Die Gereformeerde kerk Delmas is die tweede oudste gemeente in die GKSA se Klassis Verre-Oos-Rand en was einde 2015, met 187 belydende en 30 dooplidmate, die vyfde grootste van die 11 gemeentes.
Gereformeerde Kerk Delmas | ||
Sluit in | Argent Dryden Eloff Sundra | |
Klassis | Verre Oos-Rand | |
Huidige predikant(e) | Reghard Janse van Rensburg | |
Belydende lidmate | 136 | |
Dooplidmate | 45 | |
Adres | Van riebeecklaan Delmas | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 28 Mei 1938 | |
Afgestig van | Heidelberg/Erasmus | |
Eerste predikant | C.D. van der Merwe 1954–1960 |
Lidmate van die Gereformeerde kerke Heidelberg en Erasmus (Bronkhorstspruit) wat in die omgewing van Delmas gewoon het, het soms Nagmaal in ’n gesamentlike gebou van die drie Afrikaanse kerke gehou op die plaas Strydpan en soms in die NG kerkgebou op Delmas. Op 28 Mei 1938, die jaar van die Simboliese Ossewatrek, het die Gereformeerde kerk Delmas van Heidelberg en Erasmus afgestig.
Die eerste en huidige kerkgebou is opgerig op ’n stuk grond van 1 morg wat Karel Schoeman aan die kerk geskenk het. Die argitekte Geers en Geers het die plan geteken en ds. B.R. Kruger het die hoeksteen op 28 Augustus 1943 gelê. Hierdie gebou is in 1944 voltooi teen ’n koste van £9 000. Die kerkskuld is in 1965 gedelg en van toe tot 1970 is die konsistorie vergroot teen ’n koste van R6 095 en ’n kerkorrel geïnstalleer van amper R20 000.
Eers 40 jaar ná die gemeente se stigting en wel in 1978 is die behoefte aan ’n kerksaal en katkisasielokale uitgespreek. Op 8 November 1981 is die nuwe gebouekompleks, wat R102 000 gekos het, oopgesluit met dieselfde sleutels as dié waarmee die oorspronklike gebou ontsluit is.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Gereformeerde kerk Delmas, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.