Gereformeerde Kerk Bergbron

Die Gereformeerde kerk Bergbron is ’n gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, deels in Roodepoort en deels in Johannesburg, wat in 1998 ontstaan het toe die gemeente Delarey se naam verander het nadat Johannesburg-Wes die Gereformeerde kerk Delarey ingelyf is.

Gereformeerde Kerk Bergbron
Die kerkgebou op Oujaarsdag 2017.
Gereformeerde Kerk Bergbron
Die kerk in 2017. Die argitek was Jan Koelewyn.

Geskiedenis

Gereformeerde Kerk Bergbron 
Die kerkgebou.

Die westelike wyke van die Gereformeerde kerk Johannesburg-Wes het op 15 November 1942 afgestig om die gemeente Delarey te vorm. Dié gemeente was deels in die verre weste van die stad Johannesburg en in die ooste van Roodepoort geleë. Die enigste beskikbare bron oor die stigting van dié gemeente gee twee verskillende weergawes van die verdere verloop van Delarey se geskiedenis. Volgens een beskrywing het die Gereformeerde kerk Roodepoort op presies dieselfde dag van die Gereformeerde kerk Krugersdorp afgestig, maar elders word vermeld die oostelike wyke van Krugersdorp het eers in Mei 1943 afgestig en saam met Delarey die Gereformeerde kerk Florida geword.

Op 31 Oktober 1954 het die ou Delarey-wyke opnuut afgestig en van toe tot 1998 sou dié gemeente bekendstaan as Delarey. Die Gereformeerde kerk Roodepoort is in 1957 herstig toe dit van Florida afstig, maar laasgenoemde is in 2003 en eersgenoemde in 2012 by die Gereformeerde kerk Ontdekkers ingelyf. Omstreeks sy afstigting het die kerkraad van Delarey ’n kerksaal in die Johannesburgse voorstad Newlands bekom. Die eerste dienste is vir eers daarin gehou.

In 1960 begin beplanning aan die bou van ’n nuwe gebou. Die argitek J. Koelewyn van die firma Geers en Geers is aangestel om die plan op te stel en J.J. Grabe as bouaannemer. Op 18 November is dié tipiese kappiekerk se hoeksteen gelê en in April 1962 is dit amptelik in gebruik geneem.

Delarey se naam is in 1989 na Bergbron verander nadat die gemeente se grense vergroot is vanweë die insluiting van Melville en omstreke.

Predikante

  1. Pretorius, Jacob, Bluris, Th.B., Ph.D., 1998–2001 (met inlywing oorgekom vanaf Johannesburg-Wes 1995-1998)
  2. Oostenbrink, dr. Johann Wilhelm, 1998–2002 (voorheen van 1990 af Delarey)
  3. Van Niekerk, dr. Rudolph Leon, 2001 – 2015
  4. Briel, Stephanus Johannes, 2002 – hede

Bronne

  • (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1957. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1958. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1958. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1959. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Sien ook

Eksterne skakels

Tags:

Gereformeerde Kerk Bergbron GeskiedenisGereformeerde Kerk Bergbron PredikanteGereformeerde Kerk Bergbron BronneGereformeerde Kerk Bergbron Sien ookGereformeerde Kerk Bergbron Eksterne skakelsGereformeerde Kerk BergbronGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaGereformeerde kerk DelareyGereformeerde kerk Johannesburg-WesJohannesburgRoodepoort

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DroomHartaanvalKadmiumVoorhuidSiembambaPenisVyfsterVaginaNatuurbewaringBeesGedigVrouAngssteuringMenstruasieLys van nedersettings in Suid-AfrikaYstervarkIngrid JonkerAfrikaanse naguilKoggelmanderTurkyeKameelperdWes-KaapDesiré GardnerPesachHartSteve HofmeyrJan van RiebeeckLys van slangeKomeetLys van Afrikaanse skrywersPG du PlessisOrkaan GustavBloedsomloopstelselWayde van NiekerkAntoniemDerrickGriepSeekoeiBelgiese gewesteMenslike skeletBlourokkePtolemeus21 v.C.ProstaatkankerSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024SmaakOoiE-regeringGawes van die Heilige GeesGemengde ekonomieLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierVolksrepubliek ChinaAardbewingPornografieLys van lande volgens bevolkingOosters-Ortodokse KerkLetterkundeSarah Rose KarrKoorsSuikersiekteSpelerposisies in rugbyHadjWikimedia-stigtingLuiperdRoekelose DadeCCristiano RonaldoKleinkolmuskeljaatkatMakazole MapimpiZack du PlessisDiplopodaGodKalenderAntarktikaSkarlakenkoorsLika Berning🡆 More