Gereformeerde Kerk Potchefstroom-Suid

Die Gereformeerde kerk Potchefstroom-Suid is een van 10 gemeentes van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika in die universiteitstad Potchefstroom.

Die gemeente het einde 2015 165 belydende en 42 dooplidmate gehad vergeleke met 191 en 29 vyf jaar vantevore.

Gereformeerde Kerk Potchefstroom-Suid
Ds. A.S.L. Minnaar, die leraar van 1970 tot 1991, die laaste van sy drie gemeentes.

Hoewel dit met sy stigting reeds die vyfde Gereformeerde gemeente op Potchefstroom was, is dit sedert 2011 die derde Afrikaanse weens die samesmelting van Potchefstroom-Noord (gestig in 1949) en Noordbrug (1957) in daardie jaar as die Gereformeerde kerk Potchefstroom-Die Bult. Die Gereformeerde kerk Potchefstroom het al in 1859, die stigtingsjaar van die kerkband, tot stand gekom en die Gereformeerde kerk Ikageng in 1954.

Potchefstroom-Suid het op 8 Oktober 1961 van die moedergemeente afgestig. Laasgenoemde het in die vorige jaar ’n sieletal van 1 030 gehad, Potchefstroom-Noord 811 en Noordbrug 651. Aan die begin is eredienste in die M.L. Fick-skoolsaal gehou, maar ’n lidmaat, Willie Kotze, het namens die gemeente ’n aanbod van R65 000 gemaak vir die NG gemeente Potchefstroom-Suid se ou kerkgebou. Die NG kerkraad het die aanbod aanvaar en met die bruidskat wat die dogter van die ou moeder ontvang het, kon sy die perseel aankoop.

Byna 10 jaar lank is dié gebou gebruik, maar later het die gemeente beplan vir ’n groter gebou. Die vrouelidmate het geld vir ’n orrel ingesamel en dis aangekoop selfs nog voor die kerkgebou gebou is. Die orrel is toe voorlopig in die ou gebou, ’n tipies eenvoudige saalkerk, geïnstalleer.

Op 28 April 1973 is die nuwe kerkgebou plegtig in gebruik geneem. Die gebou se ontwerp is uitsonderlik deurdat die dak soos ’n tentdoek oor die struktuur span. Die steenwerk, staalkonstruksie en houtwerk smelt saam om die gebou akoesties uitstekend, temperatuurgewys gematig en ligsensitief te maak. Die ou gebou is toe omskep in ’n saal met ’n moderne kombuis en koelkamer. ’n Pastorie is ook op die perseel gebou. Die Pastorie is verkoop (jaar onbekend) en die Konsistorie en Katkisasie lokale is omskep in 'n nuwe pastorie in.

Predikante

  1. Van der Bijl, Hinne, 1962 – 1969
  2. Minnaar, Andries Stephanus Lourens, 1970 – 1991 (aanvaar sy emeritaat)
  3. Howell, dr. Jacobus Hercules, 1991 – 1997
  4. De Klerk, dr. Theunis Christiaan, 1998 – 2005
  5. De Kock, Servaas Daniël, 2005 – 2017
  6. Vakant, 2017 - 2019
  7. Verryn, David Hendrik 2020-hede

Bronne

Tags:

Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaPotchefstroom

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HorlosieTandbederfEkologieMadison IvyVoedselkettingAardrykskundePeriodieke tabelAlgemene bestuur as sakefunksie in ondernemingsAapPerdPikkewynKorrupsieHindoeïsmeGewone breukeBrongitisMuilGemeenskapsorganisasieAfkappingstekenHomoniemRegeringSuid-Afrikaanse pondMuishondMuggieBoomAlice, Oos-KaapSaharaKatTheuns JordaanAfrikaanse WikipediaUilNoordelike HalfrondEreksieBiologieStres in hoërskoolWitrenosterLiggaamlike OpvoedingNederlandNoord-AmerikaDaggaBrugKolonoskopieTelwoordBreinvliesontstekingLiefdeAnorexia nervosaOnomatopeeKoraalrifByvoeglike naamwoordHomofoonWes-KaapVoorvoegselVakwerkboogbrugRoosVakbondErfenisdag (Suid-Afrika)AktuarisNaaldekokerVerbruikerWebjoernaalLys van onkruid in Suid-AfrikaMosambiekse spoegkobraNoot vir NootNederduitsch Hervormde KerkAngina pectorisBeweegbare brugAsiëGesonde dieetAngssteuringGautreinDeelwoordHumansdorpLys van Joodse feeste en herdenkingsKrieketAfkortingProteaMynbou🡆 More