Gereformeerde Kerk Edenvale

Die Gereformeerde kerk Edenvale is ’n gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika met sy middelpunt in die voorstad Edenvale, Gauteng, hoewel dit ook gebiede soos Bedfordview, Dowerglen, Elandsfontein, Lyndhurst, Modderfontein en Sandringham insluit.

Gereformeerde Kerk
Edenvale
Gereformeerde Kerk Edenvale
Sluit in  Bedfordview
Buccleugh
Croydon
Dowerglen
Dunvegan
Eastleigh
Edenvale
Elandsfontein
Elma Park
Ester Park
Hurlyvale
Kew
Lyndhurst
Marais Steynpark
Modderfontein
Rietfontein-hospitaal
Sandringham
Klassis  Vaalrivier
Huidige predikant(e)  Dr. Deon Lartz
Belydende lidmate  155
Dooplidmate  4
Adres Eerste Laan-verlenging 203, Edenvale
Geskiedenis
Stigtingsdatum  Mei 1953
Afgestig van  Primrose
Eerste predikant  J.M. Opperman (1956–'59)
Gereformeerde Kerk Edenvale
Die Gereformeerde kerk Edenvale.
Gereformeerde Kerk Edenvale
Ds. J.M. Opperman, van 1956 tot 1959 die eerste leraar.
Gereformeerde Kerk Edenvale
Ds. J.H. Coetzee, leraar van 1960 tot 1965, sy eerste gemeente.
Gereformeerde Kerk Edenvale
Dr. Jansen van Vuuren du Plessis, leraar van 1965 tot 1970.
Gereformeerde Kerk Edenvale
Ds. A.S. van den Berg, die leraar van 1970 tot 1976, toe hy die bediening verlaat.
Gereformeerde Kerk Edenvale
Dr. Deon Lartz, die leraar sedert 2002.

Edenvale is in Mei 1953 uit wyke van die moedergemeente Primrose (1946) afgestig as die twaalfde Gereformeerde kerk aan die Oos-Rand. Dienste is reeds in 1949 in die omgewing gehou en twee eenderse sale is in sowel Edenvale as Primrose gebou. Albei sale is op 9 Augustus 1952 ingewy, nege maande voor die gemeente se stigting. Gou was dit te klein om al die kerkgangers soggens te huisves; daarom moes die kerk ’n skoolsaal gebruik vir die oggenderediens. Begin 1976 is ’n moderne kerkgebou in gebruik geneem. Dié gebou het geen vensters nie om die geraas van die nabygeleë snelweë uit te skakel. Lugreëling sorg vir vars lug in die gebou.

In die eeufeesjaar van die Gereformeerde Kerk het Edenvale 165 belydende lidmate gehad en Primrose 518. Einde 2001 was dit onderskeidelik 197 en 210, maar einde 2014 het Edenvale teruggesak tot 161 belydende lidmate en Primrose tot net 59. Einde 2017 was dit onderskeidelik 154 en 38.

Predikante

  1. Opperman, Johannes Marthinus, 1956–1959
  2. Coetzee, Johannes Hendrik, 1960–1965
  3. Du Plessis, dr. Jansen van Vuuren, 1965–1970
  4. Van den Berg, Adriaan Stephanus, 1970–1976 (verlaat die bediening)
  5. Kuperus, Willem Leendert, 1976–1997 (aanvaar sy emeritaat)
  6. Engelbrecht, Willem Gerhardus, 1997–1999 (verlaat die bediening; sy enigste gemeente)
  7. Pieterse, Wilhelmus Johannes, 1999–2002
  8. Lartz, dr. Deon, 2002 – hede

Bronne

Tags:

BedfordviewEdenvaleGautengGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaLyndhurstModderfontein

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

United Democratic FrontAborsiePinksterTrekarbeidVervoerKwikVergelykings (taalkunde)Menslike skeletAntoniemVoedingSendelingposisiePiet ByleveldRamsar-vleilande in Suid-AfrikaFossielbrandstofNeerslagAkroniemSportOrganisasie sonder winsoogmerkDramaAardkorsInvloed van vigs op die ekonomieWhatsAppFabelNamibiëNoord-KaapFascismeTermietBTWLandbouSneeuDeelwoordSkoenlapperWinnie Madikizela-MandelaVerenigde State van AmerikaWolkWinterGrondwaterLys van nedersettings in Suid-AfrikaBloedsomloopstelselGoudkus (streek)Pornografiese akteurDrakensbergeKrieketNatriumsuperoksiedGriepKoorsblaarHernubare energieAnette EngelbrechtGrondwet van Suid-AfrikaLys van Suid-Afrikaanse opposisieleiersKongo-krisisIranse aanval op Israel in 2024HartProteaKompasVerenigde KoninkrykWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaEnsiklopedieCristiano RonaldoLimfvatstelselSatellietWaterKolorektale kankerDikdermJan Christian SmutsOnse VaderVrouFrankrykPakistanCovid-19-pandemieBywoordSpringbokkeWerkwoordMonopolieAfrikaanse woordelys en spelreëls🡆 More