Gereformeerde Kerk Klerksdorp-Wes

Die Gereformeerde kerk Klerksdorp was een van drie Afrikaanse gemeentes van die GKSA wat tussen 1927 en 1981 in Klerksdorp gestig is.

Gereformeerde Kerk
Klerksdorp-Wes
Gereformeerde Kerk Klerksdorp-Wes
Sluit in  Hartbeesfontein
Klerksdorp (deels)
Denominasie  Gereformeerde Kerk
Klassis  Noordwes
Huidige predikant(e)  Dr. F.P.R. de Bruyn (laaste)
Belydende lidmate  311
Dooplidmate  96
Adres Theronstraat 1
Freemanville
Klerksdorp
Geskiedenis
Stigtingsdatum  Oktober 1964
Afgestig van  Klerksdorp
Eerste predikant  P.J. Coetzee (1965–'70)
Datum ontbind  1995
Saamgesmelt met  Klerksdorp
Gereformeerde Kerk Klerksdorp-Wes
Dr. Petrus Johannes Coetzee, die leraar van 1965 tot 1970.
Gereformeerde Kerk Klerksdorp-Wes
Dr. F.R.P. de Bruyn, die leraar van 1971 tot 1996.
Gereformeerde Kerk Klerksdorp-Wes
Die destydse kerkgebou.
Gereformeerde Kerk Klerksdorp-Wes
Die kerkgebou se hoeksteen is verwyder en ingemessel in die Gereformeerde kerk Klerksdorp se nuwe gebou.
Gereformeerde Kerk Klerksdorp-Wes
Dié gedenksteen is aangebring by die nuwe Klerksdorpse kerkkompleks ter herdenking van die eenwording van die twee gemeentes.

Klerksdorp-Wes is in Oktober 1964 gestig toe die oorspronklike Gereformeerde kerk Klerksdorp (gestig in 1927) verdeel is. Elke gemeente het min of meer 290 belydende lidmate gekry. Die grens tussen die gemeentes is op natuurlike wyse deur die Skoonspruit gevorm en in die nuwe gemeente is lidmate so ver as Hartbeesfontein bedien. Die gemeente het veral danksy die bedrywighede van die plaaslike myne gegroei, maar dié bedryf lei ook tot ’n sterk wisseling in lidmate.

Die nuwe gemeente ’n bruidskat van R30 000 van die moedergemeente gekry en ’n ruim en goed geleë stuk grond van die stadsraad in Theronstraat, Freemanville. Eers is net ’n pastorie gebou wat in Februarie 1966 voltooi is teen ’n koste van R19 840, maar feitlik dadelik het die bouwerk aan ’n veeldoelige kerkgebou ook begin. Dis in September 1966 in gebruik geneem. Die kerk bied sitplek aan 350 kerkgangers. Skuifpanele wat die kerksaal van die binneruim van die kerk skei, kan oppgeskuif word sodat ’n ekstra 100 sitplekke beskikbaar is. Ter wille van gemak het die boukommissie op gestoffeerde sitplekke besluit. Dis geplaas op ’n vloer wat daal na die kansel. Die konsistorie is, kan in drie verdeel word met skuifpanele om drie katkisasielokale te skep. In 1982 is die struktuur van die gebou ingrypend verander toe die dak vervang is weens lekkasies.

Die behoefte aan ’n aparte saal is vroeg reeds gevoel en van 1974 af is beplan sodat die bouwerk op 1 Julie 1976 kon begin. Die kerkraad was eienaarbouer en voor die einde van daardie jaar is die saal voltooi.

In 1995 het Klerksdorp-Wes, wat toe ’n sieletal van 400 gehad het, met die oorspronklike en toe kleiner gemeente Klerksdorp verenig. Die Wes-gemeente se kerkkompleks in Theronstraat is verkoop aan die Baptistekerk en daarna het die moedergemeente se derde kerk, wat op 16 September 1989 in gebruik geneem is, as die verenigde gemeente se kerk gebruik.

Predikante

  1. Coetzee, dr. Petrus Johannes, 1965 – 1970
  2. De Bruyn, dr. Frans Roelof Petrus, 1971 – 1995

Bronne

Tags:

Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaKlerksdorp

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VerantwoordelikheidSebraSaartjie BaartmanSkaakDikdermNeerslagKaapstadse waterkrisis 2015-2018InflasieKatoenGlobaliseringAborsiePesachSelfmoordSophie SchollPêrelToekoms van die AardeRina HugoLys van oseane, seë en mereSuid-Afrikaanse randHemelvaartsdagPaarl GimnasiumSteenkoolLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameErfenisAnale seksLewerNasionale VrouedagDansPornografiese subgenresLys van Suid-Afrikaanse musikanteKoringAgtervoegselAmandelGeestesteuringViëtnamoorlogLuislangeNazi-DuitslandHernubare energieNuwe TestamentMunhwa Broadcasting CorporationPad na jou hartOopbroninhoudPikkewynKameelKlavierLys van Suid-Afrikaanse skrywersOrgasmeVerkleinwoordRamsar-vleilande in Suid-AfrikaPseudowetenskapDierRob HersovSteve BikoAllan BoesakWikiquoteWaarheid-en-versoeningskommissieMonopolieKolonialismeJan de WetVulvaReënAfrikaanse WikipediaMaroela MediaSwawelDrinkwatervoorsieningApartheidMaagdelikheidSteenkool in Suid-AfrikaAfrikaansBraaiKompasJode in Suid-AfrikaJesus van NasaretFranklin D. RooseveltTrevor NoahStresFopnuusEkonomie van Suid-Afrika🡆 More