Gereformeerde Kerk Bloemfontein-Noord

Die Gereformeerde kerk Bloemfontein-Noord is op die oomblik (2015) die tweede grootste gemeente van die GKSA in die Vrystaat se hoofstad, Bloemfontein.

Gereformeerde Kerk
Bloemfontein-Noord
Gereformeerde Kerk Bloemfontein-Noord
Sluit in  Militêre Basis Tempe
Lettie Fouché- en Nasorgsentrum
3 Mil. Hospitaal
Hoërskool Sentraal-koshuis
Dan Pienaar
Bayswater
Heloconhoogte
Oranje Meisieskool-koshuis
Pentagonpark
Hillsboro
Heuwelsig
Rayton
Groenvlei
Klassis  Suid-Vrystaat
Huidige predikant(e)  Kobus Botha
Belydende lidmate  531
Dooplidmate  96
Adres H.v. Kiplingstraat
en Dealeweg
Dan Pienaar
Bloemfontein
Geskiedenis
Stigtingsdatum  15 Oktober 1961
Afgestig van  Bloemfontein-Wes
Eerste predikant  J.L.J. Snyman 1962–1966
Gereformeerde Kerk Bloemfontein-Noord
Ds. Lood Snyman, van 1962 tot 1966 die eerste leraar.
Gereformeerde Kerk Bloemfontein-Noord
Die Gereformeerde kerk Bloemfontein-Noord.
Gereformeerde Kerk Bloemfontein-Noord
Ds. J.J. De Wet Kruger, leraar van 1966 tot 1970.
Gereformeerde Kerk Bloemfontein-Noord
Die kerk se orrelgalery.
Gereformeerde Kerk Bloemfontein-Noord
Dr. Hubrecht van Dalsen, leraar van 1971 tot 1998.

Stigting

Die gemeente het op 15 Oktober 1961 afgestig van die destydse Bloemfontein-Wes, waarvan die naam in 2003 Vleuels geword het. Aan die begin het lidmate in die Laerskool Willem Postma vir eredienste byeengekom, maar die behoefte aan ’n eie kerkgebou het daartoe gelei dat die groot organisasie en beplanning van dié gebou binne 18 maande deeglik voltooi is.

Kerkbou

Die argiteksfirma Le Roux en Vennote het die plan geteken en Crawford en Custor se tender van R53 777 vir die bouwerk is op 24 Julie 1964 goedgekeur. Dawie Mynhardt, wat minstens nog in 2010 lidmaat van die gemeente was, was een van die bouers.

Die nuwe kerkgebou is feestelik in gebruik geneem in die naweek van 25 en 26 September 1965. Ds. Lodewyk Snyman, die destydse leraar, het die hoeksteen onthul en mev. Snyman yet die kerkdeure daarna oopgesluit. In die nuwe gebou het dr. (later prof.) G.P.L. van der Linde die verrigtinge begin met Skriflesing, gebed en samesang waarna prof. Fanus du Toit die feesrede gelewer het. Die middag se verrigting het van kwart oor twee tot halfvyf geduur; die aand is dit voorgesit met die ingebruikneming van die orrel, wat die gemeente se vrouelidmate geskenk het. Prof. Du Toit het ook die Sondag se feesdiens gelei, waarna die eerste katkisasie in die nuwe gebou gehou is. Daardie aand het ds. Snyman die eerste keer die woord in die nuwe kerk bedien.

Saal

Jare lank het die gemeente die behoefte aan sy eie kerksaal gevoel en daarmee saam die behoefte aan meer katkisasielokale en ’n doeltreffender kombuis. Op 28 Februarie 1988 is die saal in gebruik geneem toe dr. H.A. van Dalsen die kopergedenkplaat onthul het.

Bloemfontein-Noord het einde 1997 298 belydende en 100 dooplidmate gehad. Einde 2011 was dit 527 en 113 (Bloemfontein-Noord was toe die grootste Gereformeerde kerk in die stad) en einde 2014 onderskeidelik 517 en 99.

Predikante

  1. Snyman, Johannes Lodewikus Jakobus, 1962–1966
  2. Kruger, Johannes Jacob de Wet, 1966–1970
  3. Van Dalsen, dr. Hubrecht Anthonie, 1971–1998 (aanvaar sy emeritaat; van 1972–1973 in kombinasie met Brandfort)
  4. Potgieter, Theunis Johannes, 1998–2008
  5. Botha, Willem Jacobus, 2008 – hede

Bronne

Sien ook

Eksterne skakels

Tags:

Gereformeerde Kerk Bloemfontein-Noord StigtingGereformeerde Kerk Bloemfontein-Noord KerkbouGereformeerde Kerk Bloemfontein-Noord SaalGereformeerde Kerk Bloemfontein-Noord PredikanteGereformeerde Kerk Bloemfontein-Noord BronneGereformeerde Kerk Bloemfontein-Noord Sien ookGereformeerde Kerk Bloemfontein-Noord Eksterne skakelsGereformeerde Kerk Bloemfontein-NoordBloemfonteinGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaVrystaat

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Serafín DengraEmily HobhouseEierleierOrganometaalchemieDemokrasieKlankverskynselsGoeie VrydagHennie MaasKoue OorlogAuschwitz-konsentrasiekampOntlastingWerwelkolomTandbederfGoudRooibokWallisAngina pectorisEngelsInsekBloedvergiftigingAardbewingMoslemTuberkuloseGedigAnale seksPornografieSamestellingSkaapNazi-saluutSwitserlandKaapstadOssewaMuggieAlfabetTurksvyMolotofbomDroomKangaroeHematurieSeksuele penetrasieOrkney Snork NieGhanaErnst Otto FischerLys van Joodse feeste en herdenkingsAustraliëSatireBysteekKompasHeilige SaterdagBelgiese gewesteSeksueel oordraagbare infeksieSterrestelselDuitse perdebyRooikatTrappe van vergelykingTweede WêreldoorlogAfrikaanse woordelys en spelreëlsGalblaasSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024WikiquoteLongGewone tarentaalTuisbladPornografiese akteurOos-KaapStrandbeestKankerNaeltjiesDoziNatuurlike satelliete van kleinplaneteRoekelose DadeAdolf Hitler🡆 More