Die Gereformeerde kerk Sanveld is die jongste van die 14 gemeentes in die GKSA se Klassis Etosha, wat uitsluitlik uit Namibiese gemeentes bestaan.
Daar is egter altesaam 18 Gereformeerde kerke in dié land, maar vier het afgeskei.
Die gemeente is in 2009 gestig as uitvloeisel van die Gereformeerde Kerke se sendingwerk onder die San in die ooste van Namibië. Lidmate kom vir eredienste bymekaar in die Primêre Skool Hippo op die plaas Hippo in die omgewing van Drimiopsis, sowat 40 km noord van Gobabis in die Omahekestreek. Die belydende lidmate het einde 2015 150 getel en die dooplidmate 422 vir ’n sieletal van 572, die grootste Gereformeerde gemeente in Namibië, hoewel vyf gemeentes meer belydende lidmate gehad het.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Gereformeerde kerk Sanveld, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.