Gereformeerde Kerk Rustenburg-Oos

Die Gereformeerde kerk Rustenburg-Oos was die laaste van die vier Afrikaanse gemeentes van die GKSA wat tussen 1859 en 1975 in Rustenburg, Noordwes, gestig is.

Die Gereformeerde kerk Rustenburg-Noord het van die sestigerjare af gedurig gegroei, hoofsaaklik vanweë die bedrywighede van die platinummyne. In 1974 was daar 704 belydende en 482 dooplidmate. Al het dié lidmate baie gewissel, soos gewoonlik die geval is in ’n myngemeenskap, het die moedergemeente dit goed gedink om die Gereformeerde kerk Rustenburg-Oos in November 1975 af te stig.

Die afstigtingsooreenkoms het bepaal dat die Noord-gemeente die helfte van sy eiendom se waarde aan die Oos-gemeente sou uitbetaal. Vanaf Maart 1976 het lidmate in die Laerskool Dawid Brink vir eredienste byeengekom. ’n Pastorie was die eerste behoefte en is in 1977 voltooi nadat die gemeente as eienaarbouer opgetree het.

Die onbestendigheid van die mynbou het kerkbou lank gestrem. Ds. W. Venter het omstreeks 1980 ’n groot aandeel gehad in die bou van ’n moderne kerk op die hoek van Dawes- en Wolmaransstraat. Rustenburg-Oos is egter ’n bestaan van net 18 jaar gegun, want weens veral die veranderende demografiese samestelling van die woonbuurte binne sy grense, het dit noodsaaklik geraak om saam te smelt. Die nuwe kerkgebou is toe aan die Ou Apostels verkoop in 1993 het Rustenburg-Oos met Rustenburg-Noord saamgesmelt as die Gereformeerde kerk Rustenburg-Noordoos. Die saamgestelde gemeente gebruik die kerkgebou van die ou Rustenburg-Noord op die hoek van Klopper- en Lukasstraat.

Predikante

  1. Venter, Willem, 1976 – 1984
  2. Badenhorst, Lourens Jurie, 1985 – 1993 (waarna Rustenburg-Noordoos tot hy sy emeritaat aanvaar in 2001)

Bronne

Tags:

Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaNoordwesRustenburg

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van Afrikaanse skrywersDroogteLys van elemente volgens simboolWet op NaturellengrondSwart menseMenseregtedagVersamelnaamDrakensbergeDermpoliepHoofpynAbsolute monargieMusieksimboleVlag van Suid-AfrikaNatuurrampDriedimensioneelCholeraCheslin KolbeHartseerSeksismeVerkleurmannetjieKaapse florarykSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Napoleon BonaparteKlereLys van bekende Suid-AfrikanersKaapstadAfkortingKinderregteKaapse Vlakte1990Kunsmatige algemene intelligensieRenteBank (finansiële instelling)Wêreld- Ekonomiese ForumVerstedelikingWoestynBek-en-klouseerVraag en aanbodFotosinteseDramaKrygkorGautengWeer (meteorologie)Menslike seksuele gedragAfrikanerweerstandsbewegingMiljardBywoordProvinsies van Suid-AfrikaLys van Afrikaanse televisiereekseSaartjie BaartmanVoorvoegselJudaïsmeDemografie van Suid-AfrikaEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaGeelhoutKonjunktivitisBlourokkeGrondVerantwoordelikheidJaco JacobsDistrik SesMane van GalileiMoslemInternetSosiale mediaPampoentjiesJeanette FerreiraInstagramIngrid JonkerSomerMeningsverskil oor aardverwarmingBybelAssonansieAngssteuringMetafoorKlimaatsverandering in Suid-AfrikaNatuurbewaring🡆 More