Gereformeerde Kerk Brakpan-Suid

Die Gereformeerde kerk Brakpan-Suid was van 1979 tot 2013 die tweede gemeente van die Gereformeerde Kerk op die Oos-Randse dorp Brakpan toe dit saamgesmelt het met die gemeente Brakpan, wat in 1926 van Germiston afgestig het.

Gereformeerde Kerk Brakpan-Suid
Die Gereformeerde kerk Brakpan-Suid is in werklikheid twee sale.
Gereformeerde Kerk Brakpan-Suid
Ds. Jan Visser, van 1980 tot 1997 die eerste leraar.

Die gemeente Brakpan-Suid het op 24 Junie 1979 van Brakpan afgestig. Dr. Jan en Maritha Visser was die eerste leraarspaar. Aanvanklik is die skoolsaal van die Laerskool Harmonie gehuur om die gemeente voorlopig te huisves. Intussen het die gemeente beplan om ’n kerkgebou op te rig op ’n stuk grond in Dalpark wat ten bedrae van R40 000 aangekoop is. Die eerste fase was die beplanning van ’n pastorie en ’n saal, en dan ’n tweede fase wat uit die oprigting van ’n kerkgebou sou bestaan. Die gemeente sou eienaar-bouer wees met diaken Andries Swart as bouaannemer.

Eers kon die gemeente hul eerste erediens in die nuwe saal- en katkisasieklaskompleks hou, terwyl langsaan ’n pragtige nuwe pastorie gepryk het by Magnoliastraat 18, Dalpark. Collin Laubscher, ’n plaaslike skrynwerker, het die preekstoel gebou met latere byvoeging deur Charles Hamm. In 1988 is ’n kerkorreltjie bekom wat geskenk is deur suster A. Swart, wat voldoende was vir die grootte van die kerkgebou. Mettertyd het die gemeente gewoond geraak aan die saal en dus besluit dat dit goed genoeg aan die behoeftes voldoen het; daarom is besluit om nie die onkoste van ’n kerkgebou aan te gaan nie. Die kerkraad het toe besluit om liewer nog ’n saal te bou vir gemeentelike aktiwiteite. Dit is aangebou teen ’n skamele R75 000. Eindelik is die toring aangebring met sy kruis-simboliek.

Einde 1997 het Brakpan-Suid 173 belydende en 64 dooplidmate oorgehad en die moedergemeente onderskeidelik 257 en 80. Dit was dan ook die enigste twee gemeentes van dié kerkverband wat hier tot stand gekom het. Vier jaar later, einde 2001, het Brakpan-Suid 168 belydende en 57 dooplidmate gehad en die moedergemeente onderskeidelik 218 en 51. In 2013 het die twee gemeentes saamgesmelt en einde 2014 het die belydende lidmate 351 getel en die dooplidmate 79. Dieselfde het in Benoni en op Springs gebeur waar die twee Gereformeerde gemeentes in onderskeidelik 2009 en 2013 ook een geword het.

Leraars

  1. Visser, Jan dr., 1980–1997 (aanvaar sy emeritaat) (Bethlehem 1956–1959, Primrose 1959–1969, Linden 1969–1974, Rustenburg-Wes 1974–1980, Brakpan-Suid 1980–1997. Geëmeriteer 1997.)
  2. Howell, dr. Jacobus Hercules, 1998–2004
  3. Roets, Cornelius Johannes Christiaan, 2004–2009
  4. Van Jaarsveld, Leon Petrus, 2010–2013 (waarna sedert 2013 Brakpan)

Bronne

  • (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Venter, ds. A.A. 1957. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1958. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Tags:

BrakpanGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaGereformeerde kerk BrakpanGereformeerde kerk GermistonOos-Rand

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Nasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaMasturbasieSirkelLionel PetersonVolhoubaarheidChristiaan BarnardWinnie Madikizela-MandelaN.P. van Wyk LouwSwart nasionalismeMeettegniekSamespanningPenisSoogdierOnderhandelinge om apartheid te beëindigGloeilampNazi-DuitslandAardverwarmingMartin Luther King jr.Primêre sektor van die ekonomieSpinnekopAfrikaanse woordelys en spelreëlsClanwilliam-sandvisDokterGenitale vratWet op Verbod van Gemengde HuwelikeRumatoïede artritisJohannes HahnStrykysterSonnestelselYster3D-rolprentAbstraksie (rekenaarwetenskap)DiskriminasieLangste woordNatuurlike hulpbronSomerKrokodilPaulus van TarsusVaginale kankerGevolge van aardverwarming op oseaneGeslagYstertydperkDesimale breukeAlkoholismeLandbou in Suid-AfrikaSeksueel oordraagbare infeksieTsoenamiRoofvoëlStedelike hitte-eilandVingerseksHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalNasionalismeOorkruipersGeprosesseerde kosDansLeonardo da VinciKolonisasieAkademiaInternetSwartbewussynsbewegingWaterstofSikloonLys van kinderspeletjiesMahatma GandhiBewussynLys van Griekse mitologiese figureWater (molekuul)Omgewingskwessies in Suider-AfrikaAdolf HitlerRumatiekFamilie (verwantskap)Emo AdamsVerlede tydKarlien van JaarsveldOlimpiese SpeleVerantwoordelikheidJan van Riebeeck🡆 More