Gereformeerde Kerk Noord-Oosrand

Die Gereformeerde kerk Noord-Oosrand is ’n klein gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika met sy middelpunt op die landbouhoewes oos van Kempton Park en noord van Benoni.

Gereformeerde Kerk Noord-Oosrand
Die kerkgebou, einde 2017.
Gereformeerde Kerk Noord-Oosrand
Die Gereformeerde kerk Noord-Oosrand is op 9 Desember 1961 ingewy. Dié foto is waarskynlik omstreeks daardie tyd geneem.
Gereformeerde Kerk Noord-Oosrand
Ds. H.W. Schutte, leraar van 2010 tot '12.

Die kerkgebou is geleë by Wattleweg 34, Petit,. Die gemeentegrense sluit gebiede in soos Bredell, Brentwoodpark, Cloverdene, Crystalpark, Fairleads, Goedeburg, Nestpark, Putfontein, Slaterville en Zesfontein in. In dieselfde omgewing is die NG gemeente Zesfontein in 1952 gestig en ’n gelyknamige gemeente van die Nederduitsch Hervormde Kerk op 31 Oktober 1967. Van 2000 tot einde 2014 het die Gereformeerde kerk Noord-Oosrand se belydende lidmate van 231 tot 90 afgeneem, die NG gemeente Zesfontein s’n van 382 tot 250 en die Hervormde gemeente s’n van 323 tot 137.

Noord-Oosrand is in 1955 afgestig, blykbaar van sowel Kemptonpark as Benoni. Eers nadat Kemptonpark die wyke Bredell en Pomona in 1961 aan Noord-Oosrand afgestaan het, kon die kerkraad met die beplanning van ’n eie kerkgebou begin, want tot in daardie stadium het die belydende lidmate net sowat 140 getel. Hoeveel lidmate in 1961 oorgekom het, is nie bekend nie. Op 24 Julie 1961 het die kerkraad besluit om ’n kerkgebou op te rig. Gerrie Opperman van Kempton Park is as bouaannemer aangestel. Die gebou is opgerig volgens die oorspronklike plan van die Gereformeerde kerk Pretoria-Sunnyside. Ds. J.C. Kruger het die hoeksteen op 30 September 1961 gelê en op Saterdag 9 Desember 1961 om drieuur is die nuwe kerk amptelik ingewy.

Die katkisasiekinders van Cloverdene het ’n Kanselbybel geskenk wat vandag dekades later nog in gebruik was. Prof. S.J. du Toit het die kerk oopgesluit. Oudl. P.J. Venter het die Kanselbybel in ontvangs geneem en dit op die preekstoel geplaas. Daarna het prof. Du Toit ’n rede gelewer na aanleiding van Jeremia 7:4 (b) en 14 (a).

Terwyl die afstaan van Bredell en Pomona deur Kemptonpark dit vir Noord-Oosrand moontlik gemaak het om ’n kerk te bou, was dit deur die afstaan van Brentwoordpark en Kleinplasie deur Benoni in 1963 dat die kerkraad die eerste keer selfstandig kon beroep. ’n Pastorie is langs die kerk gebou. Op 7 April 1963 het die kerkraad ds. B.D.C. Prinsloo van die kombinasie Maclear-Elliot beroep. Hy het die beroep aangeneem, maar is eers vier maande later bevestig, wat die gemeente kans gegun het op die pastorie klaar te bou.

Predikante

  1. Opperman, Johannes Marthinus, 1956–1959 (in kombinasie met Edenvale)
  2. Prinsloo, Barend Daniël Cornelius, 1963–1969
  3. Grobler, Hermanus Marthinus, 1969–1974
  4. Van der Schyff, Jan Adriaan Venter, 1974–1978
  5. Tiemensma, Eduard Jacob, 1979–1990
  6. De Villiers, Izak Jacobus Johannes, 1990–1993
  7. Smith, Gerhard, 1993–1994 (verlaat die bediening)
  8. Coetzee, Gideon Christiaan, 1995–2003
  9. Van der Walt, dr. Sarel Petrus, 2005–2007
  10. Schutte, Hendrik Willem, 2010–2012

Bronne

Eksterne skakels

Tags:

BenoniGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaKempton Park

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KLugbesoedelingKoerantKolorektale kankerBybelWatersuiweringOmtrek, oppervlakte en volumeNoordwesTaalPoesVeeartsVierkantswortelVrystaatSeksJohannes MeintjesLys van Nederlandse skildersKonjunktivitisFrederik Willem de KlerkNasionale VrouedagGeskiedenis van die Britse Ryk en StatebondMateriaalEienaamAfrikanersNatuurbewaringOraniaEkotoerismeAfkappingstekenSekondêre sektor van die ekonomieDepressie (gemoedstoestand)SamestellingGroot TrekCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaKoos du PlessisRuslandAardedagKangaroeGeslagsgelykheidLetterkundeSout (chemiese stof)PlastiekWeskusSikloonMagneetBoor (element)TelevisieNelson MandelaRumatoïede artritisPeriodieke tabelVryheidsdagWerkersdagGetalBlourokkeAkroniemSitrusVigsSteenkoolIngenieursweseBoelieryWêreld- Ekonomiese ForumWet op Bantoe-onderwysDiatomiese molekuulKrieketSwawelSwartbewussynsbewegingAsemhalingWet op Verbod van Gemengde HuwelikeDonderstormPad na jou hartSinoniemSkilpadElandréKasteel die Goeie HoopJacques LootsLys van elemente volgens simboolMenslike seksuele gedragAustralië🡆 More