Gereformeerde Kerk Benoni-Noord

Die Gereformeerde kerk Benoni-Noord was die tweede gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) in die Oos-Randse stad Benoni, maar is in 2009 by die moedergemeente Benoni ingelyf.

Gereformeerde Kerk Benoni-Noord
Die kerk van Benoni-Noord, nou die tuiste van die gemeente Benoni.
Gereformeerde Kerk Benoni-Noord
Ds. G.H.J. Kruger, van 1969 tot 1977 die eerste leraar nadat hy oorgekom het van die moedergemeente af.

Die gemeente Benoni-Noord is op 30 November 1968 van Benoni afgestig. Aanvanklik het die gemeente kerk gehou in die skoolsaal van die Laerskool Rynfield. In April 1969 het die kerkraad met die stadsraad begin onderhandel vir ’n stuk grond tussen Struben- en Sarel Cilliersstraat. Eers ná ses jaar is die grond aan die gemeente afgestaan en is die argitek J. van der Ham van Pretoria gevra om ’n plan op te stel. Die kerkraad het hom opdrag gegee om eenvoud in gedagte te hou. B. du Toit is as bouaannemer aangestel en die koste beloop eindelik R146 000. Die eerste predikant, ds. G.H.J. Kruger, het die hoeksteen op 23 Oktober 1976 gelê en op 16 April 1977 is die gebou in gebruik geneem.

In die begin het die gemeente ’n Ahlhorn-orrel gebruik, maar dit is in 1990 vervang deur ’n twee-manuaal-pyporrel. ’n Groot loodglasvenster is in die oostelike muur langs die orrel aangebring. Dit was oorspronklik van kleurryke glas, maar dié ruit het gebars toe ’n weerligstraal dit in 1996 tydens ’n storm tref. ’n Lidmaat, Ansia van Heerden, het ’n nuwe ruit ontwerp wat ’n Karoolandskap uitbeeld.

Einde 2001 het die moedergemeente 251 belydende en 80 dooplidmate gehad en Benoni-Noord 270 en 93. Benoni was vakant en dr. D.J.S. Steyn was Noord se leraar. In 2009 het die Noord-gemeente by die moedergemeente ingeskakel sodat die gesamentlik gemeente teen 2015 550 belydende en 163 dooplidmate gehad het, onderskeidelik 29 meer en 10 minder as die samestellende dele 13 jaar vantevore.

Predikante

  1. Kruger, Gerrit Hendrik Jacobus, 1969–1977 (voorheen van 1958 af leraar van Benoni 1958-1969)
  2. Steyn, dr. Diederick Johannes Schutte, 1977–2004 (aanvaar sy emeritaat)
  3. Van der Walt, dr. Sarel Petrus, 2005–2007 (in kombinasie met Noord-Oosrand), 2007-2009 (net Benoni-Noord, waarna tot 2011 Benoni)

Bronne

Sien ook

Tags:

BenoniGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaGereformeerde kerk BenoniOos-Rand

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

TegnologieVlinderWinnie Madikizela-MandelaGalileo GalileiVratWiskundige terminologieOopbroninhoudSuid-Afrikaanse MenseregtekommissieBestuiwingFranklin D. RooseveltNierversakingPerdDieregeluideVerantwoordelikheidWebblaaierGeskiedenis van die BoererepubliekeRooikatJesus van NasaretGroot DepressieKoos du PlessisRefentse MorakeFranse RewolusieAmandelSwangerskapLeah van NiekerkSuid-Afrikaanse WeermagIntensiewe vormKweekhuiseffekTsoenamiGewone luislangAtlantiese OseaanAntjie KrogSeksueel oordraagbare infeksieVerdampingHamburgerVlekvrye staalJo BlackTierJeugdagPlae van EgipteStikstofReënDokterJodeDikdermSywurmPersoonlikheidSoweto-opstandMetafoorWes-KaapBysteekMiddeloorontstekingPêrelAborsieLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaSaartjie BaartmanGreen PornoSwaweldioksiedDulcie van den BerghMiskruierEvangelies Gereformeerde KerkHelga UysKriekDepressie (gemoedstoestand)KoolstofdioksiedTrevor NoahErdwurmLys van landeOu Apostoliese KerkGroot TrekBTWNazi-DuitslandBlaaskankerWaterbesoedelingSkisofrenie🡆 More