Gereformeerde Kerk Rooihuiskraal

Die Gereformeerde kerk Rooihuiskraal is ’n gemeente in die Gereformeerde Kerk (GKSA) se Klassis Pretoria-Suidwes.

Die jongste gemeente in dié klassis met oorwegende Afrikaanssprekende lidmate en, volgens die sieletal, die derde grootste gemeente naas Rietvallei en Centurion.

Gereformeerde Kerk
Rooihuiskraal
Gereformeerde Kerk Rooihuiskraal
Sluit in  Amberfield
Halfweghuis-lanbouhoewes
Heuweloord
Midstream Estates
Rooihuiskraal
Rooihuiskraal-Noord
Thatchfield
The Reeds
Stoneridge
Wierdapark X2
Klassis  Pretoria-Suidwes
Huidige predikant(e)  Riaan Andersen
Belydende lidmate  432
Dooplidmate  124
Adres Petrelweg 44
Rooihuiskraal
Geskiedenis
Stigtingsdatum  1988
Afgestig van  Wierdapark
Eerste predikant  Willem Kotze (1988–hede)
Gereformeerde Kerk Rooihuiskraal
Die Gereformeerde kerk Rooihuiskraal is op 1 Februarie 2004 in gebruik geneem.
Gereformeerde Kerk Rooihuiskraal
Di. Dreyer Potgieter (links) en Willem Kotze was onderskeidelik van 2008 tot 2016 en van 1988 tot 2020 predikante van die gemeente.

Rooihuiskraal het in 1988 (net drie jaar ná die NG gemeente Rooihuiskraal se stigting) van Wierdapark afgestig, wat op sy beurt in 1973 (drie jaar voor die NG gemeente Wierdapark se stigting) van die Gereformeerde kerk Voortrekkerhoogte afgestig het. Aan die begin is die eredienste in verskillende skoolsale gehou. Die kerkgebou is onder leiding van die argitek Tertius Horak beplan as ’n doelmatige gebou wat gebruik sou kon word vir meer as net formele eredienste. Die eerste gemeentebyeenkoms in dié nuwe gebou was op 30 November 2003, 15 jaar ná afstigting, maar die amptelike ingebruikneming was eers op 1 Februarie 2004.

Aangesien die gemeente veeldoelig is, kan dit ook deur die loop van die week gebruik word. Daar is dan ook nie vaste kerkbanke nie, maar los stoele. Die preekstoel is ook so ontwerp dat dit rondgeskuif kan word op ’n mobiele verhogie.

Rooihuiskraal het einde 1997 'n sieletal van 776 gehad van wie 299 dooplidmate was, einde 2001 was dit 818, van wie 301 dooplidmate was, maar einde 2014 684, van wie net 165 dooplidmate was. Dié afname in die kindertal is waarskynlik daaraan te wyte dat baie van die egpare met jong kinders wat hulle in die beginjare van die woonbuurt hier kom vestig het, hier gebly het namate die kinders groter geword en eindelik die huis verlaat het.

Naas die voorstad Rooihuiskraal, beslaan die gemeente onder meer ook Brooklands Estates, die kleinhoewes van Halfweghuis, Heuweloord, Midstream Estates, The Reeds en Wierdapark X2.

Predikante

  1. Kotze, Willem Gysberth McDonald, 1988 – 2020 (oorgekom vanaf moedergemeente, Wierdapark)
  2. Potgieter, Jasper Dreyer, 2008 – 2016 (aanvaar 'n beroep na die Gereformeerde kerk Meyerspark)
  3. Andersen, Christiaan, 2021 – hede

Bronne

Eksterne skakels

Tags:

AfrikaansGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaGereformeerde kerk CenturionGereformeerde kerk Rietvallei

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Seksuele stimulasieTweede WêreldoorlogPalmsondagVulvaVerkleurmannetjieSonsteekAardePersentasieDiepaartromboseVyfsterMenseregteGrasfamilieJohannesburgAkuutSmaakKlein vyf diereDrie SusterskerkeLimfvatstelselSonsverduisteringFamilie (verwantskap)Lys van Afrikaanse rolprenteLRepubliek ArtsachDoziBrasiliëByvoeglike naamwoordAmalia UysWhitey BassonLionel MessiDramaMasturbasiePaarl GimnasiumErnstige akute respiratoriese sindroom koronavirus 2Gianna MichaelsSlaapapneeDuitse perdebyWeer (meteorologie)BosluisbytkoorsLys van veltoestandeAdolf HitlerW3CElandréKanadese nasionale krieketspanSlag van BloedrivierSaharaJoodse kalenderMadison IvyVleesbaaiMoslemAfrikaMenslike penisgrootteZack du PlessisXhosaPaddaPersErfenisMamelukOrtopediePubiese hareEuropese UnieVoornaamwoordSpookvoëlWaterpokkiesNierTandbederfSeksposisieOogproblemeKoggelmander🡆 More