Gereformeerde Kerk Koster

Die Gereformeerde kerk Koster is die vierde oudste van die 22 gemeentes in die GKSA se Klassis Molopo.

Die gemeente het in 2015 234 belydende en 49 dooplidmate gehad vergeleke met onderskeidelik 254 en 60 vyf jaar vantevore.

Gereformeerde Kerk Koster
Die Gereformeerde kerk Koster in sy huidige vorm ná die verbouings van 1938 en 1958.
Gereformeerde Kerk Koster
Die Gereformeerde kerk Koster soos hy gelyk het tussen 1938 (toe die ou kerksaal verbou is volgens die plan van die argitek Pieter Dykstra) en 1958.
Gereformeerde Kerk Koster
Ds. David Nicolaas Gerhardus Kotze, leraar van 1915-1921, sy eerste gemeente.
Gereformeerde Kerk Koster
Ds. Hendrik Stephanus van Jaarsveld, leraar van 1922 tot 1924.
Gereformeerde Kerk Koster
Mev. (ds.) A. Duvenage, predikantsvrou van 1926 tot 1943.
Gereformeerde Kerk Koster
Ds. D.J. van der Walt, leraar van 1944 tot 1947.
Gereformeerde Kerk Koster
Ds. Christiaan Hattingh, leraar van 1948 tot 1951, sy eerste gemeente.
Gereformeerde Kerk Koster
Ds. J.H. Coetzee, leraar van 1958 tot 1960.
Gereformeerde Kerk Koster
Ds. L.J. van der Merwe, predikant van 1962 tot 1968.
Gereformeerde Kerk Koster
Dr. C.J.H. Venter toe hy vierdejaarstudent aan die Teologiese Skool Potchefstroom was. Hy was predikant hier van 1968 tot 1972.
Gereformeerde Kerk Koster
Ds. F.J. Labuschagne, leraar van 1980 tot 1988.

Eerste kerkgebou

Selfs nog voor die gemeente in 1914 van die Gereformeerde kerk Rustenburg afgestig het (vyf jaar voor die NG gemeente Koster), is ’n kerksaal in 1912 vir die Gereformeerdes op Koster opgerig. Sommige van die Gereformeerdes in die Platteland (Witrand, Steenbokfontein,ens) het 'n Kerkgebou wat op 'n gedeelte van die Plaas Waterkloof gebou was ten Noorde van Koster gebruik. Ds. DNG Kotze het om die beurt Nagmaal bedien by die twee kerkgeboue. Die saal was kort voor lank te klein vir die toenemende getal lidmate in Koster; daarom het die kerkraad op 30 Maart 1928 besluit om dit te vergroot. Weens die wêreldwye depressie moes die bouwerk vir ’n paar jaar uitgestel word sodat die verbouing eers op 15 Augustus 1938 kon begin. Die noordelike en suidelike mure is uitgebou tot gewels en met behulp van die argitek Pieter Dykstra, wie se kerkontwerpe almal vir die Gereformeerde kerkverband was, het dié gebou toe ná meer as ’n kwarteeu die eerste keer die voorkoms van ’n kerk gekry. Dit was die geboorte van die sogenaamde wit kerk met sy kappietoring.

Tweede kerkgebou

Die gemeente het dié gebou 20 jaar lank met groot seën gebruik, maar in 1958 het die pleisterwerk en messelkalk onnatuurlike tekens van verweer begin toon. Die mure was deurweek en dringende optrede was nodig om die kerk van algehele verval te red.

Onder ene H. van der Bijl as tekenaar en S. Woudstra as boumeester se leiding is ’n siersteenlaag om die bestaande mure gebou. Swak gedeeltes van die bestaande mure is verwyder en deur bakstene vervang. So het die kerkgebou ontstaan waarvan die verbouings R18 300 gekos het en wat die gevolg was van twee keer se veranderings aan die kerksaal van 1912. Tydens die laaste verbouings het die vrouelidmate ’n pyporrel van R6 000 kontant laat installeer.

In 1970 is ’n groot saal aan die suidekant van die kerkgebou opgerig.

Susterkerke

Die Nederduitsch Hervormde Kerk se gemeente Koster is op 24 Februarie 1945 gestig, maar het blykbaar omstreeks 2013 geskeur, want in 2012 was die sieletal 407, maar in 2014 net 54. Die kerkgebou het blykbaar tydens dié geleentheid in die slag gebly. Die NG gemeente Koster, wat in 1919 as die tweede Afrikaanse gemeente hier gestig is, het in 2014 140 dooplidmate en 505 belydende lidmate gehad.

Predikante

  1. Kotzé, David Nicolaas Gerhardus, 1915 – 1921
  2. Van Jaarsveld, Hendrik Stephanus, 1922 – 1924
  3. Duvenage, Abraham, 1926 – 1943
  4. Van der Walt, Dirk Jacobus, 1944 – 1947
  5. Hattingh, Christiaan, 1948 – 1951
  6. Rule, Petrus Cornelius, 1953 – 1957
  7. Coetzee, Jan Hendrik, B.A., 1958 – 1960
  8. Van der Merwe, Lodewikus Johannes, 1962 – 1968
  9. Venter, dr. Casper Jan Hendrik, 1968 – 1972
  10. Coetzer, Andries Lodewikus, 1972 – 1976
  11. Van Rooy, dr. Herculaas Frederik, 1977 – 1980
  12. Labuschagne, Frans Jakob, 1980 – 1988
  13. Le Roux, dr. Johann, 1988 – 1995
  14. Hibbert, Simon, 1991 – hede (sendeling)
  15. Cloete, Jacobus Johannes, 1995 – 2013
  16. Booyens, Daniël Jan Andries, 2014 – hede

Bronne

Sien ook

Tags:

Gereformeerde Kerk Koster Eerste kerkgebouGereformeerde Kerk Koster Tweede kerkgebouGereformeerde Kerk Koster SusterkerkeGereformeerde Kerk Koster PredikanteGereformeerde Kerk Koster BronneGereformeerde Kerk Koster Sien ookGereformeerde Kerk KosterGereformeerde Kerke in Suid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NeerslagSikloonLys van elemente volgens simboolAkwariumVolhoubaarheidBrongitisLongOogproblemeBoelieryPlantKunstenaarSeksueel oordraagbare infeksieEngelsRenaissanceBeesThys die BosveldklongPersMobutu Sese SekoBlack SashOrale seksVierkantswortelWetenskapLimpopo (rivier)E-posLys van Suid-Afrikaanse skrywersRugbyNG gemeente JansenvilleLarry PageKlinkerJeuksiekteLys van Afrikaanse skrywersKarooNederlandsHulpwerkwoordLeesBloedsomloopstelselProstaatklierPrimêre sektor van die ekonomieVoorsetselLewerNazi-DuitslandHokkieChristendomFanie ViljoenSonnestelselLys van Nederlandse skildersAborsieChemiese reaksieOligopolieKolonialismeHerfsInflasieLandbouAfleiding (taalkunde)Angolese Oorlog vir OnafhanklikheidVliegtuigVaginale kankerEugenetikaKinkhoesMondDarwinismeAntjie SomersHarry PotterWoordeboek van die Afrikaanse TaalBrendan PeyperMantisNierGeografie van Suid-AfrikaProstaatkankerLHorlosieDermpoliepOlifantVoortrekkermonumentHemelBesem🡆 More