Gereformeerde Kerk Nigel

Die Gereformeerde kerk Nigel is die derde oudste gemeente in die GKSA se Klassis Verre-Oos-Rand en was einde 2015, toe hier 173 en 42 dooplidmate was, die sesde grootste van die 11 gemeente in dié Klassis.

Gereformeerde Kerk Nigel
Die Gereformeerde kerk Nigel.

Saalbou (1950)

Die Gereformeerde kerk Nigel is op 24 Oktober 1948 gestig, maar het geen kerkgebou vir eredienste gehad nie sodat die gemeente heel spoedig planne begin maak het om hul eie kerkgebou op te rig. Geld was min; daarom is besluit om eers met ’n saal te volstaan. Die kerkraad het die plan vir dié kerksaal reeds op 20 Augustus 1949 goedgekeur nadat die argitek Dawid van der Walt dit geteken het. Vir hierdie projek het die kerkraad £3 000 by die Ou Mutual geleen terwyl lyste in die wyke uitgedeel en £200 ingesamel is. Deur middel van vleis- en koekverkopings het vrouelidmate dié fonds gestyf.

Op 15 Januarie 1950 is ’n tender vir die bou van die saal aan New Goldfiels Co toegeken vir die bedrag van R2 870 (volgens die bron, hoewel dit waarskynlik pong was, nie rand nie). Avbob het die hoeksteen geskenk en dr. S.J. du Plessis het dit op 1 Julie 1950 gelê. Hierdie kerksaal het die gemeente met groot blydskap op 23 September 1950 in gebruik geneem. Die behoefte aan ’n eie kerkgebou was egter steeds daar terwyl die gemeente gegroei en die saal se ruimte te klein geraak het.

Kerkbou (1971)

Die kerkraad het die bouplan van die kerkgebou, ontwerp deur ’n Gereformeerde lidmaat, T.AD. Botha, op 15 April 1970 goedgekeur. Rudie Pretorius is as bouaannemer aangestel. Ten einde die boukoste te bestry, is ’n oortrokke fasiliteit by Volkskas geskep. Spring Monumentale Werke het die hoeksteen geskenk wat ds. N.G. Laubscher op 27 Februarie 1971 gelê het.

Van die firma Fehrle is ’n pyporrel van R7 100 bestel. Danksy besuiniging plek-plek (die Nagmaaltafels en die kansel is uit die ou kerkbanke gemaak) en ’n versoek aan lidmate om R12 per sitplek bly te dra, is die kerkgebou teen ’n bedrag van R28 000 voltooi. Hierdie kerkgebou is op 21 Augustus 1971 amptelik in gebruik geneem.

Predikante

  1. Venter, Roelof Vorster, B.A., 1960 – 1966
  2. Laubscher, Nicolaas Gerhardus, 1967 – 1973
  3. Venter, dr. Andries Gerhardus Schutte, 1973 – 1978
  4. Van Jaarsveld, Andries Sarel Marthinus, 1978 – 1981 (verlaat die bediening)
  5. Marais, Jacobus, 1982 – 2006 (aanvaar sy emeritaat)
  6. Coetzee, Gideon Christiaan, 2007 – 2012
  7. Dykstra, Dirk Jacob, 2013 – hede

Bronne

Tags:

Gereformeerde Kerk Nigel Saalbou (1950)Gereformeerde Kerk Nigel Kerkbou (1971)Gereformeerde Kerk Nigel PredikanteGereformeerde Kerk Nigel BronneGereformeerde Kerk NigelGereformeerde Kerke in Suid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Seksueel oordraagbare infeksieOlimpiese SpeleWillie JoubertPornografieWerwelkolomMaatskappyHorlosieBywoordPrimêre sektor van die ekonomieVoedselkettingLika BerningAustraliëGeskiedenis van Suid-AfrikaSuid-Afrikaanse ReserwebankGoogleVolstruisJeuksiekteMobutu Sese SekoVakbondBeaufortskaalKommunikasieSekondêre sektor van die ekonomieKoolstofElektrodeCarles PuigdemontDistrik SesHector PietersonDeelwoordInsekRobert SobukweBloeddrukPaasfeesLeonardo da VinciNoord-KaapFibonacci-reeksAnale seksKoos du PlessisWêreld- Ekonomiese ForumGalblaasNatuurbewaringKontinentLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameVioolGeldeenheidKankerSamestellende afleidingIngrid JonkerOrthopteraSpreeuKoerantYouTubeOm-te-infinitiefkonstruksieGrootste rampe in Suid-AfrikaJan van RiebeeckSonnetTydMensPlastiekKlimaatGeweldResensieKoperBateAdolessensieDirekte en Indirekte redeBruto binnelandse produkEugenetikaGeskiedenis van AfrikaansDiarreeAborsieVoornaamwoordProvinsies van Suid-AfrikaSint JorisdagPretoriaOnse VaderRoofvoëlGeletterdheid🡆 More