Gereformeerde Kerk Magol

Die Gereformeerde kerk Magol is die vyfde oudste van die 13 gemeentes in die GKSA se Klassis Waterberg, wat ook vyf Namibiese kerke insluit.

Buiten die hoofdorp, Lephalale (Ellisras), sluit die gemeentegrense ook omliggende nedersettings in en Botswana van Mahalapye tot by Suapan, asook Francistown, die Orapamyn, Phalapye, Selebi-Phikwe en Serowe. Die gemeente het einde 2015 429 belydende en 121 dooplidmate gehad, in albei gevalle die meeste in die Klassis. Einde 2001 was die syfers onderskeidelik 548 en 231, wat beteken die sieletal het binne 14 jaar met net meer as 30 persent afgeneem.

Gereformeerde Kerk
Magol
Gereformeerde Kerk Magol
Sluit in  Afguns
Beauty
Elmeston
Lephalale
Onverwacht
Overyssel
Steenbokpan
Villa Nora
Botswana: Mahalapye tot Suapan, Francistown, Orapamyn, Phalapye, Selibe, Serowe
Klassis  Waterberg
Huidige predikant(e)  Hendrik de Beer
In kombinasie met  Koedoespoort
Belydende lidmate  365
Dooplidmate  112
Adres George Avgosstraat 143
Lephalale
Geskiedenis
Stigtingsdatum  28 November 1942
Afgestig van  Gereformeerde kerk Waterberg
Eerste predikant  P.J. Venter 1944–1949
Gereformeerde Kerk Magol
Ds. Dirk van der Walt en sy gesin in 1958. Hy was leraar van Magol in kombinasie met Koedoesrand.
Gereformeerde Kerk Magol
Ds. J.T.C. Snyman, leraar van 1965 tot sy dood op 11 September 1969.
Gereformeerde Kerk Magol
Ds. G.B.C. Bester, van 1975 tot 1980 die vyfde leraar, en sy gesin: Anita, Alrina en Bone.
Gereformeerde Kerk Magol
Ds. J.H. Coetzee, leraar van 1981 tot 1991, sy laaste gemeente.

Die Gereformeerde kerk Magol het op 28 November 1942 van die Gereformeerde kerk Waterberg (Nylstroom) afgestig. Ds. H.J. Venter het aan die begin dienste in ’n ou waenhuis op die plaas Grootfontein gehou. Namate die lidmate toegeneem het, was dit nodig om ’n tydelik tabernakel vir Nagmaalsgeleentheid te bou. Spoorwegseile is gespan oor pale wat die Vrydag ingeplant is. Onder dié afdak van seil is die Woord verkondig ten spyte van haelstorms, versengende hitte en yskoue wind.

Mettertyd het dit geblyk dat die Transvaalse onderwysdepartement die omliggende plaasskole wou sentraliseer. Die plaas Wonderboomhoek is aangewys as die mees sentraalgeleë plek. Die gemeente wou hul nuwe geboue so na moontlik aan die skool hê; daarom is besluit om die kerkgebou op Wonderboomhoek te bou. Twee lidmate, Tom Kruger en Willie van der Walt, het die grond geskenk. Tom Kruger en nog ’n lidmaat, Trynko Malan, het die plan vir die kerk geteken en die gemeente het begin geld insamel. Louis van der Walt, ook ’n Gereformeerde, het die tender vir die bouwerk gekry en so kon ds. H.J. Venter van Waterberg die hoeksteen op 11 Desember 1943 lê.

Algaande het die gemeente aanhou groei, maar dit was weer skoolsake wat tot ’n verskuiwing gelei het toe ’n hoërskool op Ellisras gebou is. Die kerkraad het besluit om daar grond vir ’n pastorie en nuwe kerkgebou aan te koop. Omstreeks dié verskuiwing het die gemeente 244 doop- en 273 belydende lidmate gehad. Die pastorie is in 1961 voltooi en die kerkgebou in 1965. In 1984 kon die gemeente ’n kerksaal tussen die kerk en pastorie in gebruik neem.

Die mynbou-ontwikkelings op Ellisras het ’n groot uitwerking op die gemeenskap gehad. Weens die uitbreiding van die dorp het die kerkgebou van die gemeente Magol verswelg geraak deur sakegeboue. Ontwikkelaars het die kerkraad onverwags genader met ’n aanbod vir die kerkperseel omdat dit gunstig geleë was in die sentrale sakekern. Die gemeente het tot op daardie tydstip geensins ’n nuwe kerkkompleks in gedagte gehad nie, maar dit het duidelik geblyk dat indringende herstelwerk aan die 43 jaar oue gebou noodsaaklik geword het. ’n Kommissie het die saak ondersoek, en ná deeglike navorsing en berekenings het die kommissie dit gewaag om ’n ruiltransaksie met die ontwikkelaars te beding. So het die gemeente op 25 Mei 2006 besluit om ’n nuwe kerkgebou op te rig.

Die eerste sooi is ses maande later op 24 November gespit en die bouwerk, onderneem deur T.A. Coetzee Bouers, het so fluks gevorder dat die gemeente reeds op 25 Augustus 2007 hul nuwe kompleks in gebruik kon neem. Hierdie gebouekompleks bied ruimte aan duisend mense en die saal is reg langs die kerk opgerig.

Predikante

  1. Du Plessis, Jan Barend, 1959 – 1961
  2. Kruger, Gert Lodewikus, 1962 – 1965
  3. Snyman, Johan Thomas Cornelius, 1965 – 11 September 1969 (oorlede in die amp)
  4. Aucamp, Lourens Daniël, 1971 – 1975
  5. Bester, Gert Barend Cornelius, 1975 – 1980
  6. Coetzee, Johannes Hendrik, 1981 – 1991 (aanvaar sy emeritaat)
  7. Kruger, Gerhardus Stephanus (Gerrit), 1988 – 1997
  8. Van Blerk, Jan Abraham Theron, 1992 – 2000
  9. Franck, Jules Edgard, 2001 – 2010
  10. Nagel, Cornelius Johannes, 2003 – 2006
  11. Cooke, Marthinus Edmund, 2006 – 2009 (aanvaar sy emeritaat)
  12. De Beer, Hendrik Johannes Petrus, 2010 – hede

Bronne

  • (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1960. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1961. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Vogel, Willem (red.). 2015. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2016. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Sien ook

Tags:

BotswanaFrancistownGereformeerde Kerke in NamibiëGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaLephalaleMahalapyeOrapaSelebi-PhikweSerowe

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KewerWaar ruwe rotseNag van die lang messeSwitserlandAfrikaanse woordelys en spelreëlsPornografiese subgenresSkoenlapperBrugKatoenBiodiversiteitRenteWinnie Madikizela-MandelaVars waterPapegaaieKoolstofdioksiedInflasieSteenkoolAardeInternetRina HugoAnilingusKoue OorlogLieweheersbesieTropiese sikloonKoorsHoutAfro-AmerikanersHartaanvalLys van chemiese elemente volgens atoomgetalSelfstandige naamwoordBipolêre gemoedsteuringVerkragtingWet op NaturellengrondEnsiklopedieAfrikaanse Protestantse KerkHipoteseAppelPornhubWiskundige terminologieTradisionele literatuurNeologismeOnse VaderOnderwys in Suid-AfrikaJan de WetApostelDulcie van den BerghHelga UysAntisemitismeSebraJaco JacobsNiersteenGeografie van Suid-AfrikaLys van elemente volgens simboolBokmakierieJan van HunksBaarmoederVolstruisDanie du ToitKolorektale kankerRassisme in AfrikaWoordeboek van die Afrikaanse TaalVersamelnaamSwartwitpensGianna MichaelsVaalrivierRobert SobukweKrugerwildtuinKindersiektesJakobArmoedeverligtingOlimpiese Somerspele 2024Carles PuigdemontKoekie (rekenaarwetenskap)Verenigde Koninkryk🡆 More