Gereformeerde Kerk Sasolburg

Die Gereformeerde kerk Sasolburg is die tweede oudste van die 12 gemeentes in die GKSA se Klassis Vaalrivier

Gereformeerde Kerk
Sasolburg
Gereformeerde Kerk Sasolburg
Sluit in  Kragbron
Sasolburg
Taaibos
Klassis  Vaalrivier
Huidige predikant(e)  Marcel Floor
Belydende lidmate  197
Dooplidmate  34
Adres Faickneystraat 3
Sasolburg
Geskiedenis
Stigtingsdatum  23 Oktober 1954
Afgestig van  Vanderbijlpark
Eerste predikant  Smit, Alwyn Schalk (1958–'94)
Gereformeerde Kerk Sasolburg
Die Gereformeerde kerk Sasolburg.

Dis een van drie gemeentes van dié kerkverband wat tussen 1954, die dorp se stigtingsjaar, en 1983 op Sasolburg gestig is: Vaalpark en Sasolburg-Grootfontein het albei in 1983 tot stand gekom, maar laasgenoemde het ná net 11 jaar weer deel geword van die gemeente Sasolburg. Van die NG Kerk is sewe gemeentes tussen 1954 en 1976 hier gestig, maar Sasolburg, Sasolburg-Wes en -Noord het in 2000 saamgesmelt as Sasolburg-Vier Ankers. Van die Nederduitsch Hervormde Kerk is hier ook, soos van die Gereformeerde, eindelik drie gemeentes gestig wat almal nou (2016) nog bestaan: Sasolburg, gestig op 29 Junie 1954, het in 2014 ’n sieletal van 506 gehad, Sasolburg-Suid, gestig op 28 Julie 1971 met toe ’n sieletal van 245, en Vaalpark, gestig op 2 Augustus 1987 en met toe ’n sieletal van 300.

Diaken Bert Fivaz het die predikant wat vir dienste in die gebied verantwoordelik was, aan die begin per roeiboot oor die Vaalrivier gebring. Huisbesoek is per perdekar gedoen saam met oudl. Hennie Grové. Op 23 Oktober 1954 het die Gereformeerde kerk Sasolburg van die Gereformeerde kerk Vanderbijlpark afgestig. Die eerste ses maande lank is dienste in die ou Menasiesaal gehou en later in die Sasolklubsaal.

In 1956 kon die gemeente haar eie kerksaal in gebruik neem, maar 13 jaar later was dit te klein en is besluit om ’n kerk te bou. Die argitek was B.W. Oosthuizen. Hy het die nuwe gebou so ontwerp dat dit saam met die saal ’n eenheid vorm. Ds. A.S. Smit het die hoeksteen van die kerk in 1973 gelê. Dié hoekige gebou met sy vierkantige betontoring is in 1974 in gebruik geneem. Regs van die preekstoel is ’n paneel deur die kunstenaar G. Hagge wat ’n gemeente in ’n nywerheidstad uitbeeld. Loodglaswerk voor die kansel, gemaak deur Charlotte Bester, beeld weer die Drie-eenheid uit.

Die gemeente het in 1960 274 belydende en 205 dooplidmate gehad, in 1997, sowat drie jaar ná die inlywing van Sasolburg-Grootfontein, 508 en 221 en in 2015 166 en 25, vergeleke met 233 en 42 vier jaar vantevore.

Predikante

  1. Smit, Alwyn Schalk, 1958 – 1994 (aanvaar sy emeritaat)
  2. Kruger, Jan Adriaan, 1979 – 1981
  3. Verhoef, Gabriël Cornelis, 1994 – 2002 (oorgekom vanaf Sasolburg-Grootfontein)
  4. Prinsloo, Wilhelem Francois, 1995 – 1999
  5. Schutte, Johan Ali, 2002 – 2015, emeriteer op 29 November 2015
  6. Floor, L.M. (Marcel), 2017 – hede

Bronne

Tags:

Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

WebjoernaalBesoedelingMolekuulStedelike hitte-eilandVerlede tydEmo AdamsKlimaatveranderingWoordsoortChemiese reaksieHindoeïsmeMiltNiersteenNarsistiese persoonlikheidsteuringHolocaustEskomDiatomiese molekuulVratRumatiekNeonBrandmondsindroomSwartrenosterHoofstadGeelsugAppel (sanger)Jode in Suid-AfrikaKwame NkrumahOraniaOrale seksReënvalbepalingKewerJan van TonderKookpuntKartografieNuwe TestamentHeuningbyGoudkus (streek)KoerantAalwynAborsieSeksuele penetrasieGevolge van aardverwarming op oseaneMetafoorBeroerteGemeenskapsorganisasieSwart mensePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaSowjetunieBek-en-klouseerLeierDirekte en Indirekte redeWet op Bantoe-onderwysBreinkaartSkooluniformToerismeWikiLandbou22 AprilViëtnamoorlogOmgewingskwessies in Suider-AfrikaAfvalbestuurSteenkoolVoegwoordKondensasieBoer Soek 'n VrouStaalVerenigde State van AmerikaAlliterasieMenslike seksuele gedragBewussynSwangerskapAkroniemWetenskapOnderhandelinge om apartheid te beëindigHaelDoop🡆 More