Gereformeerde Kerk Innesdal

Die Gereformeerde kerk Innesdal was ’n gemeente van die Gereformeerde Kerk (GKSA) noord van Pretoria se middestad.

Dit het die woonbuurte Deerness, Jakarandapark, Riefontein en Villieria ingesluit.

Gereformeerde Kerk
Innesdal
Gereformeerde Kerk Innesdal
Sluit in  Deerness, Jakaranda Park, Rietfontein, Villieria
Klassis  Pretoria-Moot
Huidige predikant(e)  Dr. Wikus Buys
Belydende lidmate  69
Dooplidmate  17
Adres H.v. 17de Laan en Frederikastraat, Rietfontein
Geskiedenis
Stigtingsdatum  24 Desember 1938
Afgestig van  Pretoria-Oos
Eerste predikant  J.M. de Wet (1939–1946)
Datum ingelyf  9 April 2024
Saamgesmelt met  Pretoria-Meintjeskop
Gereformeerde Kerk Innesdal
Die kerkgebou, kort nadat dit ingewy is op 5 Junie 1954.
Gereformeerde Kerk Innesdal
Die eerste kerkie, in gebruik van 1935 tot 1954 en sedertdien die kerksaal.
Gereformeerde Kerk Innesdal
Die kerkgebou, begin 2018. Ds. Jan de Bruin het die hoeksteen op 31 Oktober 1953 gelê.
Gereformeerde Kerk Innesdal
Dr. G.C.P. van der Vyver, van 1946 tot 1949 die tweede leraar.
Gereformeerde Kerk Innesdal
Die nuwe toring van beton is in 1975 opgerig.
Gereformeerde Kerk Innesdal
Lydia van der Vyver, die gemeente se predikantsvrou van 1946 tot 1949.
Gereformeerde Kerk Innesdal
Ds. en mev. J.L. de Bruin, predikantspaar van 1949 tot 1971.

Omgewing

Die gemeente Innesdal was geleë in ’n deel van Pretoria, die Moot, met ’n digte konsentrasie Gereformeerde kerke. Van Innesdal se kerkgebou tot by dié van Pretoria-Wonderboom-Suid is dit 2,6 km, tot by Eloffsdal is dit 3,9 km, tot by Oos-Moot is dit 3,4 km en tot by Pretoria-Meintjeskop 2,9 km. Soos elders, het ook hier die lidmaattal van die Gereformeerde kerke in die jongste jare afgeneem. Innesdal het in 2001 ’n sieletal van 399 gehad, maar in 2014 net 204. Pretoria-Wonderboom-Suid het afgeneem van 401 tot 332, Eloffsdal van 200 tot 147, Oos-Moot van 551 tot 455, Pretoria-Meintjeskop van 335 tot 262 en Die Kandelaar van 506 tot 489.

Stigting

Die Gereformeerde kerk Innesdal is op 24 Desember 1938 gestig en het die naam gekry van die destydse munisipaliteit in die Moot van Pretoria, oos van die Apiesrivier. Dit is die derde oudste gemeente in Pretoria, naas Pretoria en Pretoria-Oos, die tweede oudste wat nog bestaan nadat laasgenoemde ontbind het en die eerste gemeente wat noord van die middestad gestig is.

Vir die uitgestrekte noordoostelike voorstede van die gemeente Pretoria-Oos is in 1935 ’n kerkie (wat later die saal geword het) op een van vier erwe in Rietfontein, wat van die munisipaliteit aangekoop is, gebou. Die hoeksteen is op 22 Junie 1935 gelê. Dié kerkie is in 1942 vergroot en in 1955 in ’n saal omskep. Die huidige pastorie is in 1940 noord van die kerkie gebou.

Huidige kerkgebou

Ds. J.L. de Bruin het die hoeksteen van die nuwe kerkgebou op die hoek van 17de Laan en Ferderikastraat op Hervormingsdag 31 Oktober 1953 gelê. Die argitek was die jong Johan de Ridder, vir wie dit slegs die tweede opdrag was om ’n kerkgebou vir ’n Gereformeerde gemeente te ontwerp nadat hy in 1951 ook verantwoordelik was vir die Gereformeerde kerk Pretoria-Brooklyn, maar dit was die eerste keer dat hy ’n kerk alleen ontwerp het. Hierna sou nog nagenoeg 12 Gereformeerde en 10 ander kerkgeboue volg. Die bouaannemer was ene Dykstra.

Die gebou is destyds as modern beskou vanweë die A-raam-staalkonstruksie wat gebruik is en die nuwe tegniek waarvolgens growwe pleisterwerk aan die gelê plafon aangebring is. Die gebruik van blou glas naas bruin het later ’n De Ridder kenmerk geword. Die oorspronklike, losstaande toring moes ná 21 jaar weens konstruksieprobleme afgebreek word en is in 1975 vervang deur ’n betontoring. Tegelykertyd is ’n moederskamer aan die noordekant van die kerk aangebou. Die SAOB-Walcker-orrel is tydens die ingebruikneming van die kerk op 5 Junie 1954 bespeel deur Pieter Delen, ’n lidmaat. Hy was die gemeente se orrelis tot 2000.

Op 9 April 2024 het Innesdal, nadat sy sieletal tot minder sowat 80 afgeneem het, met Meintjeskop verenig onder laasgenoemde se naam. Die saamgestelde gemeente gebruik Meintjeskop se kerklike geboue.

Predikante

  1. De Wet, dr. Johannes Marthinus, 1939 – 1946
  2. Van der Vyver, dr. Gert Christoffel Petrus, 1946 – 1949
  3. De Bruin, Johannes Lodewicus, 1949 – 1971
  4. Coetzee, Petrus Johannes, 1962 – 1966 (sendingleraar in kombinasie met Totiusdal en Eloffsdal-Wonderboom-Suid)
  5. Louw, Hermanus Albertus, 1968 – 1987 (aanvaar sy emeritaat)
  6. Mulder, Andries Hermanus, 1971 – 1977
  7. Smidt, Marthinus Johannes, 1978 – 2006
  8. Jooste, Christiaan, 2007 – 2009 (in kombinasie met Eloffsdal)
  9. Buys, dr. Abraham Lodewikus Adriaan, 2010 – 31 Augustus [2022]] (gaan oor na 'n ander staat van lewe)

Bronne

Eksterne skakels

Tags:

Gereformeerde Kerk Innesdal OmgewingGereformeerde Kerk Innesdal StigtingGereformeerde Kerk Innesdal Huidige kerkgebouGereformeerde Kerk Innesdal PredikanteGereformeerde Kerk Innesdal BronneGereformeerde Kerk Innesdal Eksterne skakelsGereformeerde Kerk InnesdalGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaPretoria

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AfkortingLetterlike en figuurlike taalgebruikJagluiperdKindermishandelingAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBek-en-klouseerMeervoudSinoniemSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureSoweto-opstandFiela se kindVlinderVerlede tydVleilandBloemfonteinDuitse maselsLeonardo da VinciMantisDriedimensioneelWayde van NiekerkGlasWolkKookpuntSebraVolhoubaarheidHokkieAboriginesKolorektale kankerEugenetikaVeeartsSuid-AfrikaVulkaanSamestellende afleidingMiteMeettegniekMaroela MediaPussy RiotNuwe TestamentNiemetaalJaco JacobsVierkantswortelCalviniaSekondêre sektor van die ekonomieHeuningbyJohannes MeintjesSelfieKunsStikstofOogproblemeDeelstate van die Verenigde State van AmerikaPenisKommunismePropagandaMahatma GandhiAfleiding (taalkunde)AsiëNetbalYstertydperkPoesKrugerwildtuinKriekMaagTegnologieSkilpadGoudkus (streek)Finale OplossingPaasfeesGeelsugWikiBewaringstatusChristiane JaccottetMIVHeks van HexrivierInternet🡆 More