Gereformeerde Kerk Ermelo

Die Gereformeerde kerk Ermelo is die vyfde oudste van die 10 gemeentes in die GKSA se Klassis Piet Retief.

Einde 2015, toe hier 109 belydende en 15 dooplidmate was, was dit die vyfde kleinste gemeente in dié Klassis. Einde 2001 was die getalle onderskeidelik 219 en 113, ’n afname van amper 63 persent binne 14 jaar.

Gereformeerde Kerk
Ermelo
Gereformeerde Kerk Ermelo
Sluit in  Ermelo
Klassis  Piet Retief
Huidige predikant(e)  Dr. Kobus Erasmus
In kombinasie met  Volksrust
Belydende lidmate  92
Dooplidmate  15
Adres Kleijnhansstraat 18
(h.v. Jacobz- en
(Kleijnhansstraat)
Ermelo
Geskiedenis
Stigtingsdatum  30 Oktober 1915
Afgestig van  Piet Retief
Eerste predikant  J.V. Coetzee 1916–1918
Gereformeerde Kerk Ermelo
Die Gereformeerde kerk Ermelo waarvan die hoeksteen op 6 Mei 1916 gelê is.
Gereformeerde Kerk Ermelo
Ds. Christian Ernst Gerhardus Malan, leraar van 1936 tot 1943 in kombinasie met Carolina.
Gereformeerde Kerk Ermelo
Ds. J.J.S. Venter, leraar van 1943 tot 1945.
Gereformeerde Kerk Ermelo
Ds. G.P. Scheepers, leraar van 1948 tot 1952 (in kombinasie met Carolina en Barberton).
Gereformeerde Kerk Ermelo
Ds. G.L. van der Walt, die leraar van 1953 tot 1955.

Reeds in 1913 is erwe op Ermelo aangekoop met die doel om ’n kerkgebou vir Gereformeerdes hier op te rig. Die geld is verkry uit die verkoop van die plaas Zandbank in die distrik Piet Retief wat behoort het aan Gereformeerdes op Ermelo en is verkoop teen £2 per morg, hoewel die bron nie sê hoe groot die plaas was nie. Die Gereformeerde kerk Ermelo is op 30 Oktober 1915 afgestig, waarskynlik van die Gereformeerde kerk Piet Retief. ’n Jaar later het die bouer A. Pienaar die kerkgebou opgerig teen ’n koste van £1 079, terwyl die hoeksteen gelê is op 6 Mei daardie jaar.

Hierdie gebou, wat sitplek gebied het aan 200 kerkgangers, het in sy oorspronklike vorm as kerk gedien tot 1965, toe die suidoostelike vleuel aangebou is om sitplek aan nog 150 kerkgangers te bied, want reeds in 1960 het die gemeente se sieletal sowat 300 getel. In 1989 is ’n saal aangehou wat ’n eenheid met die kerkgebou vorm.

Predikante

  1. Malan, Christian Ernst Gerhardus, 1936 – 1943 (in kombinasie met Carolina)
  2. Venter, Jurie Johannes Stefanus, 1943 – 1945 (in kombinasie)
  3. Scheepers, Gideon Petrus, 1948 – 1952 (in kombinasie met Carolina en Barberton)
  4. Van der Walt, Gert Louis, 1953 – 1955
  5. Ligthelm, Johan, 1958 – 1966
  6. Smit, Cornelius Hermanus, 1966 – 1990 (aanvaar sy emeritaat)
  7. Meijer, dr. Gerard Johannes, 1990 – 1998
  8. Van Schaik, Johannes, 1999 – 2005
  9. Booyens, Daniël Jan Andries, 2006 – 2009

Bronne

Tags:

Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VoortrekkermonumentLabia (geslagsdele)SoutsuurJagluiperdPretoriaBeaufortskaalHondAardeViëtnamoorlogElon MuskSikloonAfkortingGevolge van aardverwarming op oseaneMisdaadromanVroueregteGreen PornoHannes van WykGeskiedenis van Suid-AfrikaToringLeierFeminismeGroot GatTradisionele literatuurKultuurKunselementeYstertydperkSleutel (musiek)MalariaTweede WêreldoorlogRomanWet op NaturellengrondPizzaWerkersdagGewasboerdery in Suid-AfrikaSpoorvervoer in Suid-AfrikaLeestekenMondEienaamMateriaalGeldMenseregteSlag van BloedrivierMaselsAngolese BurgeroorlogGalileo GalileiAardverwarmingKarooRudi ClaaseInternetVoedingJeanette FerreiraKonsentrasiekampHeks van HexrivierWiskundeHortologieDeelwoordMonopolieVersoeningsdagGianna MichaelsRenaissanceVaste stofSwawelVarkDistrik SesRussiese inval in Oekraïne sedert 2022LenteWêreld- Ekonomiese ForumSuid-Afrikaanse GrensoorlogUitwerking van klimaatsveranderingBreinvliesontstekingDie Laaste Avondmaal (Leonardo)Suid-Afrikaanse etniese groepe en kultureWoordsoortMark (ekonomie)🡆 More