Gereformeerde Kerk Jeffreysbaai

Die Gereformeerde kerk Jeffreysbaai is die vierde jongste gemeente in die GKSA se Klassis Karoo-Kei.

Toe hier einde 2015 221 belydende en 35 dooplidmate was, was dit die vierde grootste van die 12 kerke in dié Klassis. Vyf jaar vantevore was hier 229 belydende en 26 dooplidmate.

Gereformeerde Kerk Jeffreysbaai
Ds. Lammert Stavast, wat voltyds predikant was van 1957 tot hy sy emeritaat in 1991 aanvaar het, was hulpdienspredikant van Jeffreysbaai laasgenoemde jaar tot omstreeks 1996.

Agtergrond en saalbou

Jeffreysbaai is een van heelparty gemeentes van die Gereformeerde Kerk wat vanaf omstreeks 1985 op kusdorpe tussen Kaapstad en Port Elizabeth tot stand gekom het. Nog voorbeelde is Mosselbaai (1985), Hermanus (2000), Stilbaai (2002), Kleinmond (2006) en Eden (2006, Knysna en Plettenbergbaai).

In die sewentiger- en tagtigerjare was die dorpe Jeffreysbaai, Humansdorp, Kareedouw, Joubertina, Patensie em Hankey ’n wyk van die Gereformeerde kerk Uitenhage met sowat 14 verspreidwonende gesinne. Die predikant van Uitenhage het maandeliks ’n diens in die munisipale saal van Jeffreysbaai of in die Newtonsaal gehou, want hier was die grootste konsentrasie lidmate. Ook is ’n leesdiens een maal per maand gehou.

Toestande in die Newtonsaal was nie bevorderlik vir eredienste nie; daarom het die wyk besluit om sy eie saal te bou. Die hoeksteen daarvan is op 19 Julie 1987 onthul. Vroeg in 1988 het diaken Johan Roets die kansel gebou en einde 1988 is ’n elektroniese huisorrel aangekoop.

Stigting

Die sowat 70 km wat lidmate van Jeffreysbaai na Uitenhage moes aflê as hulle meer gereeld dienste wou bywoon en die groei in die lidmaattal tot sowat 35 gesinne, het dit moontlik gemaak om af te stig. So is die Gereformeerde kerk Jeffreysbaai in Augustus 1990 van Uitenhage afgestig. Aan die begin het besoekende predikante en professore dienste gehou en einde 1991 is ds. L.H. Stavast as hulpdienspredikante aangestel. Later is ’n pastorie gebou en in 1994 kon ds. Stavast daarin gaan woon.

Jeffreysbaai het destyds gedurig gegroei sodat die lidmate teen die middel negentigerjare tot 150 toegeneem het. Ds. Danie Erasmus het die beroep op 18 Januarie 1997 aanvaar en die gemeente se eerste voltydse predikant geword.

Uitbreidings

Vakansietye en met Nagmaal het die saal uit sy nate gebars. ’n Lidmaat het planne voorgelê en ’n groter saal is teenaan die oue gebou, met skuifdeure tussen die twee lokale. Veranderings is ook aan die ou saal se ablusiegeriewe aangebring, die moederskamer, pakkamers en kombuis. Die nuwe kompleks is op 4 Augustus 2000 in gebruik geneem en kan sitplek bied aan meer as 300 kerkgangers. Op dieselfde dag is ’n rekenaarorrel met ’n pypmodule ingewy.

Predikante

  1. Kruger, Lourens Marthinus, 1990 – 1993 (in kombinasie met Uitenhage, waarna Uitenhage tot hede)
  2. Erasmus, Daniël Pieter Jacobus, 1997 – 2012 (aanvaar sy emeritaat om mediese redes)
  3. Jobse, Wilhan, 2013 – hede

Bronne

Tags:

Gereformeerde Kerk Jeffreysbaai Agtergrond en saalbouGereformeerde Kerk Jeffreysbaai StigtingGereformeerde Kerk Jeffreysbaai UitbreidingsGereformeerde Kerk Jeffreysbaai PredikanteGereformeerde Kerk Jeffreysbaai BronneGereformeerde Kerk JeffreysbaaiGereformeerde Kerke in Suid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BrugCorioliskragNedersettingBorskankerGeestesgesondheidHeks van HexrivierMeningsverskil oor aardverwarmingWortelLys van Suider-Afrikaanse varswater visfamiliesNeologismeKrapGemeenskapsorganisasieKwaggaYsterHulpwerkwoordMagnetismeRassismeOligopolieLeeuIdioomAlliterasieMarkenOlimpiese Somerspele 2024Steve HofmeyrSkaakVerdampingEnsiklopedieKindermishandelingKoperLys van Afrikaanse skrywersHamilton WesselsAfro-AmerikanersSkisofrenieDierAfrikanersVerkoueNamakwalandCSSVlag van Suid-AfrikaSelfoonWatersuiweringMaatskappyOlifantPerdAkroniemDiepaartromboseVerstedelikingSonsteekMeervoudHamerkopEnkelvoudige sinJohan BadenhorstNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyKaliumDirekte en Indirekte redeMetamfetamienOnderwerp (taalkunde)TierWaterkringloopWikiquoteAntjie KrogTurksvyEwenaarHidroëlektrisiteitTranspirasieSwitserlandSkaapAnilingusVoorsetselVoegwoordAfrikaansGeslagsgelykheidEkonomiese sektorSonnestelselVeeartsLandbouSwartbewussynsbeweging🡆 More