Gereformeerde Kerk Daspoort

Die Gereformeerde kerk Daspoort is ’n gemeente van die Gereformeerde Kerk (GKSA) in die weste van Pretoria.

Dit beslaan die gelyknamige woonbuurt asook ’n gedeelte van Claremont en Pretoria-Tuine.

Gereformeerde Kerk
Daspoort
Gereformeerde Kerk Daspoort
Sluit in  Claremont
Daspoort
Hermanstad
Mirtehof
Pretoria-Tuine
Klassis  Pretoria-Moot
Huidige predikant(e)  J.A.G. (Kosie) Henning
Belydende lidmate  150
Dooplidmate  34
Adres Jenningstraat 728, Daspoort
Geskiedenis
Stigtingsdatum  4 Mei 1940
Afgestig van  Innesdal
Eerste predikant  J.M. de Wet

Kort geskiedenis

Gereformeerde Kerk Daspoort 
Die kerkgebou, begin 2018.
Gereformeerde Kerk Daspoort 
'n Perspektieftekening van die kerkgebou deur die argitek, Age Jonker.
Gereformeerde Kerk Daspoort 
Ds. L.H. Stavast en sy gesin. Hy was van 1957 tot 1960 die gemeente se vierde leraar. Dié foto is geneem toe hy leraar was van die Gereformeerde kerk Kaapstad, 1963–1969.
Gereformeerde Kerk Daspoort 
Mev. (ds.) A. Duvenage, predikantsvrou van 1943 tot 1949.
Gereformeerde Kerk Daspoort 
Dr. en mev. Johannes Postma, die leraarspaar van 1949 tot 1956.
Gereformeerde Kerk Daspoort 
Ds. L.S. van der Vyver, die leraar van 1960 tot 1965.
Gereformeerde Kerk Daspoort 
Ds. Fanus Heystek, leraar van 1974 tot 1981.
Gereformeerde Kerk Daspoort 
Ds. P.A. Smit en sy gesin. Hy was die leraar van 1981 tot 1997, sy laaste gemeente.
Gereformeerde Kerk Daspoort 
Ds. Cobus Rossouw, die gemeente se predikant sedert 2009.

Die gebied waarin die Gereformeerde kerk Daspoort later tot stand gekom het, was tot 1939 deel van die Gereformeerde kerk Pretoria. Eredienste in ’n saaltjie gehou wat aan die wyk behoort het. In 1939 het die wyk deel geword van die Gereformeerde kerk Innesdal, wat in 1938 van Pretoria-Oos afgestig het. Reeds in 1940 en wel op 4 Mei het Daspoort afgestig van Innesdal.

Vanweë die snelle uitbreiding van die gemeente het die ou kerkgeboutjie wat omstreeks 1908 deur ene br. Hermann opgerig is vir die wyk Daspoort van die Gereformeerde kerk Pretoria, heeltemal te klein geword. 'n Groter kerkgebou was uiters noodsaaklik. In November 1950 is toe begin met die gebou, wat reeds op 29 September 1951 ingebruik geneem kon word. Dit was nadat twee lidmate, M. en D. Hermann, het grond aan die nuwe gemeente geskenk waarop hulle 10 woonhuise opgerig en verhuur het vir ekstra inkomste. In 1950 is dié huise verkoop en die geld gebruik om die kerkgebou in Jenningstraat op te rig. Prof. Stephanus du Toit het die verrigtinge tydens die ingebruikneming gelei. ’n Paar maande later het die susters ’n groot orrel van £2 500 aangekoop.

Die argitek was Age Jonker van Pretoria. Baie van die werk in die kerk is kosteloos deur van die lidmate gedoen. Die gebou is beplan vir 550 munisipale sitplekke en die koste van die oprigting was £23 500, insluitende die meubels en 'n groot orrel van £2 500, waarvoor die susters betaal het en wat 'n paar maande ná die kerkgebou in gebruik geneem is. By die beplanning van die gebou is veral ook die behoeftes van die katkisasies in aanmerking geneem. Daarom kan 'n deel van die kerk afgesluit word met skuifdeure sodat 'n afsonderlike saal gevorm word met sowat 100 sitplekke. Met gerief kan minstens sewe katkisasieklasse gelyktydig gehuisves word sonder dat hulle mekaar steur. Daar is 'n galery, ruim konsistorie, moederskamer en ook 'n kamer bokant die konsistorie. In die konsistorie is talle muurkaste ingebou, 'n brandkluis en ook 'n rak vir die biblioteek van die kerk. Voor die preekstoel is 'n groot platform waarop die sakramente bedien word. Aan elke Nagmaalstafel kan 45 kommunikante plaas neem. Die banke van die ampsdraers is so gerangskik dat oor hulle die hele gemeente kan sien.

Die gemeente het die 21ste eeu betree met 393 belydende en 46 dooplidmate vir 'n sieletal van 439. Dertien jaar later was dit onderskeidelik 236 en 69 en die sieletal 305, 'n afname van net meer as 30 persent. Teen 2019 het die syfers gestaan op 171 en 45.

Predikante

  1. De Wet, dr. Johannes Marthinus, 1940 – 1942 (in kombinasie met Innesdal)
  2. Duvenage, Abraham, 1943 – 1949 (in kombinasie met Eloffsdal)
  3. Postma, dr. Johannes, 1949 – 1956
  4. Stavast, Lammert Hendrik, 1957 – 1960
  5. L.S. van der Vyver, 1960 – 1965
  6. Helberg, dr. Abraham Nicolas, 1966 – 1974
  7. Heystek, Andries Stefanus, 1974 – 1981
  8. Vorster, Stephanus Christiaan, 1997 – 1999 (kapelaan); 1999 – 11 Mei 2003 (gemeentepredikant; oorlede in die amp)
  9. Smit, Petrus Albertus, 1981 – 1997 (aanvaar sy emeritaat)
  10. Erasmus, Lourens Jacobus, 2005 – 2008
  11. Rossouw, Andries Jacobus, 2009 – 2019
  12. Hening, J.A.G. (Kosie), 13 Maart 2021 – hede

Bronne

Verwysings

Sien ook

Eksterne skakels

Tags:

Gereformeerde Kerk Daspoort Kort geskiedenisGereformeerde Kerk Daspoort PredikanteGereformeerde Kerk Daspoort BronneGereformeerde Kerk Daspoort VerwysingsGereformeerde Kerk Daspoort Sien ookGereformeerde Kerk Daspoort Eksterne skakelsGereformeerde Kerk DaspoortDaspoortGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaPretoria

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SoogdierGeldInstagramWiki CommonsNatuur1913KnieTatoeëermerkVerkleurmannetjieKrampMenseregtedagGeloftedagChemiese elementEmosieNasionale VrouedagLetterkundeDiepaartromboseKommunismeLeestekenSeksismeGewasboerdery in Suid-AfrikaLionel MessiD.J. OppermanFabelMona LisaPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaHerfsInfeksieOorkruipersSeekoeiCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaGalileo GalileiHipoteseFamilie (verwantskap)Steve BikoDepressie (gemoedstoestand)TamatieKaapse VlakteBorskankerMangelOos-KaapDurbanWaterbesparing in Suid-AfrikaWoudWoordsoortSpysverteringstelselKalenderMigrasie van voëlsVerenigde KoninkrykRuslandSendelingposisieMadison IvyVoortrekkermonumentAnglo-BoereoorlogProstaatkankerVermenigvuldigingDramaMantisHartversakingTweede WêreldoorlogKatTafelbergMigrasie van diereKaartKlimaatsverandering in AfrikaWillie JoubertNasiebouWerkwoordKinderregteWiskundige terminologieKaapstadVervoerGeslagGezina, Pretoria🡆 More