Gereformeerde Kerk Eikenhof

Die Gereformeerde kerk Eikenhof was ’n gemeente van die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika suidwes van die Randse dorp Alberton.

Dit is in 1946 gestig, maar het op 24 Augustus 1996 ophou bestaan toe dit saamgesmelt het met Gereformeerde kerk Brackenhurst (gestig in 1982) en die verenigde gemeente Brackenhof geword het.

Gereformeerde Kerk Eikenhof
Ds. J.A.H. van der Vinne, leraar van 1962 tot 1963.
Gereformeerde Kerk Eikenhof
Ds. H.B. van der Walt as student in 1961. Hy was die leraar alhier van 1964 tot 1967.
Gereformeerde Kerk Eikenhof
Ds. N.J. Malan, leraar van 1967 tot 1976.

Nadat Brackenhurst en Eikenhof saamgesmelt het, is Eikenhof se klein pyporrel oorgeplaas na die Brackenhurst-kerk, waarin die saamgestelde gemeente sedertdien aanbid. ’n Jaar of wat ná die samestelling het Brackenhof 396 belydende ’n 154 dooplidmate gehad, maar einde 2014 het dit afgeneem tot onderskeidelik 186 en 39. In die Gereformeerde Kerk se eeufeesjaar (1959) het Eikenhof, destydse die negende oudste Gereformeerde kerk aan die Oos-Rand, se belydende lidmate 93 getel en die dooplidmate 34.

Predikante

  1. Van der Walt, Nicolaas Hendrik, 1946–1947 (in kombinasie met Heidelberg; aanvaar sy emeritaat)
  2. Van Wyk de Vries, dr. Klaas Speleveld, 1947–1952 (in kombinasie met Alberton)
  3. Duvenage, Abraham Petrus Carolus, 1959–1962
  4. Van der Vinne, Jacob Albert Hendrik, 1962–1963
  5. Van der Walt, Hendrik Bernardus, 1964–1967
  6. Malan, Nicolas Johannes, 1967–1976
  7. Kruger, Gert Daniël, 1977–1980
  8. Nagel, Cornelius Johannes, 1981–1986
  9. Du Plessis, Lourens Stephanus Daniël, 1986–1991
  10. Nel, Elias Paulus, 1991–1996, waarna Brackenhof sedert 1996

Bronne

  • (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1957. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1958. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1958. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1959. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Tags:

199624 AugustusAlbertonGereformeerde Kerke van Suid-AfrikaGereformeerde kerk BrackenhofGereformeerde kerk BrackenhurstWitwatersrand

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HolocaustLemoenduifKoos BekkerSpysverteringstelselHector PietersonDeon MeyerViëtnamoorlogVulvaArgentiniëNoag se arkDramaVarkTjelloDemi Lee MooreSeksualiteitWaterkringloopLionel MessiKameelperdSuikersiekteLys van ingelyfde NG gemeentesWerkwoordWet op NaturellengrondNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaLys van elemente volgens simboolSkaakGetalLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaEskomKaaps-Hollandse stylVaginale kankerKoppeltekenIronieLys van visseToringBeurtkragBergpredikasieAkker van der MerweNasionalismeRefentse MorakeGeskiedenis van erotiese afbeeldingsMagsverheffingEkonomie van Suid-AfrikaParasitiese siektesVleilandVerenigde State van AmerikaVerkoueWhatsAppSatellietKompasLongRina HugoLeonardo da VinciProteïenRoland GarrosVrouBoet TroskieBrandmondsindroomMenseregteTaalHemelvaartsdagVigsGreen PornoJan BloukaasVratLys van Islamitiese feeste en herdenkingsAarverkalkingRob HersovKarpaletonnelsindroomShakaNic de JagerTweede WêreldoorlogOrale seksLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)HiënaAgorafobie🡆 More