Gereformeerde Kerk Kempton Park

Die Gereformeerde kerk Kempton Park is die oudste gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika in die Oos-Randse stad Kempton Park.

Gereformeerde Kerk
Kempton Park
Gereformeerde Kerk Kempton Park
Sluit in  Bonaeropark
Cresslawn
Edleen
Estherpark 1
Kempton Park se middestad
Rhodesfield 1 en 2
Spartan
Klassis  Sentraal-Oos-Rand
Huidige predikant(e)  Riekert Pelser
Belydende lidmate  211
Dooplidmate  33
Adres Huggetstraat 49
Kempton Park
Geskiedenis
Stigtingsdatum  22 September 1947
Afgestig van  Benoni
Eerste predikant  J.J.S. Venter (1947–'48)
Gereformeerde Kerk Kempton Park
Kempton Park. Die ou Gereformeerde kerkgebou se toring steek regs bokant die lang rye rooi dakke uit.
Gereformeerde Kerk Kempton Park
Die ou Gereformeerde kerk Kempton Park wat in die omgang bekendgestaan het as die Stompneuskerk.
Gereformeerde Kerk Kempton Park
Dr. J.C. Kruger, leraar van 1949 tot 1966.
Gereformeerde Kerk Kempton Park
Dr. M.J. du Plessis, leraar van 1986 tot 1999.
Gereformeerde Kerk Kempton Park
Die gemeente se huidige kerkgebou is by Huggetstraat 49.
Gereformeerde Kerk Kempton Park
Die ou kerkgebou op die hoek van Monumentweg en Commissionerstraat is verkoop omdat daar sprake was dat Monumentweg verbreed sou word; dit het toe nooit gebeur nie.

Kempton Park is op 22 November 1947 van Benoni afgestig as die tiende gemeente in dié deel van die Witwatersrand, ruim 42 jaar ná die eerste Oos-Randse gemeente, Germiston, in 1905.

Eerste kerk

’n Lidmaat van die nuwe gemeente, Andries Haasbroek, was die bouaannemer van die indrukwekkende kerkgebou met sy granietvoorkoms wat Kempton Park se kerkraad teen ’n koste van £16 700 laat oprig het op die hoek van Monumentweg en Commissionerstraat. Die inwyding het plaasgevind op 28 November 1953. Mettertyd het dit in die gemeenskap begin bekendstaan as die "Stomptoringkerk". Nadat die gemeente die gebou verkoop en ’n nuwe opgerig het, het ’n kultuursentrum dit oorgeneem en dit die Bell Tower genoem.

Volgens oorlewering het 'n hele klomp babas se ouers hul doop uitgestel tot die groot geleentheid van die ingebruikneming. Die heel eerste dopeling in die nuwe kerk, Heibrie Wolmarans (gebore Van der Walt op 14 Oktober 1953), het in 2018, 60 jaar later, vertel: "Al die ouers en babas was voor die kansel en my ouers op die punt. Waar die dominee altyd van regs na links op die ry afgegaan het, het hy op hierdie dag glo van links na regs begin en so was ek eerste!"

Tweede kerk

Die nuwe kerk is geleë op die hoek van Highveldweg en Huggettstraat en op 19 Oktober 2003 ingewy. Bouwerk het in 1989 begin en dis teen ’n koste van R2,595m iljoen voltooi en kontant betaal. Die bouaannemers was Dirk Fivaz tesame met drie lidmate, Frans en Henk Duvenhage en Jacques Vorster. Die gebouekompleks se stewige fondament rus op 74 heipale. Terwyl bouwerk aan die gang was, het die gemeente die kerksaal, wat op 9 Oktober 1993 ingewy is, vir eredienste gebruik. Die katkisasielokale is in 1995 voltooi. Die pyporrel in die nuwe kerk het 1 473 pype. Dit kom uit die gebou van die NG gemeente Pretoria-Noord in Rachel de Beerstraat. Dit is daar geïnstalleer in 1968, maar die kerkgebou is gesloop nadat die gemeente by Floraunapark ingelyf is, wat toe Florauna geword het. Die destydse Suid-Afrikaanse Orrelbouers het dit van Pretoria na Kempton Park vervoer en geïnstalleer. Die orrel uit die betonkerk is eers van daar af in die saal van die gemeente se nuwe kerkkompleks ingebou waarin die gemeente kerk gehou het tot die nuwe kerkgebou in Oktober 2003 voltooi en in gebruik geneem is. Daarna het die Gereformeerde kerk George dit gekoop en in hul kerkgebou laat installeer om hul ou orrel uit die Gereformeerde kerk Petrusburg te vervang.

Toe die Gereformeerde kerk Kempton Park op 17 en 18 November 2007 sy 60-jarige bestaan vier, is vier hoekstene onthul wat die nuwe kerkkompleks voltooi. Daar is ’n replika van die vorige kerk se hoeksteen, een met die name van die predikante sedert 1947, nog een met die gegewens van die bouers van die nuwe kerk en ’n laaste ter herinnering aan die ingebruikneming van die nuwe kerk in 2003.

Dogtergemeentes

In 1966 het Kempton Park-Noord afgestig en uit dié dogtergemeente 10 jaar later Kempton Park-Mooifontein. In die Gereformeerde Kerk se eeufeesjaar (1959) het die moedergemeente 548 belydende lidmate en 403 dooplidmate gehad vir ’n sieletal van 951, die derde meeste aan die Oos-Rand. Einde 2014 het die drie gemeentes in Kempton Park se belydende lidmate 897 en die dooplidmate 151; dus ’n sieletal van 1 199, die meeste van al die dorpe en stede aan die Oos-Rand. 'n Vierde Kempton Parkse gemeente, Birchleigh, het in 1989 van Kempton Park-Mooifontein afgestig, maar aanhou om hul kerkgebou te gebruik en het blykbaar in 2000 weer deel van Mooifontein geword, want Birchleigh se twee en laaste predikant, ds. P.J. van Blerk (1991–2000), was net daarna tot 2005 aan Mooirivier verbonde. Die eerste, ds. J.P. van der Walt, het in 1989 van Mooifontein af oorgegaan na Birchleigh, maar reeds in 1991 na Durban vertrek.

Predikante

  1. Kruger, dr. Johannes Christiaan,1949–1966 (verlaat die bediening)
  2. Lombard, Barend Jacobs, 1966–1986 (aanvaar sy emeritaat)
  3. Du Plessis, dr. Marthinus Johannes, 1986–1999
  4. Tiemensma, Eduard Jacob, 1999–2018
  5. Pelser, H.F.R. (Riekert), 12 Januarie 2019 – hede

Bronne

  • (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1957. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1958. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1958. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1959. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Sien ook

Eksterne skakels

Tags:

Gereformeerde Kerk Kempton Park Eerste kerkGereformeerde Kerk Kempton Park Tweede kerkGereformeerde Kerk Kempton Park DogtergemeentesGereformeerde Kerk Kempton Park PredikanteGereformeerde Kerk Kempton Park BronneGereformeerde Kerk Kempton Park Sien ookGereformeerde Kerk Kempton Park Eksterne skakelsGereformeerde Kerk Kempton ParkGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaKempton ParkOos-Rand

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Langste woordSeksueel oordraagbare infeksieHefboomGroot vyfWatersuiweringNarsismeGedigSeekoeiJeanette FerreiraKoorsVoortrekkermonumentGoogleBloedsomloopstelselFabelThe CranberriesJan van RiebeeckKaapse VlakteHemelvaartsdagUitwerking van klimaatsveranderingGenadedoodBeleggingSteenkool in Suid-AfrikaVoëlMenslike skeletStereotipeGrondwet van Suid-AfrikaGezina, PretoriaSwartkwasmuishondTropiese sikloonKitaarKlein-KarooInentingSwaelEkotoerismeSydneyWeer (meteorologie)Lys van kinderspeletjiesRepubliek die KongoBeurtkragFeminismeJacques LootsNapoleon BonaparteNeerslagVerkragtingSeekatSeegolfVerantwoordelikheidVolhoubare ontwikkelingPad na jou hartAfrikanerweerstandsbewegingOrale seksVaste stofMensLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Chemiese elementGeslagKoolhidraatOlimpiese SpeleVersamelnaamLimfvatstelselOrgasmeMona LisaDiamantInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandRookgewoonteDroomDriedimensioneelPornografiese subgenresGordelroosKartografieNederlandsLenteAfleiding (taalkunde)Groot TrekMaanPoesEreksie🡆 More