Gereformeerde Kerk Jacobsdal

Die Gereformeerde kerk Jacobsdal is ’n gemeente van die GKSA in die verre weste van die Vrystaat.

Vir kerklike doeleindes het dit tot in 2015 geressorteer onder die Klassis Griekwaland-Wes, waarvan die 15 ander gemeentes almal in die Noord-Kaap val. Ook die ander twee sentrums van die gemeente, Belmont en Ritchie, is in laasgenoemde provinsie. In 2015 is Jacobsdal egter oorgedra na die Klassis Suid-Vrystaat. Met 18 belydende en vyf dooplidmate was Jacobsdal in daardie jaar die vierde kleinste gemeente in dié Klassis.

Gereformeerde Kerk Jacobsdal
Ds. Hennie en mev. Arina Briel, leraarspaar (in kombinasie) van 1991 tot 1995.

Voor die gemeente se stigting in 1982 was lidmate deel van die Gereformeerde kerk Koffiefontein. Daar was destyds groot teenkanting teen gemeentestigting en baie lidmate het gemeen Jacobsdal en die twee plekkies in Noord-Kaapland moes deel van Koffiefontein bly.

Dié wyk van die moedergemeente het ’n eie kerkgeboutjie vir byeenkomste gehad, maar Koffiefontein se kerkraad het dit verkoop aan die Ou Apostoliese Kerk. A. Venter het die nuwe Gereformeerde kerk op Jacobsdal ontwerp en J.F. Venter, ’n lidmaat, het die leiding tydens die bouery geneem. Geen hoeksteen is gelê nie en ook die inwydingsdatum (omstreeks 1983) is nie meer bekend nie. Die gebou is kontant betaal.

Met die jare het Jacobsdal se lidmaattal baie afgeneem, want einde 1997 was hier 55 belydende en 19 dooplidmate, einde 2001 was dit 49 en ses, maar 14 jaar later net 18 en vyf, altesaam ses minder as die vorige jaar.

Predikante

  1. Badenhorst, Lourens Jurie, 1982 – 1985
  2. Hibbert, Simon, 1985 – 1990 (in kombinasie met Koffiefontein en Fauresmith)
  3. Briel, Hendrik Johannes, 1191 – 1995 (in kombinasie met Koffiefontein en Fauresmith)
  4. Kruger, Gert Johannes, 1995 – 1999 (in kombinasie Koffiefontein en Fauresmith)

Bronne

  • (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1957. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1958. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1958. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1959. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Sien ook

Tags:

BelmontGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaNoord-KaapRitchieVrystaat

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Hector PietersonSeksueel oordraagbare infeksieMateriaalHeupWaterAfrikaanse TaalmonumentVlekvrye staalLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaOutismeTatoeëermerkWerkersdagVerkleurmannetjieKlimaatsverandering in Suid-AfrikaWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaChristendomVierkantswortelVerenigde KoninkrykKarooTuberkuloseBTWMartin Luther King jr.WolkWêreld- Ekonomiese ForumAluminiumDemi Lee MooreLys van Afrikaanse skrywersSprokieSeksuele opwekkingMenseregtedagSeksposisieLangste woordVryheidsdagWoordsoortJuraBruin menseDuitse maselsAnrich HerbstWetenskaplike klassifikasiePlantluisKommunikasieGalileo GalileiIntensiewe vormRepubliek die KongoDieregeluideLeestekenYstertydperkKrokodilTierAfrikaVaste stofSwartVrystaatKolitisAngssteuringMorfeemVermenigvuldigingKaaps-Hollandse stylSpysverteringstelselMeningsverskil oor aardverwarmingKlinkerBreinRenaissanceMuishondLys van chemiese elemente volgens atoomgetalLys van veltoestandeKrygkorGenadedoodAarverkalkingAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidSpelerposisies in rugbySuid-Afrikaanse GrensoorlogSpeelkaartMenslike skeletMonumentOnderwerp (taalkunde)Nazi-DuitslandSamestellende afleidingRegering🡆 More