Die Gereformeerde kerk Birchleigh was ’n gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika in die Oos-Randse stad Kemptonpark.
Gereformeerde Kerk Birchleigh | ||
Sluit in | Birchleigh Birchleigh-Noord Norkempark Esselenpark | |
Klassis | Germiston | |
Huidige predikant(e) | P.J. van Blerk (laaste) | |
Belydende lidmate | 272 | |
Dooplidmate | 91 | |
Adres | H.v. Oranjerivier- en Bergrivierrylaan Terenure | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 1989 | |
Afgestig van | Kempton Park-Mooifontein | |
Eerste predikant | J.P. van der Walt (1989–'90) | |
Datum ingelyf | 2000 | |
Ingelyf by | Kempton Park-Mooifontein |
Hoewel geen van die beskikbare bronne dit uitdruklik so stel nie, het Birchleigh blykbaar in 1989 afgestig van die jongste Gereformeerde kerk in Kempton Park, Kempton Park-Mooifontein, want Birchleigh se eerste leraar, ds. J.P. van der Walt, het in die stigtingsjaar van Kempton Park-Mooifontein af hierheen gekom. Hy het die volgende jaar vertrek en is opgevolg deur ds. P.J. de Klerk, wat hier gebly het tot 2000, toe hy medeleraar van Mooifontein geword het met die inlywing van Birchleigh by Mooifontein. Die gemeente het deurgaans Mooifontein se kerkgebou gedeel en sedert inlywing omsluit Mooifontein ook dié gebiede waaruit Birchleigh bestaan het. Naas Birchleigh, is dit Birchleigh-Noord, Norkem Park en Esselenpark. In die laaste jaar van sy bestaan, het Birchleigh 272 belydende en 91 dooplidmate gehad, vergeleke met Kempton Park-Mooifontein se 338 en 137.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Gereformeerde kerk Birchleigh, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.