Gereformeerde Kerk Secunda

Die Gereformeerde kerk Secunda is die enigste oorblywende van die drie gemeentes van die GKSA wat tussen 1964 en 1981 op Evander en Secunda in Mpumalanga ontstaan het.

Secunda, wat nou Charl Cilliers, Evander, Kinross, Trichardt en Secunda insluit, het in 2015 638 belydende en 126 dooplidmate gehad, vergeleke met 713 en 178 in 2011. In 1997 het sy samestellende dele, Secunda, Secunda-Oos en Evander, se belydende lidmate 829 belydende en die dooplidmate 439 getel.

Gereformeerde Kerk
Secunda
Gereformeerde Kerk Secunda
Sluit in  Evander
Kinross
Secunda
Trichardt
Klassis  Piet Retief
Huidige predikant(e)  Carel Jansen
In kombinasie met  Eendracht
Belydende lidmate  494
Dooplidmate  94
Adres H.v. Goedehoop- en
Bosjesspruitstraat
Secunda
Geskiedenis
Stigtingsdatum  10 Mei 1979
Afgestig van  Evander
Eerste predikant  N.W. Ligthelm 1979–1986

Met die ontwikkeling van Sasol 2 het ’n nuwe dorp, Secunda, amper oornag ontwikkel. Die Gereformeerde lidmate het eers in skoolsale op Evander, noordwes van Secunda, bymekaargekom waar die Gereformeerde kerk Evander reeds in 1964 gestig is en ook Kinross ingesluit het. Die lidmaattal op Secunda het vinnig vermeerder sodat die behoefte aan ’n eie kerkgebou daar ontstaan het. Die kerkraad van Evander het die argitek Johan de Ridder, ’n lidmaat van die Gereformeerde kerk Pretoria-Sunnyside, aangestel om die gebou te ontwerp, maar kort voor die bouwerk sou begin, moes die ontwerp verander word omdat die dik kleilaag nie geskik was vir die beplande gebou nie. De Ridder het toe ’n tentvormige ontwerp voorgestel met ’n stewige staalstruktuur wat diep geanker sou wees en die hele gebou sou stut. M.V.R. Jurgens is as bouaannemer aangestel.

Op 21 Maart 1979 is die eerste sooi gespit en op 10 Mei 1979 het die Gereformeerde kerk Secunda van Evander afgestig. Ses maande later het ds. N.W. Ligthelm die Secunda-kerk se hoeksteen gelê. Met die inwyding van dié gebou op 14 Maart 1980 was dit die eerste kerkgebou op die nuwe dorp. In 2006, met die inlywing van die gemeente Secunda-Oos by Secunda, moes ’n galery ingebou word om al die lidmate te akkommodeer.

Predikante

  1. Ligthelm, Nicolaas Willem, 1979 – 1986 (oorgekom vanaf Evander)
  2. Breed, Casper Jan Hendrik, 1986 – hede
  3. Jansen, Carl Albert, 2006 – hede

Bronne

Tags:

Charl CilliersEvanderGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaGereformeerde kerk EvanderGereformeerde kerk Secunda-OosKinrossMpumalangaSecundaTrichardt

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

WerkloosheidHamburgerKultuurDigvormTrekarbeidStokely CarmichaelGrondFacebookMiltSteenkool in Suid-AfrikaMenseregtedagSoweto-opstandOutismeVaste stofCheslin KolbeSuid-Afrika-WetHeupvervangingJo BlackMielieTweede WêreldoorlogMangelontstekingDemokratiese AlliansieKlavierWikipediaKoperAnneli van RooyenHartversakingEngelandMaatskaplike verantwoordelikheidNoag se arkTermiese geleidingsvermoëVergelykings (taalkunde)Marie AntoinetteMigrasie van diereVoëlDistillasieOmtrek, oppervlakte en volumeArmoedeRenaissanceWeervoorspellingDwelmmiddelSkildklierSeevlakD.J. OppermanFinansiële staatLimfvatstelselGipsGevolge van aardverwarming op oseaneNelson MandelaCounter-Strike 2Meningsverskil oor aardverwarmingMeervoudBank (finansiële instelling)AardkorsVoegwoordNasionale PartyEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaKoorsWelwitschiaMasturbasieVerkoueDesmond TutuInnes en Franna BenadéAanpassingskapasiteitKasteel die Goeie HoopKappie (skryfteken)TsoenamiPersoonlikheidElandréVioolBeesSprokieUitwerking van klimaatsveranderingGroot Trek🡆 More