Gereformeerde Kerk Heilbron

Die Gereformeerde kerk Heilbron is ’n gemeente in die GKSA se Klassis Oos-Vrystaat, waarin dit die jongste oorwegend Afrikaanse gemeente is.

Behalwe Heilbron self sluit die grense ook Edenville en Oranjeville in.

Gereformeerde Kerk
Heilbron
Gereformeerde Kerk Heilbron
Sluit in  Edenville
Heilbron
Oranjeville
Denominasie  Gereformeerde Kerk
Klassis  Klassis Oos-Vrystaat
Huidige predikant(e)  T.J. (Tommie) van Vuuren
Belydende lidmate  140
Dooplidmate  41
Adres H.v. Heil- en Elsstraat
Heilbron
Geskiedenis
Stigtingsdatum  1 April 1964
Afgestig van  Frankfort
Eerste predikant  Ds. A. van der Walt
(1965–'67)
Gereformeerde Kerk Heilbron
Die Gereformeerde kerk Heilbron. Danie Crafford was die argitek van die aanbouing en hy het ook die kerkklok se mure ontwerp om by die gewel aan te sluit.
Gereformeerde Kerk Heilbron
Ds. Adriaan van der Walt, leraar van 1965 tot 1967.
Gereformeerde Kerk Heilbron
Ds. M.J. Booyens, die leraar van 1977 tot 1985, toe hy sy emeritaat aanvaar.
Gereformeerde Kerk Heilbron
André Aucamp, predikantsvrou van 1971–1973.

Die Gereformeerde kerk Heilbron het op 1 April 1964 met 65 belydende en 55 dooplidmate van die Gereformeerde kerk Frankfort afgestig, sonder ’n eie kerkgebou. Aan die begin het die nuwe gemeente vir eredienste in die hoërskoolsaal en in die Hervormde kerkgebou bymekaargekom. (Die Hervormde kerk Heilbron is reeds op 23 September 1911 gestig.)

Die Gereformeerde kerkraad het op 2 Februarie 1967 besluit om die Anglikaanse kerkgebou op Heilbron teen ’n bedrag van R2 100 aan te koop. Dié historiese gebou is reeds in 1896, nog voor die Tweede Vryheidsoorlog, opgerig. Dit het lank leeggestaan; daarom het die nuwe eienaar dit opgeknap en gerestoureer.

Namate die gemeente gegroei het, het die kerkgebou te klein geword sodat planne in 1985 goedgekeur is vir die vergroting en aanbouing van ’n nuwe vleuel, kombuis en moederskamer. Die bouwerk het in Januarie 1987 begin en op 15 en 16 Augustus 1987 is die vergrote gebou feestelik in gebruik geneem.

Einde 2001 het Heilbron 129 belydende en 42 dooplidmate gehad, wat tot einde 2014 heel bestendig gebly het toe dit onderskeidelik 118 en 32 was. Met die gemeente QwaQwa uitgesluit, wat eers later deel van die klassis geword het, het die totale getal belydende lidmate van 1 181 afgeneem tot 950, ’n afname van amper 20 persent, vergeleke met Heilbron se afname van minder as 9 persent.

Predikante

  1. Van der Walt, Adriaan, 1965 – 1967 (in kombinasie met Koppies)
  2. Putter, Christiaan Johannes Jacobus, 1968 – 1970 (in kombinasie met Koppies)
  3. Aucamp, Roelof Grove, 1971 – 1973
  4. Lindhout, dr. Anthonie, 1974 – 1976
  5. Booyens, Matthys Jacobus, 1977 – 1985
  6. Du Plessis, Jan Barend, 1985 – 2000
  7. Du Plessis, Marthinus Jacobus, 2001 – 2004
  8. Van Vuuren, Thomas Johannes, 2004 – hede

Bronne

Sien ook

Tags:

EdenvilleGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaHeilbronOranjeville

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameDepressie (gemoedstoestand)TaalNederduitse Gereformeerde KerkSkoolMangelontstekingGeallieerdes van die Tweede WêreldoorlogSteenkoolMagnetismeKoorsPikkewynGesonde dieet2001Arabies-Israeliese konflikDokterXhosaSlangMuskietWapen van NamibiëSeksuele opwekkingAfrikanernasionalismeFiela se kindDistrik SesFotoLabia (geslagsdele)AntoniemSuid-Afrikaanse ReserwebankDemi Lee MooreKonjunktivitisDaggaKolorektale kankerBeurtkragBraaiNierBorsteAfrikaanse woordelys en spelreëlsDie GelofteXenofobie in Suid-AfrikaNarsismeKarretjiemensePoesHokkieAppendiksTydUitwerking van klimaatsveranderingProstaatkankerKlankBakterieRina HugoAfrikaanse taalleerNedersettingHondRooipandaSwartrenosterKrieketNamibwoestynKersfeesEerste WêreldoorlogAtriale fibrillasieIsraelWilna Snyman63323 AprilFamilie (verwantskap)Vergelykings (taalkunde)Steve BikoCovid-19-pandemieRoesRobert SobukweBernice WestGawes van die Heilige GeesOos-KaapJakkalsTweede WêreldoorlogLieweheersbesieMetafoorSosiale mediaHolocaustFrankryk🡆 More