Gereformeerde Kerk Hentiesbaai

Die Gereformeerde kerk Hentiesbaai is ’n gemeente van die Gereformeerde Kerke in Namibië op die kusdorp Hentiesbaai.

Dit was, 16 jaar nadat Namibië onafhanklik geword het, die eerste nuwe Gereformeerde kerk wat in dié land gestig is. Die gemeente het einde 2014 'n sieletal van 58 gehad, die sesde kleinste Doppergemeente in die land.

Gereformeerde kerk
Hentiesbaai
Gereformeerde Kerk Hentiesbaai
Sluit in  Hentiesbaai
Uis
Usakos
Klassis  Etosha
Huidige predikant(e)  Jan du Plessis (hulpdiens)
Belydende lidmate  67
Dooplidmate  2
Adres Spitzkoppeztraat 1797
(h.v. Spitzkoppe- en
Paresisstraat)
Hentiesbaai
Namibië
Geskiedenis
Stigtingsdatum  2006
Afgestig van  Walvisbaai
Eerste predikant  Landman Vogel
2006–2013
Gereformeerde Kerk Hentiesbaai
Die Gereformeerde kerk op Hentiesbaai. Links voor is die konsistorie/kantoor. Die ingang is onder die toring en die kerk self by die vier vensters. Die ou blikgeboutjie is toegebou met stene om dit teen die elemente so naby die see te beskerm. Die sentrum is op 25 Junie 1995 geopen.
Gereformeerde Kerk Hentiesbaai
Die binnekant van die kerkgebou.
Gereformeerde Kerk Hentiesbaai
Ds. Landman Vogel, leraar van 2006 tot 22 Julie 2013 (in kombinasie met Walvisbaai). Hy is oorlede in die amp).
Gereformeerde Kerk Hentiesbaai
Ds. Cobus-Brahm Robinson, die predikant van 2014 tot 2017, in kombinasie met Walvisbaai.

Agtergrond

Die Gereformeerde Kerk se teenwoordigheid op Hentiesbaai kan teruggevoer word tot 1965 toe Jan en El Labuschagne en hul gesin hulle hier kom vestig het as volgens oorlewering die eerste Gereformeerdes op die dorp. Destyds was Hentiesbaai ’n wyk van die Gereformeerde kerk Walvisbaai, wat nege jaar vantevore afgestig het van die Gereformeerde kerk Usakos, ’n afstigting wat die moedergemeente getalsgewys so verswak het dat sy in 1960 moes ontbind. Lidmate moes van Hentiesbaai af die 105 km na Walvisbaai aflê vir Nagmaal. Dienste deur predikante en leesdienste deur ouderlinge is in lidmate se huis gehou. Hulle is ingedeel by die Swakopmund-wyke en deur 'n ouderling van Swakopmund bedien.

Kerkbou

Namate meer lidmate hulle op Hentiesbaai kom vestig het, is in 1984 toestemming verleen om Nagmaal op Hentiesbaai te vier. Die Nagmaalservies wat vandag nog op Hentiesbaai gebruik word, is deur die Karibib- en Usakos-wyke geskenk. Eers is dienste in die plaaslike NG kerk gehou, maar weens oorvleueling van tye, is teruggekeer na huisdienste. In 1992, twee jaar ná Namibië en onafhanklikwording, maar twee jaar voor dié enklawe aan die land oorhandig is, het Walvisbaai se munisipaliteit begin om al die opslaanhuise van die Suid-Afrikaanse Weermagte teen R2 000 elk te verkoop. Omdat die Weermag-kerkgebou, ook 'n opslaankonstruksie, toe nog in gebruik was, is dit eers in 1993 te koop aangebied vir dieselfde bedrag as ’n huis. Die Hentiesbaai-wyke van die Gereformeerde kerk Walvisbaai het dadelik belanggestel en het begin onderhandel. Weens 'n misverstand het die transaksie eers deur die mat geval. Onderhandelings is later hervat en eindelik het die munisipaliteit die kerkgebou aan die Hentiesbaai-wyke geskenk.

Lidmate het dadelik aan die werk gespring. Die opslaangebou, bestaande uit asbespanele, is afgebreek en met bakkies na Hentiesbaai gebring om hier herbou te word. Ná sowat drie weke was al die panele op Hentiesbaai en kon dit opgeslaan word. Met geldelike steun van baie lidmate, groot bydraes van lidmate van ander gemeentes (wat vakansiehuise op Hentiesbaai gehad het), pannekoekverkopings deur die susters asook ander geldelike en stoflike donasies, is met die oprigting van die kerkgebou begin. Ná 'n bietjie meer as drie maande het die kerkgebou gestaan danksy die harde werk van lidmate wat alles self gedoen het.

Sowat ’n jaar lank is dienste in die kerkgebou gehou wat nog nie heeltemal klaar was nie, maar in 1995 is alle afrondingswerk afgehandel en kon die ingebruikneming op 18 November 1995 plaasvind. Ds. Hennie Schutte, Walvisbaai se destydse predikant, het die gedenksteen, met die woorde “God voorsien” daarop, onthul. Later is die geboutjie met stene toegebou om dit teen die elemente te beskerm. Ds. Frans de Bruyn het 'n paar jaar op Hentiesbaai uitgehelp saam met ds. Vogel en tot ds. Brahm Robinson diens aanvaar het in 2014. Hy was saam met die gemeentelede verantwoordelik vir die oprigting van die kerk se toring.

Afstigting

Eers in 2006 het Hentiesbaai afgestig van Walvisbaai as die eerste nuwe Gereformeerde kerk in Namibië ná onafhanklikwording, maar met die geskiedenis van Suidwes-Afrika bygereken, die 21ste. Sewe van die gemeentes het egter tot in daardie stadium ontbind. Ná Hentiesbaai is nog drie gemeentes tot op hede (2015) gestig.

Predikante

  1. Vogel, Landman van der Merwe, 2006 – 22 Julie 2013 (in kombinasie met Walvisbaai; oorlede in die amp)
  2. Robinson, Cobus-Brahm, 2014 – 2017 (in kombinasie met Walvisbaai) en ds. Frans de Bruyn (emeritus hulpdienspredikant)
  3. Jan Barend du Plessis, emeritus hulpdienspredikant 2016 – 2021
  4. Wilhelm Carl Opperman (emeritus hulpdiens predikant) 2022 –

Bronne

Sien ook

Tags:

Gereformeerde Kerk Hentiesbaai AgtergrondGereformeerde Kerk Hentiesbaai KerkbouGereformeerde Kerk Hentiesbaai AfstigtingGereformeerde Kerk Hentiesbaai PredikanteGereformeerde Kerk Hentiesbaai BronneGereformeerde Kerk Hentiesbaai Sien ookGereformeerde Kerk HentiesbaaiGereformeerde Kerke in NamibiëHentiesbaaiNamibië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NierversakingErnst Otto FischerGoudProstaatkankerNAVOPenisverlengingSkarlakenkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteEkonomie van Suid-AfrikaPiet ByleveldKankerWortelKopieregIndonesiëTaalDemensieTurksvyBipolêre gemoedsteuringPolisieAnale kankerDuitse perdebyGesinsdagAnglo-BoereoorlogRenteGianna MichaelsNarsistiese persoonlikheidsteuringTolla van der MerweNoord-AmerikaKasteroliePeniskankerSuid-Afrikaanse WeermagSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024AarverkalkingCRenier van RooyenGebande muishondPG du PlessisPalmsondagAndré SchwartzThabo MbekiGewone drolpeerDulcie van den BerghAkira ToriyamaKonjunktivitisVoortrekkermonumentKasteel die Goeie HoopAnette EngelbrechtDansCSSMondHemelvaartsdagRynhesseLys van veltoestandeRooibokBelgiëFilosofieGrasfamilieUnited Democratic FrontPoësieZuid-Afrikaansche RepubliekKoggelmanderNieuwoudtvilleAfrikaNagapieIranVarkgriepNederduitse Gereformeerde KerkKangaroeWaarheid-en-versoeningskommissie🡆 More