Gereformeerde Kerk Oranjerivier

Die Gereformeerde kerk Oranjerivier is die jongste van die twee gemeentes van die GKSA wat op die Noord-Kaapse dorpie Orania gestig is.

Die ander, Gereformeerde kerk Orania, is in 2002 gestig, maar het die kerkverband later verlaat.

Gereformeerde Kerk
Oranjerivier
Gereformeerde Kerk Oranjerivier
Sluit in  Orania
en omgewing
Denominasie  Gereformeerde Kerk
Klassis  Burgersdorp
Huidige predikant(e)  Ronald Bain
Belydende lidmate  76
Dooplidmate  29
Adres Sysaal van
Gemeenskapsaal
Orania
Geskiedenis
Stigtingsdatum  22 Mei 2005
Afgestig van  Kimberley
Eerste predikant  H.W. Schutte 2007–2010
Gereformeerde Kerk Oranjerivier
Ds. H.W. Schutte, leraar van 2007 tot 2010 (in kombinasie met De Aar en Strydenburg).

Lidmate in die omgewing van Orania het eers onder die Gereformeerde kerk Strydenburg en toe onder die Gereformeerde kerk Philipstown geressorteer. Eersgenoemde het in 2014 ontbind toe daar net 13 belydende en drie dooplidmate oorgebly het terwyl laasgenoemde in 2016 die kleinste gemeente in die Klassis Burgersdorp was met 18 belydende maar geen dooplidmate nie. Op Orania is ’n Gereformeerdekerkkommissie gestig tussen die Gereformeerde, Nederduitse Gereformeerde en Hervormde Kerk. Hierdie kommissie het gereël dat elke kerkverband afwissel vir die eredienste verantwoordelik was. Later het Orania ’n wyk van die Gereformeerde kerk Kimberley geword. Op 22 Mei 2005 het die Gereformeerdes op Orania wat nie tot die Gereformeerde kerk Orania behoort het nie, afgestig as die Gereformeerde kerk Oranjerivier.

Nes die gemeente Orania het Oranjerivier nie ’n eie kerkgebou nie, maar hou eredienste in die plaaslike gemeenskapsentrum. Oranjerivier se belydende lidmate het van 2011 tot 2015 toegeneem van 23 tot 42 en die dooplidmate van 11 tot 23, terwyl Orania se belydende lidmate toegeneem het van 24 tot 26, maar die dooplidmate afgeneem het ses tot vyf.

Predikante

  1. Schutte, Hendrik Willem, 2007 – 2010 (in kombinasie met De Aar en Strydenburg)
  2. Le Roux, Jacobus Petrus, 2010 – 2012 (in kombinasie met De Aar, Strydenburg en Philipstown)
  3. De Kock, Jacobus Johannes, 2014 – 2019
  4. Bain, Ronald, 1 Februarie 2020 – hede

Bronne

  • (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Vogel, Willem (red.). 2015. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2016. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Tags:

Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaGereformeerde kerk OraniaNoord-KaapOrania

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MisdaadNicole StraussReënspinnekopPornografiese akteurSeksuele opwekkingSatellietfotoSeevlakKoue OorlogVulvaMonoloogHerfsWithaaiDemi Lee MooreSelfmoordViëtnamoorlogMarsMaanUnie van Suid-AfrikaKindermishandelingGevolge van aardverwarming op oseaneLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Vraag en aanbodRomanLettergreepSelfvertroueLys van bekende Suid-AfrikanersNeerslagLeah van NiekerkPankreasPaasfeesCovid-19-pandemieWisselkoersVioolHondDermpoliepPuberteitStadGroot TrekSydneyNaaldekokerVerenigde State van AmerikaThe CranberriesGipsWaterkringloopHorlosieSeisoenNapoleon BonaparteSkrywerSokkerD.J. OppermanAardverwarmingVervoerCalviniaDeelwoordKunsRooikatMenseregteNoag se arkMaagsweerDesimale breukeMynbedryf van Suid-AfrikaWaarheid-en-versoeningskommissieDiatomiese molekuulKrokodilTuberkuloseNedersettingVrystaatSuurstofTienie HollowayGeskiedenis van AfrikaansWaterWieg van die MensdomPseudowetenskapBTWAfrikaanse woordelys en spelreëlsRudi ClaaseVersamelnaamFamilie (verwantskap)🡆 More