Gereformeerde Kerk Boksburg-Suid

Die Gereformeerde kerk Boksburg-Suid was die tweede gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika in die Oos-Randse stad Boksburg naas die moedergemeente, wat in 1936 as die vyfde gemeente van dié kerkverband in dié gebied afgestig het, en wel van die Germiston, die oudste Gereformeerde kerk aan die Oos-Rand (1905).

Dié twee gemeentes het albei op 29 Februarie 2020 ontbind om op 1 Maart 2020 die Gereformeerde kerk Boksburg te vorm.

Gereformeerde Kerk
Boksburg-Suid
Gereformeerde Kerk Boksburg-Suid
Sluit in  Cinderella
Parkrand
Libradene
Sunwardpark
Freeway Park
Parkdene
Farrar Park
Van Dykpark
Klippoortjie
Groeneweide
Windmill Park
Boksburg-Suid
Boksburg-Sentraal
(suid van spoorlyn)
Talbot Park
Mapleton
Elspark
Klassis  Sentraal-Oos-Rand
Huidige predikant(e)  Emile Naudé
Belydende lidmate  181
Dooplidmate  9
Adres H.v. Scribantestreet en
Greenfieldsweg
Libradene, Boksburg
Geskiedenis
Stigtingsdatum  22 Junie 1969
Eerste predikant  M.J.v.D. Hutcheons (1970–'72)
Datum ontbind  29 Februarie 2020
Saamgesmelt met  Boksburg
Gereformeerde Kerk Boksburg-Suid
Die kerkgebou op die hoek van Scribantestraat en Greenfieldsweg, Libradene, Boksburg.

Die gemeente het op 22 Junie 1969 van die gemeente Boksburg afgestig en aanvanklik is verskeie sale gebruik vir die gemeente se eredienste en byeenkomste. Op die tweede kerkraadsvergadering, 7 Augustus 1969, het die kerkraad die eiendomskommissie opdrag gegee om die moontlikheid van ’n geskikte standplaas vir kerkbou te ondersoek. Nadat onderhandelings met ’n plaaslike myn misluk het, het die kerkraad ’n erf van die stadsraad aangekoop in Libradene. ’n Boukommissie is benoem, wie se taak dit was om planne voor te lê. Die gevolg was die oprigting van ’n doeltreffende gebou wat op 27 September 1975 in gebruik geneem is. Dié gebou het ’n hol, skerp toring gehad, maar omdat gevrees is dit sou omval weens roesprobleme, is dit later vervang. Jare lank het die kerkklok in ’n pakkamer bly lê, maar in 1999 is dit opnuut geïnstalleer in ’n toring wat ’n lidmaat geskenk het. So kon die klok sedert 17 Junie 1999 weer lui.

Met die Gereformeerde Kerk se eeufees in 1959 het die moedergemeente Boksburg 506 belydende en 347 dooplidmate gehad. Einde 1997 was dit onderskeidelik 485 en 177, terwyl Boksburg-Suid se getalle onderskeidelik 284 en 129 was. Einde 2014 was Boksburg se getalle 309 en 63 en Boksburg-Suid s'n 229 en 58.

Predikante

  1. Hutcheons, Marthinus Jacobus Van Dyk, 1970–1972
  2. De Klerk, Jacobus Johannes, 1973–1998 (aanvaar sy emeritaat)
  3. Briel, Stephanus Johannes, 1998–2002
  4. Leuschner, dr. Frederick Wilhelm, 2002–2003 (in kombinasie met Alberton-Wes)
  5. Kruger, Abraham Pretorius, 2002–2007
  6. Fourie, Reynold Benjamin, 2009–2011
  7. De Beer, Christiaan, 2012–2015
  8. Naude, Emile, 2015 – 2020

Bronne

  • (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1957. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1958. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1958. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1959. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Sien ook

Tags:

1 Maart202029 FebruarieBoksburgGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaGereformeerde kerk BoksburgGereformeerde kerk GermistonOos-Rand

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AfkortingNapoleon BonaparteSwangerskapUnie van Suid-AfrikaGalileo GalileiSuid-Afrika-WetStikstofOlimpiese SomerspeleGoogleHemelvaartsdagTuisbladNarsistiese persoonlikheidsteuringSkildklierAnale seksNederlandWaarheid-en-versoeningskommissieWaterbesoedelingRepubliek die KongoTydsoneKaapstadMisdaadromanPlae van EgipteOligopolieSelRassismeViëtnamoorlogTermiese geleidingsvermoëMalariaSamestellingKrugerwildtuinLys van Suid-Afrikaanse musikanteDigvormKlankHoofpynGemeenskapsorganisasieAardverwarmingMierMonopolieOmgewingsbeheerOm-te-infinitiefkonstruksiePseudowetenskapRobbeneilandSoweto-opstandMantisOlifantMark (ekonomie)CholeraWaterstofLys van myne in Suid-AfrikaNasionale PartyMiljardSwartkwasmuishondSkisofrenieSeevlakstygingKlinkerNatuurlike hulpbronKolorektale kankerHondeklipbaaiKlereWikimedia-stigtingGawes van die Heilige GeesKapitalismeWikipediaSelakantWoestynSteve BikoKimberleyDepressie (gemoedstoestand)GeslagsgelykheidPlantluisFabelJak de PriesterVerkleinwoordRymMosambiekkanaalLoftus Marais🡆 More