Gereformeerde Kerk Johannesburg-Wes

Die Gereformeerde kerk Johannesburg-Wes was ’n gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika in, soos die naam aandui, die weste van die Goudstad met sy kerkgebou in die voorstad Brixton.

Gereformeerde Kerk Johannesburg-Wes
Die kerkgebou nadat dit in 'n woonhuis omskep is.
Gereformeerde Kerk Johannesburg-Wes
Die kerkraad in 1942 saam met ds. A.A. Venter.
Gereformeerde Kerk Johannesburg-Wes
Die Gereformeerde kerk Johannesburg-Wes, lank voor dit in 'n woonhuis omskep is. Dit was een van die argitek Gerard Moerdyk se laaste ontwerpe. Sy medeargitek was Henry Watson, wat ook meegewerk het aan die Voortrekkermonument. Die besluit om die kerk te bou is op 14 November 1945 geneem.
Gereformeerde Kerk Johannesburg-Wes
Die kerkraad in 1955 saam met ds. D.J. van der Walt.
Gereformeerde Kerk Johannesburg-Wes
Ds. A.A. Venter, van 1935 tot 1951 Johannesburg-Wes se eerste leraar.
Gereformeerde Kerk Johannesburg-Wes
Ds. A.A. Venter lê die kerk se hoeksteen op 10 April 1948.
Gereformeerde Kerk Johannesburg-Wes
Mev. Hester Venter, die gemeente se eerste predikantsvrou, 1935 tot 1951.
Gereformeerde Kerk Johannesburg-Wes
Ds. D.J. van der Walt, van 1951 tot 1955 die tweede leraar.
Gereformeerde Kerk Johannesburg-Wes
Mev. ds. D.J. van der Walt, predikantsvrou van 1951 tot 1955.
Gereformeerde Kerk Johannesburg-Wes
Ds. Louis van der Walt was net enkele maande in 1955 die leraar toe hy sy emeritaat aanvra om 'n betrekking te aanvaar by die Bybelgenootskap.
Gereformeerde Kerk Johannesburg-Wes
Ds. Peet Duvenage, leraar van 1962 tot 1971, hier afgeneem in 1956 toe hy verkies is tot sekretaris van die studenteraad aan die PU vir CHO.

Stigting

Die gemeente het op 13 Desember 1930 van die Gereformeerde kerk Johannesburg afgestig nadat Johannesburg-Oos en -Noord reeds ses jaar vantevore onderskeidelik op 29 Februarie en 1 Maart 1924 uit Johannesburg ontstaan het. Die gemeente Johannesburg-Wes het sy kerkgebou 1 km wes van die Hertzog- of Brixtontoring opgerig in Putneyweg, Brixton, op ’n rif wat as hoofwaterskeiding dien. Noord daarvan vloei die riviere oos en suid vloei hulle wes. So was die kerkgebou soos ’n kerk op ’n berg vir die omliggende voorstede van Brixton, Auckland Park, Rossmore, Westdene, Mayfair-Wes, Crosby en Hurst Hill waar mettertyd so ’n groot konsentrasie Afrikaanssprekendes gewoon het dat feitlik elkeen van dié voorstede ’n NG gemeente kon onderhou: Brixton, Aucklandpark, Johannesburg-Wes (Mayfair-Wes), Westdene, Mayfair, Fordsburg, Crosby en Crosby-Wes (Hurst Hill). Langlaagte, Mayfair en Cottesloe\Vrededorp) het in Maart 1952 deel geword van die Gereformeerde kerk Johannesburg-Sentraal, terwyl ’n gedeelte van Auckland Park saam met Melville en Westdene deel was van Johannesburg-Noord.

Op 1 April 1943 is die grense tussen Johannesburg en Johannesburg-Wes opgehef, toe die gemeente Johannesburg-Wes word. Op 22 Oktober 1950 is Johannesburg met 427 belydende lidmate herstig en het dit vanaf 1952 bekendgestaan as Johannesburg-Mayfair. Ná die herstigting het Johannesburg-Wes agtergebly met 794 belydende lidmate.

Die gemeente se eerste kerk (eintlik ’n kerksaal), by Fulhamweg 67, is op 29 Augustus 1931 in gebruik geneem. Dit staan nog, maar is op 11 Julie 11945 vir £3 250 verkoop. Die argitek was Nellie Edwards nadat Rowe en Rowe se plan afgekeur is. Die tweede en laaste kerk was by Putneyweg 35, ook in Brixton, sowat 250 m van die eerste gebou af. Die argitekte was Gerard Moerdyk en Henry Watson. Ds. Ammi Venter het die hoeksteen op 10 April 1948 gelê. Die teksvers daarop is Ps. 115:1 "Nie aan ons, o HERE, nie aan ons nie, maar aan u Naam gee eer, om u goedertierenheid, om u trou ontwil. Die gebou, so het 'n lidmaat 70 jaar ná die hoeksteenlegging vertel, "was teen 'n erge helling, en die saal/konsistorie was onder die kerk geleë. Ons jonges het buite om beweeg vir ons aktiwiteite ( katkisasie, JV, ens.), maar die kerkraad het met 'n binnetrap in die kerk 'verskyn'. As kind was dit vir my 'n diep geheimenis. Kinders is nie eintlik daar toegelaat nie en ons kon net wonder waar hulle vandaan kom."

Ontbinding

Teen 1970 het daar nog so baie Afrikaanssprekendes in dié gebied wes van die Johannesburgse middestad en oos van Roodepoort gewoon, daar is beweer dis die digste sametrekking van Afrikaners in die hele land. Ongelukkig het hier ook een van die mees ingrypende demografiese veranderings plaasgevind wat gelei het tot die vermindering van sewe NG gemeentes tot net een, die Brixton-kerk, en die ontbinding van die enigste twee Gereformeerde kerke.

Vroeg in die sewentigerjare het Johannesburg-Wes amper 700 siele gehad. Die oprigting van die Randse Afrikaanse Universiteit en die SAUK se nuwe uitsaaisentrum het ’n verjonging teweeggebring in die gemeente wat reeds aan die verouder was. Ongelukkig het die grootskaalse verhuising van lidmate na voorstede vêrder van die middestad voortgeduur en eindelik besluit die gemeente in 1999 om te ontbind. Lidmate het daarna ingeskakel by die Gereformeerde kerk Delarey in die aanliggende Roodepoort, waarvan die naam terselfdertyd Bergbron geword het.

Danksy sendingwerk in die destydse bruin woonbuurt Newclare, kon daar in 1960 ’n Gereformeerde kerk gestig word wat vandag (2017) nog bestaan.

Predikante

  1. Venter, Abraham Adriaan, 1935–1951
  2. Van der Walt, Dirk Jacobus, 25 Augustus 19513 April 1955
  3. Van der Walt, dr. Louis Stefanus, 4 Junie 19556 Desember 1955 (aanvaar sy emeritaat en gaan werk tot 1962 by die Bybelgenootskap)
  4. Duvenage, Abraham Petrus Carolus, 17 Maart 196214 Februarie 1971
  5. Kruger, dr. Mechiel Andries, 1971–1974
  6. Opperman, Paul Jacobus, 1974–1988 (aanvaar sy emeritaat)
  7. Steyn, Jan Hendrik, 1988-1995 (verlaat die bediening)
  8. Pretorius, dr. Jacob Bluris, 1995–1998 (waarna Bergbron tot 2001)

Bronne

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Gereformeerde Kerk Johannesburg-Wes StigtingGereformeerde Kerk Johannesburg-Wes OntbindingGereformeerde Kerk Johannesburg-Wes PredikanteGereformeerde Kerk Johannesburg-Wes BronneGereformeerde Kerk Johannesburg-Wes VerwysingsGereformeerde Kerk Johannesburg-Wes Eksterne skakelsGereformeerde Kerk Johannesburg-WesGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaJohannesburg

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HartversakingUnited Democratic FrontCobus RossouwWerwelkolomSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1989MensPornhubSwedeInligtingSkildklierVaginaSkrikkeljaarAppelblaarN.P. van Wyk LouwSmall HandsTweebuffelsmeteenslagmorsdoodgeskietfonteinHoërskool NoordheuwelBakterieRolprentNederlandsMondBrandmondsindroomNederlandBaltimoreSiembambaLys van Afrikaanse televisiereekseNasiebouPornografieLiturgiese jaarVyfsterVoorsetselLettergreepTydBeroerteEngelsAfrikaWynand du ToitWaterhertSpysverteringstelselOnderwysWoordeboek van die Afrikaanse TaalByvoeglike naamwoordPeniskanker2024 Australiese Grand PrixProstaatkankerPsigopatieKarlien van JaarsveldBorsklierKarpaletonnelsindroomRepubliek ArtsachWaterpokkiesPalmsondagBaarmoederOrtopedieSelfstandige naamwoord2024 Japannese Grand PrixVingerseksGeslagsorgaanWikiDrie SusterskerkeSowjetunieRam (sterreteken)Hennie MaasGoudOntlastingJada FireDachshundZuid-Afrikaansche RepubliekRoekelose DadeMangel🡆 More