Die Gereformeerde kerk Kameeldrift is ’n gemeente van die Gereformeerde Kerk (GKSA) in die noordooste van Pretoria in die omgewing van die Roodeplaatdam.
Dit sluit die gelyknamige en omliggende landbouhoewegebiede in asook woonbuurte soos Montanapark en Montana-Tuine.
Gereformeerde Kerk Kameeldrift | ||
Sluit in | Baviaanspoort Boekenhoutskloof Buffelsdrift Derdepoort Doornpoort-Oos Downbern Kameeldrift Kameelfontein Klopperbos Leeuwfontein Montanapark Montana-Tuine Pumulani Roodeplaat Rynoue Wallmansthal Zeekoegat | |
Klassis | Trans-Magalies/ Trans Mogale | |
Huidige predikant(e) | Zander van't Zand | |
Belydende lidmate | 319 | |
Dooplidmate | 84 | |
Adres | Tambotieweg 308 Kameeldrift-Oos Pretoria | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 25 September 1976 | |
Afgestig van | Derdepoort | |
Eerste predikant | C.J.H. Breed (1978–1986) |
Die Gereformeerde kerk Kameeldrift is op Saterdag 25 September 1976 om drieuur in die kerkgebou van die moedergemeente, Derdepoort, afgestig. Daar was 211 belydende lidmate en 137 dooplidmate. Met afstigting het die gemeente ’n hoewe van sowat 3 hektaar van Derdepoort ontvang waarop die kerkgebou in 1982 opgerig is. Dié grond was eens ’n mielieland tussen die kleinhoewes noordoos van Pretoria. Gedurende die eerste jaar ná afstigting het Kameeldrift ook 'n bruidskat van R8 000 van Derdepoort ontvang. Die gemeente het onmiddellik begin om ’n tuin uit te lê en ’n groot aantal inheemse bome is geplant. Heelwat later, tydens die gemeente se 15-jarige feesviering, is ’n aantal Bybelse bome geplant wat in Suid-Afrika aard.
Eredienste is aanvanklik gehou in die skoolsaal van die Hoërskool F.H. Odendaal. Jan Pretorius was die argitek van die gemeente se eie kerkgebou en die bouaannemer was Hans van der Laan, wat tot minstens 2010 nog lidmaat van die gemeente was. Ds. C.J.H. Breed was voorsitter van die boukommissie. Tydens die bouery is afgekom op ’n ondeurdringbare klipbank waar die diep fondament moes wees. Ook het die hyskraan wat die sentrale dakbalk van staal moes ophys, ’n fout begaan en die hele westelike muur omgestamp. Voorts is die bouwerk aan die kerk onderbreek toe ’n pastorie dringend op die terrein gebou moes word. Albei geboue is in dieselfde jaar voltooi.
Met die jare het die gemeente die kerkperseel verder verbeter: ’n grasdaklapa is by die nuwe swembad gebou, maar dit het afgebrand en is deur ’n grotere vervang. Die tweede lapa het ook gebrand, maar is net herbou. Die pastorie is vergroot en vernuwe nadat die kombuis uitgebrand het. Die gemeente het ook ’n stuk grond langs die kerkperseel aangekoop, waar hulle ’n meerdoelige gemeentesentrum wil oprig.
Die kerkraad het destyds met die beplanning van die kerkgebou voorsien dat die gemeente sou groei; daarom is die kerk heelwat groter as wat destyds nodig was. Ten spyte van sterk groei in die beginjare het die sieletal tussen 2011 en 2014 teruggesak van 658 tot 439, vergeleke met 510 drie jaar vantevore. In 2017 was dit 401.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Gereformeerde kerk Kameeldrift, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.