Gereformeerde Kerk Potgietersrus-Wes

Die Gereformeerde kerk Potgietersrus-Wes was die tweede gemeente van die GKSA op die dorp Mokopane in die provinsie Limpopo.

Einde 2015 het die gemeente 146 belydende en 27 dooplidmate gehad, vergeleke met die moedergemeente se 268 en 64.

Gereformeerde kerk
Potgietersrus-Wes
Gereformeerde Kerk Potgietersrus-Wes
Sluit in  Mokopane (deels)
Sterkrivier
Uitkyk
Klassis  Limpopo
Huidige predikant(e)  Vakant
Belydende lidmate  78
Dooplidmate  10
Adres Ruiterweg 31
Mokopane
Geskiedenis
Stigtingsdatum  Mei 1974
Afgestig van  Potgietersrus
Eerste predikant  D.L. de Beer 1974–1976
Gereformeerde Kerk Potgietersrus-Wes
Die vyftigjarige bestaansviering van die Gereformeerde Kerk Potgietersrus, 1978. Van links: Mev. R. Venter, ds. P.J. Venter, mev. Van Ryssen, ds. J.W.J. van Ryssen, mev. (ds.) G.B.S Pasch, mev. De Vos, ds. W. de Vos, mev. De Beer en ds. D.L. de Beer.
Gereformeerde Kerk Potgietersrus-Wes
Dr. D.R. Fouché in sy laaste jaar aan die TSP, 1971. Hy was predikant hier van 1985 tot 1996, sy laaste gemeente.

Potgietersrus-Suid het in Mei 1974 van die Gereformeerde kerk Potgietersrus afgestig. Dié twee gemeentes deel sedertdien die moedergemeente se siersteenkerk, ontwerp deur Hendrik Vermooten en ingewy op 8 November 1952.

Ontbinding

Op die kerkraadsvergadering van 25 Mei 2022 is besluit dat die gemeente as gevolg van verskeie redes nie meer kon voortbestaan nie. Die Klassis Contracta (bestaande uit GK Potgietersrus-Wes, Pietersburg, Laeveld en Pietersburg-Noord) het op 16 Augustus 2022 vergader en ná ’n deeglike ondersoek na alle relevante sake, aanbeveel dat daar voortgegaan kan word met ontbinding. Op 28 Augustus 2022 het die konsulent, ds. Sarel Venter, met advies van die Klassis Contracta, die ontbinding gefasiliteer deur die laaste Nagmaal te bedien, ontslag aan die kerkraadslede toe te staan en al die attestate asook opsê van lidmaatskap te lees.

Predikante

  1. De Beer, Dewald Lambertus, 1974 – 1976
  2. Mulder, Pieter Willem Adriaan, 1977 – 1985
  3. Fouché, dr. Daniël Rudolph, 1985 – 1996 (aanvaar sy emeritaat)
  4. Kruger, Leon, 1996 – 2002
  5. Bain, Ronald Alexander, 2003 – 2007
  6. Venter, Maarten Petrus Albertus, 2008 – 2011

Bronne

Tags:

Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaGereformeerde kerk PotgietersrusLimpopoMokopane

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ArmoedeRiviersonderendOmgewingsbeheerBysteekHoenderMuscat Internasionale LughaweTropiese reënwoudMoslemBeesSeksposisieJosef StalinPornografiese akteurIndustriële RevolusieGrondwet van Suid-AfrikaKultuurNiersteenKommaRenosterKolorektale kankerLeierSlakSuid-Afrikaanse ReserwebankMorfeemRoosSuid-AfrikaStereotipeAfkappingstekenDolfynOutismeLetterkundeWaterSwartrenosterNederduitsch Hervormde KerkBestuiwingJohannesburgBloeddrukUitstelKwitansieLanseria-lughaweTrappe van vergelykingAfrikanersHaaieMiddeloorontstekingRegeringCeresBynierWoordsoortProvinsies van Suid-AfrikaNAVOWiskundeGewone seekatPneumatikaKoolstofdioksiedGautengChristendomLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaLetterlike en figuurlike taalgebruikAgtervoegselHidroulikaVurkhyserElandréVrouGlobaliseringWerwelkolomEpilepsieIndiëOrganisasie sonder winsoogmerkSeekatStudievaardighedePleonasmeSonPornhub🡆 More