Gereformeerde Kerk Buffeldoorns

Die Gereformeerde kerk Buffeldoorns is ’n gemeente van die GKSA met sy middelpunt op die Wes-Randse dorp Fochville, maar dit sluit ook onder meer Oos-Driefontein, Deelkraal en Elandsrand in.

Die gemeente se belydende lidmate het in 2015 183 getel en die dooplidmate 38.

Gereformeerde Kerk
Buffeldoorns
Gereformeerde Kerk Buffeldoorns
Sluit in  Carletonville
Elandsrand
Fochville
Klassis  Potchefstroom
Huidige predikant(e)  Jaco Lemmer
Belydende lidmate  141
Dooplidmate  40
Adres Tulpstraat 15
Fochville
Geskiedenis
Stigtingsdatum  1949/14 Maart 1974
Afgestig van  Potchefstroom
Eerste predikant  J.V. Coetzee 1949–1952
N.G. Laubscher 1977–2006

Agtergrond

Die plaas Buffeldoorns is sowat 20 km wes van Fochville geleë. Die eienaar van dié plaas ten tyde van die stigting van die Gereformeerde Kerk, P.J.W. Schutte, was ’n kerkleier en het hom as Volksraadslid van 1850 tot 1873 onderskei. Hy is op 29 November 1805 (of 1803) in die distrik Uitenhage gebore en het hom omstreeks 1849 op Buffeldoorns kom vestig. Nadat hy van die Kaap na Durban gevaar het, het ds. Dirk Postma, die stigter van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, op Saterdag 7 November 1858 op Schutte se plaas aangekom. Op Sondag 8 November is die tweede Dopperpreek noord van die Vaalrivier in die opstal op Buffeldoorns gelewer, drie maande en drie dae voor die Kerk se stigting.

Nadat die Kerk op 11 Februarie 1859 op Rustenburg gestig is, het die wyk Mooirivier met 35 (of 36) lidmate tot stand gekom met Schutte as ouderling en P.A. Venter as diaken. Toe ds. Postma die Gereformeerde kerk Potchefstroom op 17 April 1863 stig, het Mooirivier ’n wyk van dié gemeente geword, hoewel die Almanak van die GKSA Potchefstroom se stigting aangee as 1859 en latere navorsing daarop dui 12 Februarie 1859 is wel dié gemeente se stigtingsdatum danksy die aanwysing van die eerste ouderling en diaken.

Eerste Buffeldoorns gestig

Amper 90 jaar later en wel in 1949 het Buffeldoorns van Potchefstroom afgestig met ’n lidmaattal van 174. Die eerste erediens van die nuwe gemeente is gebou in ’n plaasskooltjie, wat in onbruik verval het. Dit is dan ook later weens bouvalligheid gesloop. Namate die goudmyne in dié omgewing ontwikkel het, het die groeipunte ook gewissel. Nadat die myndorp Carletonville enkele kilometer wes van Fochville ontstaan het, is die Gereformeerde kerk Carletonville op 16 Mei 1953 gestig. Buffeldoorns het daarna te min lidmate oorgehad om sinvol op sy eie te bestaan en is in 1957 ontbind toe die lidmate by omliggende gemeentes ingeskakel het.

Tweede stigting

Op 19 Oktober 1959 (volgens die Almanak 1969) het die Gereformeerde kerk Carletonville-Oos afgestig. Kort hierna het talle sinkgate in die omgewing begin inval sodat mense weggetrek en die gemeente se lidmaattal so skerp afgeneem het dat Carletonville-Oos moes ontbind (in 1969 volgens een bron, maar volgens ’n ander in 1976). Destyds het Fochville die groei getoon wat eers van Carletonville verwag is. Nadat Carletonville-Oos ontbind het, het die ou naam Buffeldoorns herleef met die stigting van nog ’n gemeente met dié naam en wel op Fochville op 14 Maart 1974.

Ds. N.G. Laubscher was die gemeente se predikant van 1977 tot 2006. Onder sy leiding het die gemeente met ywer aan die werk gespring om ’n kerkgebou op te rig wat eindelik op 25 en 26 November 1978 in gebruik geneem is nadat ds. Laubscher die hoeksteen op 1 Julie daardie jaar gelê het. Die kerkraad het as eienaarbouer opgetree en die gebou se ontwerp is met ’n merieteprys bekroon.

Predikante

Eerste bestaanstyd

  1. Coetzee, Jan Viljoen, 1949 – 26 Desember 1952 (in kombinasie met Potchefstroom; oorlede in die amp)
  2. Janse Van Vuuren, Cornelius Marthinus, 1954 – 1958 (in kombinasie met Carletonville)

Ná herstigting

  1. Laubscher, Nicolaas Gerhardus, 1977 – 2006 (aanvaar sy emeritaat)
  2. Muller, dr. Daniel Francois, 2006 – 2012
  3. Pretorius, Rynhardt Jacobus, 2013 – hede

Bronne

Eksterne skakels

Tags:

Gereformeerde Kerk Buffeldoorns AgtergrondGereformeerde Kerk Buffeldoorns Eerste Buffeldoorns gestigGereformeerde Kerk Buffeldoorns Tweede stigtingGereformeerde Kerk Buffeldoorns PredikanteGereformeerde Kerk Buffeldoorns BronneGereformeerde Kerk Buffeldoorns Eksterne skakelsGereformeerde Kerk BuffeldoornsElandsrandFochvilleGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaOos-DriefonteinWes-Rand

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KolonoskopieWaterstofWêreld- Ekonomiese ForumRugbywêreldbeker 2023Ronelda KamferApokriewe boekeEreksieTrekarbeidRymKankerGesondheidKunsmatige intelligensieMIV/vigs in Suid-AfrikaKoerantFilosofieEskomOnomatopeeEnergieMonumentSharpeville-slagtingDesimale breukeStaalSkildklierMusieksimboleTydMerinoKameelAkademiaAanhalingstekensOlifantAnilingusJohannesburgSlag van Cuito CuanavaleInternetGoogleDemi Lee MooreAfkappingstekenBorskankerHolocaustKompasTitaanSpysverteringstelselWerkloosheidVitamienJan Christian SmutsSteenkoolKoolstofdioksiedEkotoerismeAfro-AmerikanersGautengBTWPakistanDialoog in fiksieDuitslandProstaatkankerIslamSosiale mediaGemeenskapLys van hoofstedePersoonlikheidMeningsverskil oor aardverwarmingGroot TrekSonenergieLys van elemente volgens simboolFamilie (verwantskap)AluminiumOos-KaapRamsar-vleilande in Suid-AfrikaHoofkarakterSwart nasionalismeLettergreepTafelsoutOnderhandelinge om apartheid te beëindig🡆 More