Gereformeerde Kerk Eendracht

Die Gereformeerde kerk Eendracht is die kleinste gemeente in die GKSA se Klassis Piet Retief.

Einde 2015 het die belydende lidmate 24 getel en die dooplidmate twee, vergeleke met onderskeidelik 40 en 14 in 2001. Einde 2016 was dit 28 en twee.

Gereformeerde Kerk
Eendracht
Gereformeerde Kerk Eendracht
Sluit in  Devon
Eendracht
Leandra (Leslie)
Klassis  Piet Retief
Huidige predikant(e)  Carel Jansen
In kombinasie met  Secunda
Belydende lidmate  15
Dooplidmate  0
Adres Stanleystraat 1
Barberton
Geskiedenis
Stigtingsdatum  22 Desember 1934
Afgestig van  Heidelberg
Eerste predikant  S. du Toit 1934–1936
Gereformeerde Kerk Eendracht
Die Gereformeerde kerk Eendracht.
Gereformeerde Kerk Eendracht
Dr. F.N. Lion-Cachet, leraar van 1963 tot 1967.
Gereformeerde Kerk Eendracht
Ds. A.J.R. Vermeulen, leraar van 1974 tot 1987, toe hy aftree.

Die dorpie Eendracht het naasaan Leslie in Mpumalanga gelê, nagenoeg halfpad tussen Springs en Bethal. Later is die nedersettings saamgevoeg onder die naam Leandra. Op Eendracht is die Gereformeerde kerk Eendracht op 22 Desember 1934 van die Gereformeerde kerk Heidelberg afgestig. As bruidskat het die dogter ’n aantal erwe gekry.

Die kerkgebou van die Hervormde gemeente Eendracht, gestig op 20 Maart 1917 en met ’n sieletal van 307 in 2014, is in die beginjare gehuur teen £5 per jaar op voorwaarde dat die Gereformeerde kerk ook die windpomp in stand hou. Ná baie vergaderings en beplanning het die Gereformeerdes in 1943 begin met die oprigting van hul eie kerkgebou. Ds. P.J.J. Delport van die Gereformeerde kerk Bethal het die hoeksteen gelê van die gehou wat sitplek bied aan 400 kerkgangers en sowat £8 500 gekos het.

Die kerk is op 29 Januarie 1944 in gebruik geneem tydens ’n geleentheid waar prof. J.D. du Toit (Totius) opgetree het.

Predikante

  1. Lion-Cachet, dr. Francois Nicholas, 1963 – 1967
  2. Du Plessis, Dawid Gerhardus Cornelius, 1967 – 1974 (in kombinasie met Evander)
  3. Vermeulen, Andries Johannes Roos, 1974 – 1987 (aanvaar sy emeritaat)
  4. Minnie, Francois Gysbertus, 1988 – 1991
  5. Odendaal, Pieter Abraham, 1992 – 1993 (in kombinasie met Evander)

Bronne

Sien ook

  • NG gemeente Eendracht

Tags:

Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Olimpiese Somerspele 2024NatuurwetenskapEtniese groepSinoniemAboriginesBurgerregteOnderhoudNederlandsOorstromingDroomPlastiekTropiese sikloonDistrik SesChris HaniBeesTienerDoelwitBeurtkragUnited Democratic FrontAluminiumPersSkoolTelevisieAtoomVaste stofKarlien van JaarsveldFiela se kindPriemgetalWikimedia-stigtingReënspinnekopBloeddrukOlifantMusieksimboleKlavierRassisme in AfrikaIslamitiese Staat – Khorasan ProvinsieNieuwoudtvilleSitrusKunsmisEnsiklopediePesachMiddelmisbruikKinkhoesWieg van die MensdomSwartbewussynsbewegingOu Apostoliese KerkGenitale vratPlae van EgipteAalwynBoor (element)Vryheid van spraakVoegwoordOlimpiese SpeleKoos du PlessisKewerLemoenDrakensbergeKunsmatige algemene intelligensieKinderregteTaalfossielBeaufortskaalToutrekJagluiperdSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Nuwe TestamentFaf de KlerkDuitsHemelBesemMolekuulJode in Suid-AfrikaLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameKunselementeChristendom7de LaanElektroniese of digitale media🡆 More