerkverband verhuur word.

Die oostelike wyke van die Gereformeerde kerk Springs, wat in 1935 van Brakpan afgestig het, het in Desember 1967 afgestig as die Gereformeerde kerk Casseldale. Die beskikbare bronne vermeld nie presies wanneer die naam Springs-Oos geword het nie. Kort ná afstigting, in Mei 1968, is begin beplan aan die bou van ’n eie kerk. Dié gebou is op 19 April 1970 in gebruik geneem nadat dit opgerig is volgens die bouplanne wat ook gebruik is vir die Gereformeerde kerk Pretoria-Booysen.

In 1959, die eeufeesjaar van die GKSA, het die moedergemeente Springs 575 belydende lidmate gehad. Einde 1997 het hulle 253 getel en Springs-Oos s'n 261. Einde 2001 het die moedergemeente se lidmate toegeneem tot 264 en die Oos-gemeente s'n ietwat afgeneem tot 252, maar einde 2014, twee jaar nadat die gemeentes een geword het, was die totale getal belydende lidmate net 232. In sy hele 45-jarige bestaan het die gemeente net twee predikante gehad, van wie albei ook predikant van die moedergemeente was: dr. P.J.J.S. Enslin het voor sy koms hierheen Springs bedien (met 'n kort tussentyd as sendeling) en ds. L.H. van Schaik het van hier af na die moedergemeente gegaan.

Predikante

  1. Enslin, dr. Pieter Jacobus Johannes Stephanus, 1968–1976
  2. Van Schaik, Leonardus Hieronimus, 1976–2013, waarna Springs)

Bronne


Tags:

Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaGereformeerde kerk SpringsOos-RandSprings

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AardbewingVulvaSwart nasionalismeTennisJeugdagFiksieErfenisdag (Suid-Afrika)Klimaatsverandering in Suid-AfrikaGenadedoodAnrich HerbstDataverwerkingKoorsblaarVerkleurmannetjieRobbie WesselsApostoliese GeloofsbelydenisAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeDeelstate van die Verenigde State van AmerikaBTWNierProstaatkankerBloemfonteinTegnologieSoweto-opstandKernkragWiskundige terminologieRivierDansHoutValentynsdagPlae van EgipteRooikatBipolêre gemoedsteuringGoudMis (weerkunde)Nasionale VrouedagJan-Willem BreureMetaalVoegwoordWayde van NiekerkKoolhidraatLourensrivierLys van oseane, seë en mereMusiekteaterWalt DisneyUniegebouGNU/FDL-lisensieGNU-lisensie vir vrye dokumentasieJan de WetNederlandsSuid-Afrikaanse GrensoorlogSwaweldioksiedVoortrekkermonumentTuisbladSatellietfotoSkerpioenVergelykings (taalkunde)KlavierBeurtkragRassismeAardeDierHokkieLetterlike en figuurlike taalgebruikEngelsDiarreeDaggaJodePlantKonjunktivitisSaartjie BaartmanAppelMuskietWaar ruwe rotse🡆 More