Die Gereformeerde kerk Bellville is die oudste gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika in die noordelike stadsgebiede van Kaapstad.
Gereformeerde Kerk Bellville | ||
Sluit in | Bellville Boston Goodwood Monte Vista Oakdale Oosterzee Panorama Parow Parowvallei Plattekloof Proteavallei Ruyterwacht Tygerberg-hospitaal Tygerberg-kollege Vredelust Welgedacht Welgelegen Welgemoed | |
Denominasie | Gereformeerde Kerk | |
Klassis | Klassis Boland | |
Huidige predikant(e) | C.C.A. (Coen) Vrey | |
Belydende lidmate | 392 | |
Dooplidmate | 91 | |
Adres | Broadwaystraat 6 Vredelust Bellville | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 6 Mei 1923 | |
Afgestig van | Kaapstad | |
Eerste predikant | Bouke Spoelstra (1957–'64) |
Die gemeente is in Mei 1957 gestig. Aan die begin is eredienste in die kafeteria van die Sanlam-hoofkantoor gehou, maar daarna het die gemeente ’n saaltjie in Parow gekoop en dit selfs later vergroot. Einde koop hulle grond in Bellville aan en in 1965 is die kerkgebou in Broadwaystraat teen koste van R37 000 opgerig. Op die hoeksteen is die woorde van 1 Petrus 2:5a aangebring: “Laat julle soos lewende stene opbou ...” Die naam van die argitek en boukontrakteur is destyds van die hoeksteen verwyder omdat die kerkraad gemeen het die verskyning daarvan kan as sekulêre reklame beskou word en dat dit dus nie sou pas by die woorde uit die Skrif nie.
Op 16 April 1972 het die Gereformeerde kerk Bellville-Oos van die moedergemeente afgestig.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Gereformeerde kerk Bellville, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.